Oct 18, 2009

Erediens gesprek 21 Oktober

Ons praat die laaste tyd baie oor die eredienste. Daar is ook baie kommentaar uit verskillende oorde. Ons weet egter dat daar altyd geleentheid vir groei is, en as dit nodig is om dinge heeltemal te verander. Dit is egter vir ons belangrik om op hierdie pad van geloofsonderskeiding saam met soveel gelowiges as moontlik te praat, bid en dink oor die pad van ons eredienste voorentoe. Indien jy 'n behoefte het om iets te deel met ons oor jou gedagtes van die eredienste is die eerste prys vir ons dat jy die geleentheid sal bywoon Woensdag 21 Oktober. Die tweede prys sal wees dat jy deel sal neem aan die gesprek op die blog gedurende die tyd 19:00- Die derde prys sal wees as jy solank jou gedagtes hier met ons deel dan kan ons dit saam vat na die bespreking.

Bid asb saam met ons vir hierdie saak.

79 comments:

  1. Ek stem saam met Paul. Jou mening oor Helderberg se eredienste is belangrik. Neem asb deel aan die gesprek. Dit is belangrik vir die pad vorentoe.

    ReplyDelete
  2. Ek gaan nie daar kan wees nie. Daar is vir my twee baie baie baie belangrike dinge:
    1. Die dienste is te vol! Dinge word afgejaag. Die afkondigings en die videos is te veel. Die belydenis en doop word afgejaag en dit pas nie in nie. Maak meer daarvan om maak 'n ander plan. Dit werk nie soos dit tans is nie.
    2. Ons het ook 'n behoefte om vir Ds Paul in die oggenddienste te sien.

    ReplyDelete
  3. Ek wil aansluit by bogenoemde. Iormelediens impliseer tog dat ons informeel by mekaar is en dat daar 'n tipe gemak en rustigheid moet wees. Dit is nie sigbaar in ons styl, kleredrag of program nie. Ons jaar ons hele week om voor te bly en dan kom jaag ons vir nog 'n uur en half. Ons het 'n behoefte aan die Bybel en tyd saam met God asb.

    ReplyDelete
  4. Ons gaan gedurende die gesprek twee rekenaar beman. Die een gaan ek die gesprek probeer volg en op die blog verskillende mense se stellings neerskryf. 'n tweede waar die mense wat reageer op die blog hulle stellings kan deurgee soos ons besig is. Indien jy dan nie die geleentheid kan bywoon nie(fisies). Kan jy dit dalk in die kuberruimte bywoon. Nou is daar ook geleentheid vir ouers met kinders wat nie kan bywoon nie om tog deel te maak van die gesprek. Omdat die gesprek dan op die blog gaan wees is jy ook welkom om later bydraes te lewe.

    Ons probeer soveel as moontlike mense se insette kryl

    ReplyDelete
  5. Ek dink kerk is veronderstel om baie meer te wees as net nog 'n byeenkoms. Die Woord van God moet sentraal staan. Ek het nodig om nader aan God te kom. Om meer van Hom te leer. Ek wil in my verhouding met God groei. Ek wil Hom aanbid. Ek lewe elke dag in die wereld waar ek keuses moet maak. As ek party maal in die kerk sit dan vra ek vir myself af of die Predikante(veral die oues) werklik 'n idee het van hoe lyk die wereld daarbuite. Daar waar party maal sulke mooi sosiale dinge gepreek en dan voel ek skuldig omdat ek nie genoeg gee en doen nie. Ek het nou al by die punt gekom dat as dit in die rigting begin gaan skakel ek af en lees ek my bybel. Ek bedoel dit nie sleg nie, ek het net 'n behoefte aan God. Elke dag van my lewe leef ek in hierdie wereld probeer ek 'n verskil maak. Dit is my werklikheid. Wat ek Sondag nodig het is om net weer by God te kom. Ek loop al hoe meer Sondae weg na Stellenbosch gemeente. In die begin het ek baie skuldig gevoel maar dit raak al hoe makliker vir my. Ek is baie lief vir die gemeente en glo dit is my tuiste.
    Ek gaan ook na die Baptiste kerk want waar Stellenbosch opmaak vir die aanbidding maak die Baptiste op vir die PRediking. 50 minute se Woord verkondiging. Hulle probeer nie vir my se hoe moet ek dit in my lewe doen nie. Die woord word net gedeel en ek as vowassene moet self kyk hoe maak ek dit 'n werklikheid in my lewe. Destyds toe ds Breda en Paul die aanddienste gedoen het, het ek dit beleef maar my belewenis van eredienste is dat daar vir my gese word hoe moet ek hierdie goed gaan doen. Dit pas egter glad nie in by my lewe nie. As julle net vir my die Woord verduidelik sal ek self kan verstaan wat ek moet doen. Ek hoop dit maak sit wat ek se. As dit nie doen nie vra en ek sal probeer beter verduidelik.

    ReplyDelete
  6. Ek is baie bly oor die reekse. Dit help my om die Bybel te verstaan en ek voel dat ek groei. Die dienste is net hopeloos te besig. Die sondag wat DS Paul die informele diens gedoen het was wonderlik. Hy het 'n jean aangehad en was gemaklik en daar is nie gevoel dat daar vir ons gepreek is nie. Dit het gevoel of ons nader aan God kom en dat God self daar was. Die erns waarmee die Bybel verduidelik was en die persoonlike manier waarop dit gedoen was het gemaak dat ek gemaklik gevoel het. Ek dink ons moet minder formeel wees. Ek gaan party maal na die vroee diens as ek naweke uitgaan. Die informele diens is dieselfde as die vroee diens net met ander musiek. Die spesifieke sondag was die kleredrag en die aanslag, musiek, belydenis alles net gemaklik. Dit maak dat ek luister, dat ek ontspan. Dit was net nogsteeds te besig.

    ReplyDelete
  7. Elise Morekel open en verwelkom almal besonder vir Fredrik Maree wat die aand fassiliteer. Dit is vir ons belangrik dat die gemeente deelneem aan hierdie gesprek. Elise open met gebed

    ReplyDelete
  8. Frederik sĂȘ

    EK gaan vrae vra en julle aan die gesels kry
    Vraag 1: 'n Moment wat jy in 'n erediens in helderberg ervaar het wat uitstaan as 'n moment waar jy God ervaar het

    ReplyDelete
  9. Salwing met Olie

    ReplyDelete
  10. Werner het vertel van kinders wat gepraat het oor gebed wat soos wierook opgaan en kinders het gesnap waaroor gebed gaan

    ReplyDelete
  11. Tania ervaar gedurend lofprysing

    ReplyDelete
  12. Tiana die aanddiens met sop en brood en nagmaal

    ReplyDelete
  13. Mossie het vertel oor sy belewenis van 'n beeld oor die wederkoms en hoe dit 'n indruk op hom gedoen het

    ReplyDelete
  14. Erediens waar hulle met olie gesalf en gebid is

    ReplyDelete
  15. Aanddiens waar mense opgestaan en gebid het vir ander

    ReplyDelete
  16. Willem se dat hy soms in die broos oomblike waar ons nie in beheer is nie waar ons God beleef

    ReplyDelete
  17. Hennie, die getuienisse en die verskeidenheid van dienste

    ReplyDelete
  18. Martin ervaar God wanneer ons Predikante hulle eie gebrokenheid toon

    ReplyDelete
  19. Santie se toe die kinders by die nagmaal diens die brode gebreek en geeet het en dit was 'n Heilige Oomblik

    ReplyDelete
  20. Arnold is geraak deur Floyd McLung se reeks.

    ReplyDelete
  21. Lien se die pas afgelope sondag se nagmaal wat bedoel is vir sondige mense soos ons is

    ReplyDelete
  22. Geleentheid waar hulle simboliese maskers moes afhaal

    ReplyDelete
  23. Gerrie by 'n getuienis geleentheid

    ReplyDelete
  24. Elise tydens 'n belydenis aflegging van 'n verstandelik gestremde seun

    ReplyDelete
  25. Charl se in medditatiewe dienste

    ReplyDelete
  26. Preek oor onregverdige regter en gebed.

    ReplyDelete
  27. Jean gedurende eredienste kry sy antwoorde

    ReplyDelete
  28. Frederik se volgende vraag: Na aanleiding van die gesprek hoe is God besig om mense in ons gemeente aan te raak.

    ReplyDelete
  29. Bv Die Here gebruik kinders in situasies om mense aan te raak

    ReplyDelete
  30. God werk in gebrokenheid.
    God werk in simbole sakramente
    God werk in gebede

    ReplyDelete
  31. Die Here is besig om iets te doen wat ons nie mooi kan omskryf nie

    ReplyDelete
  32. Ons moet fokus op Hoe God mense beweeg en waarheen hy mense beweeg

    ReplyDelete
  33. Frederik vra: Wie kan ons wees sodat ons die genadige teenwoordigheid van God kan ontvang.

    ReplyDelete
  34. Dit gaan eerder oor wie ons is as oor wat ons doen. Watter ingesteldheid help ons om ons in te stel om te ontvang.

    ReplyDelete
  35. Dit is waar maar die inruiming van die erediens skep vir my die ruimte om te wees of dit skep nie die ruimte nie

    ReplyDelete
  36. In die eredienste is dit belangrik dat ons by GOD uitkom. Ons is baie keer te besig met die dinge wat ons moet gaan doen. Help ons om God te belewe die dinge doen, is die maklike gedeelte.

    ReplyDelete
  37. Watter ingesteldheid en houdings wat ons gaan help om God se teenwoordigheid te ontvang het ons nodig?

    ReplyDelete
  38. Soeke na God
    Gebrokenheid
    Net myself wees

    ReplyDelete
  39. Ek dink daar is veral drie dinge in hierdie gesprek wat belangrik is.
    1. Dienste se karakter – op hierdie stadium is daar net musiek verskil.
    2. Prediker – Daar is defnitief predikers wat ‘n gawe
    3. Die dienste wat propvol geprop word met afkondigings, videos ens. Dit is die regte goed op die verkeerde plek.

    ReplyDelete
  40. Interpersoonlike Waardes - Afhanklikheid en openheid. Dankbaarheid en afhanklikheid

    ReplyDelete
  41. Daar is 'n diep behoefte om te wees by die Here.

    ReplyDelete
  42. Ek het nie probleem met die musiek nie, maar wel met die min gebed, min stilte. Die baie besig is uitputtend. Ek hou van die reekse. Informele diens is waar al die jonger mense in ons gemeente gaan. Fokus ook op hulle behoeftes. Ons wil ook vir Ds Paul daar sien. Dit is nie dat ons ontevrede is nie maar ek beleef dat hy verstaan waar ons as families is.

    ReplyDelete
  43. Frederik vra wat ons doen wat hierdie nuwe waardes kelder?

    ReplyDelete
  44. Hou al die Predikante van preek. Almal het mos nie nou al die gawes nie. Moet ons nie die predikante proporsioneel aanwend volgens hulle gawes nie. Dan kan almal beurte kry en die wat ‘n gawe het vir prediking meer, of is dit so dat almal MOET preek? Gee vir die bestuurders meer bestuurwerk.

    ReplyDelete
  45. Ek wonder wat is die rasionaal agter die aanwending van die Predikers? Wie bepaal dit? As die klassieke diens en die informele diens en die aanddiens en die meditatiewe dienste daar is om verskillende groepe te bereik, hoe besluit julle wie preek waar? Wie is jou mark by die verskillende dienste? Is dit nie juis so dat by die Informele diens dit families is nie? Indien wel hoekom sien ons die Familie Predikant so min? Indien die Klassieke diens deur soveel bejaarde persone bygewoon word, hoekom sien hulle nie vir Danie Dup nie? Ek dink die aanwending van ons Predikers maak dat ons dienste nie tot hulle reg kom nie. Julle laat tog nie dieselfde musiekgroep by klassiek en informeel speel nie? Wat is julle plan met die aanddiens? Dit wil vir my lyk of die aanddiens seer Kry?

    ReplyDelete
  46. Gerrie deel van hulle ervaring in Singapoer. Hy beleef nie in gereformeerde kerk dat mense bewus is van die verlorendheid van mense in omgewing. Ons het nie verwagting dat mense in erediens tot bekering gaan kom nie. Daar is te min geleentheid vir keuse maak. Goddelike momente kom in wanneer bewus is dat daar geleentheid gaan wees dat mense God gaan ontmoet. Gerrie mis dit ook veral in ons gemeente

    ReplyDelete
  47. Ek dink dat ons ook baie ernstig moet kyk na wat ons maak van Belydenis, doop en nagmaal. Ek dink dat ons eerder 1 keer ‘n kwartaal ‘n beydenis dies moet maak wat regtig spesiaal is. Dit of kombineer met die doop en een keer ‘n kwartaal ‘n doopdiens wat fokus op die doop. Ons moet ook nie net die nagmaal aframmel nie. Hierdie is die dinge wat ons as geloofgemeenskap moet dra, nie vinnig afgehandel word nie.

    ReplyDelete
  48. Lien se dat Gebed juis belangrik is daar moet meer tyd wees. Gebed juis vir die mense wat jy wil bedien is noodsaaklik.

    ReplyDelete
  49. Het ons ruimtes waar mense kan se hulle het gebed nodig of waar God hulle kan aanraak

    ReplyDelete
  50. Die perfeksie in dienste is teevoeter vir gebrokenheid

    ReplyDelete
  51. Jy kan so effektief wees dat jy nie meer afhanklik is nie

    ReplyDelete
  52. Spontaniteit is baie afwesig

    ReplyDelete
  53. Wat van vroue in ons kerk? Op ‘n stadium het die sangroep se leier van die momente in die diens gely. Dit was baie goed gedoen, om haar as vrou voor te sien het iets tot ons kerk bygedra wat ons mis. Dit het ook beter gegaan. Ons geliefde Ds julle kan so natuurlik praat dat julle in hierdie tyd baie dinge se. Sy het dit baie effektief hanteer en dit het aangesluit by die res van die diens.

    ReplyDelete
  54. Gasvryheid bring spontaniteit

    ReplyDelete
  55. Dankie aan die bloggers en dat julle reageer

    ReplyDelete
  56. Opsom: minder bersig, minder perfek en afgerond, spontaan, broos waar mense kan getuig

    ReplyDelete
  57. Nou die dag se belydenis by die familiediens was ‘n belewenis. Ek stem saam ons sakramente en die belydenis is arm. Wy ‘n volledige diens daaraan inplaas van aanplak elke sondag.

    Ek is baie lief vir ons Ds. Julle is pragtig.

    ReplyDelete
  58. Ek was een van daai mense wat ook altyd krities was oor Christene en die kerk. Nou is ek so dankbaar vir ons kerk en ek beleef God regtig hier. Ek vind die informele-, meditatiewe en aanddienste fantasties. Kan julle net asb ook soms op die enkellopendes fokus. Die fokus is sterk op families (wat ook so moet wees) maar ons is tog ook deel van die kerkfamilie? En kan julle miskien ook 'n reeks doen oor die Vrug van die Heilige Gees. Ek sukkel met verskeie van die vugte!

    ReplyDelete
  59. Baie mooi teorie. Julle het gese dat julle gaan praat oor die inrigting van die erediens. Die teorie het julle nou mooi uitgesorteer. Dat God besig is om te werk is duidelik. MAAR julle het nog glad nie uitgekom by die praktyk wat julle doen nie. Dit is so God werk, julle skep egter 'n geleentheid waarbinne God en gemeente mekaar ontmoet. Julle kan al die verantwoordelikheid op God afskuif en dan nog steeds die ding op so 'n manier doen dat dit moeilik is vir mense om by hierdie geleentheid God te sien.

    Ek stel voor dat julle vir ons terugvoer gee oor die volgende sake:
    1. Aard van die verskillende dienste
    2. Inkleding van die verskillende dienste
    3. Predikers: Wat julle rasionaal is agter die aanwending van predikers?
    4. Al die dinge wat die diens so besig maak

    Groete
    Andre

    ReplyDelete
  60. Ek is geneig om met Andre saam te stem. As ek hierdie gesprek volg lyk dit of julle se dat alles reg is behalwe miskien dat die dienste te vol is en dat daar te min stilte is. Ek dink dit is twee wesenlike probleme maar ek dink Andre het 'n paar goeie vrae. My vraag sou wees as ons weet dat God reeds werk hoe rig ons die dienste in op so 'n wyse dat ons saam met God werk. (Blackaby se boek - Spiritual Leadership). Ons is vinnig op pad om 'n ou(ouderdomsgewys) kerk te word. Daar sal indringend gekyk moet word hoekom spreek ons nie die jonger mense aan nie.(20-45jr) Kan dit wees omdat ons predikers oor die algemeen nie meer met hierdie mense identifiseer nie en ook anders om? Dat die afwisseling van die predikers maak dat mense eerder na dienste toe gaan waar hulle weet wat hulle kry. Soos een van die vorige skrywers wil ek vra of daar nie 'n fokus op verskillende dienste kan wees nie. Die klassieke dien word veral deur ouer mense bygewoon omdat die mense met kinders informele diens toe kom of hulle nou noodwendig meer gemaklik met die diens is of nie omdat hulle kinders dat kategese het. Sou dit dan nie sinvol gewees het om 'n prediker/s aan te wys vir die Klassieke diens nie en 'n prediker/predikers aan te wys vir die informele diens nie. Die voorstel is dat die persoon/e wat aangewys word vir die informele diens jonger moet wees en moet fokus op die families. My gevoel is dat Ds Paul, Ds Danie O'Kennedy hier die leiding in 'n groot mate sou moes neem. Dat Ds Hannes die leiding moet neem by die Klassieke diens. Dat Ds Danie Moller en Ds Breda die leiding moet neem by die Mediatiewe diens. Wat die aanddiens betref is waar ek 'n probleem het. Ek het dit nog nie bygewoon nie en kan dus nie werklik 'n opinie daaroor uitspreek nie. Ek glo dit is vir julle baie moeilik om besluite hieroor te maak. Om die regte ding te doen en nie net gewoon na mense se behoeftes te kyk nie. Dit is egter ook waar dat mense met hulle voete stem. Ons sal doelbewus die keuse moet maak om die jonger predikers meer geleentheid te gee. Die gespek op die blog en die gesprekke waar ek teenwoordig is dui dit duidelik aan. Julle kan egter weet dat ek vir julle sal bid vir wysheid. Een van die vorige skrywers het ook gevra wie is verantwoordelik vir hierdie besluitneming en implementering? Wat is die rol van die kerkraad as dit kom by prediking? Dit sal baie onregverdig wees as die Ds verantwoordelik moet wees om hierdie besluite te maak. Ek hoor graag van julle

    Schalk

    ReplyDelete
  61. Is daar dalk enige van die Kerkraadslede wat deelneem aan die gesprek op die blog wat kan help met die antwoorde?

    ReplyDelete
  62. Hoe groot is julle gemeente dat julle soveel dienste en predikante het? Wat is die ouderdomsprofiel van julle gemeente en van julle predikante? Julle noem julle dienste verskillende name, wat is die verskil. As ek wil kom inloer het julle dalk 'n kaart.

    ReplyDelete
  63. Ek dink nie ons kerk (ook ons gemeente) is al reg om daadwerklike skuiwe te maak ten opsigte van ons eredienste nie. Die meeste van my vriende wat regtig glo is ongelukkig uit die NG kerk, nie omdat hulle 'n probleem het met ons leer nie, maar dit waarmee ons, ons Sondag na Sondag besig hou. Omdat hulle net nie meer kans sien vir die manier hoe ons eredienste ingerig word nie. Kyk bietjie die enigste erediens waar daar mense van my ouderdom is, is in die aande. Dit is dan ook net die wat nog nie kinders het nie, want as jy kinders het word dit onmoontlik om in die aande te kom. Dan is daar nie plek om met 'n baba regtig na die kerkdiens te luister nie(Oggend en aand). Ook voel my vriende(ek ook) nie werklik gemaklik in die oggenddienste nie. Baie van my vriende (ek is 32 en my man 35) het die afgelope paar jaar 'n diep belewenis met God gehad en het terug gekom kerk toe. Ons beleef egter dat die gemeente in die oggende kerk is vir ouer mense en dat ons nie werklik daar hoort nie.

    Ons het al gepraat daarvan om ander kerke te probeer. Ons het 'n rukkie terug gedoop en die oggend terwyl ons voor gestaan het, het ek na die gemeente gekyk en net weer met 'n skok besef dat daar baie mense is, baie ouer mense en bitter min jonges.

    As ons kerk nie luister na ons stemme nie, gaan die kerk stadig maak seker verouder en uitsterf. Ons wil graag ons kind in die gemeente grootmaak,omdat ons kerk se leer goed is. Maar so kan dit nie aangaan nie.

    ReplyDelete
  64. Dankie vir die terugvoer. Eerstens vir die persoon wat gevra het vir 'n kaart na die gemeente. Hier is 'n link na die kaart http://www.nghelder.co.za/Dokumente/padkaart.pdf
    Tweedens ons gemeente draai seker nou hier by 'n sesduisend mense. Ons het tans 5 voltydse predikante. Ons het Klassieke, Informele, Meditatiewe, Tiener, Tekkies, Kiddie, Peuter en kleuter dienste. Dan is daar ook die diens by Helderberg Villiage(Senior lidmate).

    Ek vra vir Aanbidding se voorsitter om jou te antwoord oor die karakter van die dienste.

    Ek sal vir Hannes Theron en Henri Loggenberg vra om julle te antwoord oor die aanwending van Predikante.

    Ons het defnitief gehoor dat die dieste te vol is en dat daar behoefte is aan tye om stil te raak gedurende die dienste.

    Die familiebediening is tans besig om te praat oor die doop en belydenis geleentheid en hoop om met voorstelle na aanbidding en die kerkraad te gaan. Indien julle enige voorstelle het laat weet asb. Op hierdie stadium praat ons oor die moontlikheid om een keer per maand 'n diens te he wat gefokus is op belydenis en doop. Hierdie dienste moet dan wissel tussen Klassiek en informeel (Miskien ook aanddienste)

    Wat die ouderdomsprofiel van die gemeente is sal ek vir Lize wat met ons data werk vra of sy ons kan help. Of die data en die praktyk dieselfde is, is natuurlik nog 'n vraag.

    Ons het ook reeds met die fassiliteite span gepraat oor meer doelgerigte fassiliteite vir ouers met klein kindertjies.

    ReplyDelete
  65. Moeg geboelie1/11/09 00:16

    Nadat ek vanaand die blog gelees het, het ek besef dat die vrae wat julle gevra het oor die erediens net so eenvoudig gevra kan word oor my Golf op Vrydae. Ek Het ek net so groot indien nie groter belewenis van God op die golfbaan as in die kerk. Beteken dit nou dat my golf, erediens is? Ons beleef God orals, maar die erediens is mos ’n spesiale ruimte wat ons skep om God op ’n besondere wyse te ontmoet.
    Daarom is my opinie dat as ons oor sake wil praat moet ons onderskei tussen twee sake. Eerstens God is altyd aan die werk of ons nou doelbewus besig is om op Hom te fokus of nie. Hy gaan werk. Dit is wat Hy doen. Tweedens as ons by sake kom soos die eredienste moet ons vir mekaar se dat as ons getuienis soek dat God in die dienste werk sal ons dit kry. Dit vat nog nie die verantwoordelikheid van ons weg om seker te maak dat die dienste sinvol ingerig word nie. As ons na ons eredienste kyk raak ek bewus van al die gesigte wat ek nie meer daar sien nie. Ons het ook ’n verantwoordelikheid om seker te maak dat dit wat ons doen dit maklik maak vir mense om God te beleef.
    Ons moet oppas om agter geestelikheid weg te kruip as dit by moeilike vrae kom. Ek kry die idee uit die gesprek dat julle ’n geleentheid geskep het vir mense met bekommernisse oor die eredienste om daaroor te kom praat, sodat hulle voel dat hulle gehoor word. Dan word die geleentheid so gestruktureer dat hulle op emosionele vlak oorrompel word. Hulle word dan in ’n boksie gedruk met vrae wat so gestruktureer word dat daar net gepraat word oor sake waarmee julle gemaklik is. Ek noem dit geestelike boelie. Ek het destyds onttrek van die kerkraad want dit het vir my gevoel dat ek die Ds se handpop geword het. Dit was my belewenis dat ek moes saamstem of anders is ek teologies en geestelik geboelie totdat ek stil gebly het. Ook by die omgeegroep leiers het ek onttrek. Dieselfde het daar gebeur ek het beleef dat ons geleer is om hierdie selfde model met die mense in ons omgeegroep gaan toepas. Ons maak seker dat al die vrae daar is, ons maak seker dat ons in beheer van die gesprek is. Ek verstaan dat baie van hierdie strukture aan die verander is, maar my belewenis is dat geen van die vrae op die blog wat van die Gemeente kom geantwoord is nie. Ek kry ook die idee uit die gespek by die kerk dat dit so gehou was dat niemand hulle vrae op die tafel kon sit nie. Die enigste antwoorde wat ons dus gekry het was die antwoorde van die vrae wat die Ds gevra het. Hoekom ons aanmoedig om deel te neem aan die gesprek as julle nie ons vrae belangrik ag nie. Dit is tipies my belewenis van kerk. Paul ek geniet jou preke want ek beleef by jou iets eg en eerlik. Geloof wat uit die eenvoud van jou daaglikse lewe kom wat diep gewortel is in die Woord van God. Tog is ek baie teleurgesteld want ek het gedink dat jy met die blog begin het juis om eerlike gesprek aan te moedig. Dit lyk egter nou vir my of jy ook die game speel.
    Ek dink ons gemeente is op ’n kruispad. Ons gaan of bereid wees om te verander om groot skuiwe te maak of ons gaan al hoe meer ouer word. Ons mense is moeg en soek God. Ons kom na die eredienste met die verwagting dat ons daar gaan volmaak, maar dit gebeur min. Ons sal bereid moes wees om eerlik te wees. Eerlikheid maak partymaal seer, maar dit is nooit moedswillig nie, dit soek God se eer.

    ReplyDelete
  66. "Moeg geboelie" ek vra onverskoning as jy beleef dat ek of van die ander jou boelie. Dit is en was nog nooit ons bedoeling nie. Ons is werklik opsoek na God se wil vir die gemeente. Ons soek dit egter ook maar op gebroke maniere. Die blog se doel is dat ons juis kan hoor daar waar mense die vrymoedigheid verloor het om hierdie sake met ons te bespreek. Hopenlik kan ons iewers in die toekoms saam 'n koffie drink en terug kyk hoe God hierdie pad met ons gestap het.

    ReplyDelete
  67. God seen ons met spesiale mense2/11/09 12:39

    Ek besef nou eers daar is nog mense wat soos ek voel dat ek geboelie is, in die kerk. Dankie vir hierdie ruimte om te kan praat. Ek stem saam ek het gister weer my die skaapbraai in 'n groep gesit en praat oor kerk. Hierdie gesprek oor die eredienste en die bekommernisse het ook daar opgekom. Ek verstaan dat dit baie maklik is dat dit negatief oor kan kom en dit klink party maal of mense negatief is. Ek dink dit is omdat hulle voel dat hulle nie gehoor word nie. Omdat hulle bekommerd is. Ek kyk gister na ons predikante en besef dat julle almal spesiaal is. Dat julle so uiteenlopend is. Ek is einlik lief vir julle almal en julle is in my gebede. Ek dink egter ons moet ook vir mekaar se dat as dit by eredienste kom dat dit nie noodwendig almal se gawe is nie. Ons sal moet leer om dinge nuut te doen. Wat van 'n lewensskool waar mense meer kan betrokke raak in die samelewing. Ek dink Ds Hannes word baie keer verkeerd gehoor en dat daar plek is vir die tipe opleiding wat hy gee ek weet nie altyd of die erediens die regte plek is nie. Wie in die gemeente is verantwoordelik vir kursusse. Ek dink daar is so 'n groot leemte as hy meer benut word by hierdie geleenthede sal die gemeente groei. Maak hom los(meer los) van die eredienste ek gebruik sy gawes. Breda is in sy hele wese daarem net iemand wat God se liefde uitstraal ons gemeente het meer van hom nodig in aanbidding. Die twee Danie's en Paul het na die tyd beindruk deur tafels rond te dra en hulle grappies. Danie en Kobie julle maak dit lekker vir mense om naby julle te wees en julle straal God se blydskap. Danie Moller behalwe vir jou swak smaak met rugby lyk jy nogal soos die een wat seker maak dat alles op die regte tyd en plek gebeur. Paul jy is sommer net 'n liewe ding en mense voel sommer net veilig by jou. Dankie ook dat jy altyd bereid is om soveel om te gee vir mense.

    Ek wil nou eers vir Paul opkom en se dat ek nie dink hy die game speel nie. Ek dink ook nie een van die ander predikante doelbewus die game speel nie. Ek het vir lank gevoel(doen nogsteeds soms) dat ek ook geboelie word in die kerk. Veral ook in die eredienste waar daar vir my gese word wat ek moet en nie moet doen nie.

    As ons oor die eredienste praat, kan ek maar net se dat uit my gesprekke met ander vroue dat ons baie aangespreek word deur Ds Danie O'Kennedy en ons is werklik bewus van sy liefde vir mense. Ds Paul die eenvoud waarop geloof en lewe bymekaar kom en die manier hoe God in die middel staan. Ds Breda jou kennis wat jy oordra en hoe jy as so 'n slim mens met soveel grasie voor God buig.

    Besef ons wil nie kritiseer nie. Gister se kuier het my net weer opnuut laat besef dat as elkeen op sy terrein tot hulle reg kom, die gemeente gaan groei en die die spanning gaan verdwyn.

    ReplyDelete
  68. Anonymous2/11/09 14:00

    We live in a world where propriety is considered higher than truth. In the name of diversity and inclusiveness, permissiveness is rampant. We live in a country where anything is “worshippable”. A nation where spirituality is equated with “Doing Good”
    Hou op om "Doing Good" te preek. Kom ons aanbid God. Ek dink nie dit was net die families wat aangespreek was deur die familiemaand nie. Ons ouer mense praat nog steeds daarvan. God het in die middel gestaan. Ons het God aanbid.

    As dit gebeur sal die "Doing Good" vanself kom.

    Herman

    ReplyDelete
  69. Anonymous2/11/09 18:46

    Ek wonder of julle besef hoe lief ons julle het. Of julle besef dat ons partymaal ook 'n behoefte het dat julle vir ons lief he. Ek het nodig om iewers net myself te kan wees en te hoort. Ons dienste moet plek wees waar ons saam voor God kan wees.

    Ek dink daar is sekere predikante wat regkry om hierdie ruimte te skep en ander nie. Ek dink ook dat die kursusse 'n goeie idee is.

    ReplyDelete
  70. Anonymous2/11/09 19:45

    Ek was vir 'n lang tyd betrokke by die beplanning van eredienste. Ek het nooit besef hoeveel tyd en energie dit vat om dit ordentlik te doen nie. Ek weet ook dat mens jou siel op die tafel sit en partymaal se mense dinge en dit maak baie seer. Dit gaan nie net oor wat jy doen nie, maar dit voel of dit gaan oor wie jy is.

    Ek lees die blog en ek besef dat ons oor hierdie sake moet gesels. Ek kry julle as predikante egter baie jammer dat julle so bespreek word. Ek glo egter ook dat julle so volwasse is dat julle sal weet dat alhoewel daar altyd iemand gaan wees wat nie van jou hou nie, die meeste mense die dinge nie persoonlik bedoel nie. Ek dink as ek ons gemeente vergelyk met ander kerke waar ek gewerk het dat ons 'n wonderlike span predikante het.

    My belewenis van predikante was nog altyd dat elkeen glo dat as hy/sy 'n predikant is moet hulle preek. Dit is asof hulle hele bediening minderwaardig is aan hulle prediking.

    Ek glo egter nie dat dit die geval is nie. Daar is baie predikante(meeste van hulle :)) wat geen aanvoeling vir bestuur het nie. Wat min of geen aanvoeling vir organisering het nie.

    Dink hoe wonderlik sal dit wees in so 'n groot gemeente as ons verskillende mense met verskillende gawes kan los maak om die dinge te doen waarvoor hulle geroep is. Ek weet elke bediening het 'n Predikant wat verantwoordelik is vir die bediening. Wat ook betrokke is dus by die bestuur van die bediening. Dink hoe wonderlik sal dit wees as ons die predikante met die gawe van bestuur en organisering (My opinie Danie en Hannes) kan losmaak om regdeur die gemeente verantwoordelik te kan wees om saam met bedieninge die bestuur (Danie) en organisering (Hannes) te kan doen. Die ander drie kan dan meer verantwoordelikheid neem met prediking en uitkom by mense.

    Ek dink die grootste probleem in die kerk is dat ons glo almal moet min of meer dieselfde doen. As daar 'n goeie bestuurstyl in Uitreik is, hoekom dit nie dupliseer deur die gemeente nie. As Hannes by uitstek 'n inspireerder en organiseerder is hoekom hom nie tot sy reg laat kom nie. Ek dink die ander drie sal die vrugte daarvan pluk om meer in die gemeenskap betrokke te wees.

    Dankie dat ons op hierdie manier bydraes kan maak.

    Lief vir julle

    ReplyDelete
  71. Anonymous2/11/09 20:57

    Dit is vir ons baie waardevol as mense soos 'moeg geboelie' hulle eerlike opinie gee, vanuit hulle behoefte na God. Dit gaan hier oor 'n saak wat so belangrik is dat ons soveel moontlik daarvan moet hoor om kleinserig te wees.
    Breda

    ReplyDelete
  72. Anonymous3/11/09 07:35

    Ek lees die kommentaar met groot aandag en probeer die emosie, waardes en behoeftes verstaan wat agter elke opmerking skuil. Vanaand by die kerkraadsvergadering gaan ons verder hieroor praat. Dankie vir elkeen se deelname. Bid asb vir ons vir groot wysheid en geloofsonderskeiding om die uitdagings wat voor ons le met geloofsintegriteit aan te pak. Hannes T

    ReplyDelete
  73. Anonymous3/11/09 21:36

    Ek wonder of van die kommentaar regtig in 'n gees van liefde gedoen word en of persoonlike voorkeure nie harder praat nie. Daar is hoeveel gemeentes wat, wat sou wou gee om enige van ons predikante te he!! Hou op kla en waardeer elkeen van hulle. Elkeen maak erns om na God se stem te luister. En ons as gemeentelede kan erns maak om vir hulle te bid. Hulle is ook net mense.

    ReplyDelete
  74. Anonymous6/11/09 09:12

    Hannes ek was onder die indruk dat jy vir ons teruvoer sou gee na die kerkraadsvergadering. Is dit steeds die plan?

    ReplyDelete
  75. Anonymous9/11/09 14:41

    Dit lyk vir my of hierdie gesprek 'n dood gesterf het sonder dat enige persoon bereid is om terugvoer te gee. Hannes jy het gevra dat ons vir julle bid vir geloofsonderskeiding. Is dit die mooi manier om te se dat jy ons nie gaan antwoord nie?

    ReplyDelete
  76. Jip hierdie is nog 'n tipiese kerkgesprek. Die oomblik as moeilike vrae gevra word maak julle eenvoudig net of dit nie bestaan nie. Ek dink dit is omdat mense se trots en ego's in die pad staan.

    ReplyDelete
  77. Oeps - lyk my ek is in die moeilikheid by sommige. Die eredienswerkswinkel en terugvoer op die blog was bie sinvol en met die kerkraadsvergadering het ons die volgende sake vir verdere bespreking uitgewys:
    1. Die eredienste is te vol/te besig en dat ons weer moet besin oor die doop, belydenisaflegging, spreekbeurte en aankondigings
    2. Daar is ‘n groep wat meen dat die informele diens nog te “formeel/tradisioneel” is
    3. Die aard, styl en inkleding van die onderskeie eredienste sal weer aandag moet kry
    4. Die vraag of alle predikers noodwendig by alle eredienste moet preek?
    5. Maak meer gebruik van vroue
    Die sake is na Aanbidding verwys en hulle verslag het gisteraand by die bestuurspan gedien. Die leraarspan vergader volgende week en dan gaan ons as leraars verder met mekaar hieroor gesels.
    Die proses is aan die gang en ek sal julle op hoogte hou. Dankie vir jul deelname.

    ReplyDelete
  78. Ek wil graag ook deel dat die gesprek definitief nog aan die gang is. Ek is betrokke by die kerkraad en aanbiddingspilaar en ons probeer regtig in afhanklikheid van die Here die proses aanpak. Eredienste kan 'n baie moeilike gesprek wees, want ons het elkeen ons eie voorkeure en behoeftes. Soos wat daar mense in ons gemeente is met 'n gawe en passie vir uitreikprojekte ens, is daar ook van ons met 'n passie vir eredienste. Bid asb saam met ons vir al die gesprekke. En as jy ook hierdie passie en gawes het, kom raak asb betrokke. Maandagaande vergader die beplanningsspan van die aanddienste van 18:00 tot 19:00 in die kerkkantoor en Dinsdagoggende vergader die oggenddienste se beplanningsspan. Kom woon dit by, kom raak deel.

    Groete
    Linka Basson

    ReplyDelete