Passie: ’n Jongmens bestaan uit Passie!
Passion – the state of loving something enough to suffer for it – is what puts the crucified Christ at the centre of our work with young people, and therefore is what makes our work ministry and not something else.
Een ding wat in die middel staan van die kerk sowel as die jongmense is passie. Die begeerte om iets so lief te hê dat jy bereid is om jou lewe daarvoor af te lê,maar ook dat iemand anders my so lief het. Die taak vir die kerk is om ’n manier te kry om die passie van Jesus Christus en die passie van die jongmense bymekaar uit te bring.
Passion is not about suffering, but about love worthy of suffering. The objection of Christian faith is not to suffer as Christ suffers, but to love as Christ loves…Christian faith lives from the suffering of a great passion, and is itself the passion for life which is prepared for suffering.
Jongmense verstaan passie en die lewe as ’n alles of niks beginsel! Passie het egter altyd sekere vereistes:
1. Passie het altyd ’n liggaam
2. Passie is absoluut noodsaaklik as dit kom by ons identiteit as kerk en mense.
3. Passie dui op ons menslike behoefte aan die bonatuurlike
4. ’n Kurrikulum vir passie in die jeugbediening kan gevind word in die Christen gemeenskap.
Passie het altyd ’n liggaam.
Passion is messy. It does not lend itself to spiritualising our relationship with God or with anybody else, for that matter. Passion is embodied love, and embodied love always responds viscerally, behaviourally, interpersonally.
Mense wat ’n passie vir ’n saak het herken gewoonlik dat daar ’n persoon is wat hierdie saak vir hulle personifiseer, hy/sy word dan ook dikwels die fokus van die saak . Letterlik word hulle die liggaam waarin die passie gedemonstreer word.
Die kerk is dan ook die liggaam wat God gebruik om Sy passie vir die wêreld ’n realiteit te maak. As ons met die jongmense werk moet ons nie vra “wat” nie maar “wie”. Dit gaan nie soseer wat ons met hulle doen nie, maar veel eerder wie Jesus Christus is. Of hulle Jesus Christus in jou lewe kan sien! Dit kan slegs plaasvind as ons wegdoen met program georiënteerde bedienings en beweeg na verhouding georiënteerde bedienings. Jeugbediening wat gekenmerk word deur passie kan beter beskryf word as geïnkarneerde bediening eerder as 'n verhouding bediening vir twee redes.
Almal kan in verhoudinge staan, maar slegs God kan geïnkarneer word. Die meeste van ons het iemand in ons lewens gehad wat “vleis en bene” aan God se liefde vir ons gesit het. Daarom kan ons mense onthou wat ’n indruk op ons lewens gemaak het, ons kan nie noodwendig onthou wat hulle gesê het nie. Dit is omdat God nie deur programme werk nie, maar deur mense. Een van die belangrikste dinge in adolessensie is ’n vriendskap met ’n volwassene wat iets in die jongmense se lewens sien wat hulle nie noodwendig sien nie. Die teenwoordigheid van ’n volwassene waarna ’n jongmens kan opkyk in sy tiener jare is die enkele mees belangrike faktor wat bepaal of hy ’n geloof van sy eie ontwikkel.
Die tweede rede waarom ons eerder nie praat van ’n verhouding bediening nie is dat die doel daarvan nie is om verhoudinge daar te stel nie. Dit is belangrik dat daar verhoudinge is, maar dit is nie hoekom die jeugbediening verhouding georiënteerd is nie. Die bediening is ’n verhouding georiënteerd as gevolg van die jongmense nie, maar as gevolg van wie God is. God is ’n verhouding, Vader, Seun en Heilige Gees. Dit beteken nie dat die leier die inkarnasie van God is nie, hy plaas slegs vleis en bene aan die belewenis van God. Ons is soos Johannes die doper, ons berei slegs die pad voor, maar ons besef duidelik dat Jesus Christus die Here is en nie ons nie.
Die gevolge van passie wat uitgeleef word deur ’n persoon of kerk is dat geloof ’n antwoord is op hierdie passie. Wanneer geloof passie vol is dan doen ons dinge wat ons nie gewoonlik sou doen nie. Passie voel soos lewe en dood vir ’n jongmens. Daarom is dit belangrik dat jongmense Jesus Christus se passie in die kerk beleef.
Passie is absoluut noodsaaklik as dit kom by ons identiteit as kerk en mense.
Elke jongmens het iemand nodig om lief te hê, dit is slegs in hierdie verhoudinge waar hulle identiteit kan bou. ’n Verhouding is ’n plek waar ek terugvoer kry oor wie ek is! Daarom is maats van die eie ouderdom so belangrik, deur hulle kan ek sien wie is ek. Agter elke verhouding staan passie. Die is nie net om te hoort nie, maar die behoefte aan liefde waarvoor ek alles sal gee.
Jongmense kan nie sonder spieëls klaar kom nie, want hulle het gedurig nodig om te sien wie hulle is. Nog belangriker is om te sien wie hulle maats dink hulle is en wie grootmense dink hulle is. Hulle aanvaar hierdie beeld ook baie maklik en maak dit nog meer deel van hulle lewens. As die kerk nie ’n rol speel in die jongmense se lewe nie gaan hulle, hulle identiteit vorm sonder om in ag te neem wie hulle in die oë van God is. Slegs in God se oë is dit moontlik om te sien wie ons werklik is.
In die ontwikkeling van die jongmense is daar veral twee dinge wat noodsaaklik is vir die vorming van hulle identiteit:
Betroubaarheid: Erik Erikson het gesê betroubaarheid is om absoluut eerlik te wees teenoor iets of iemand, die krag om te sterf vir iets. Om van jongmens tot volwassene oor te gaan volgens Erikson is dit noodsaaklik om iemand te ervaar wat eerlik is ten opsigte van die self. Voordat ’n jongmense
· betroubaar kan wees moes iemand eers daar vir hom/haar gewees het. Jy kan dit nie vir iemand leer nie, hulle moet dit aanvaar.
· Dit op sigself is nie genoeg vir jongmense nie, hulle het iets nodig wat bestaan waaraan hulle getrou kan wees. Betroubaarheid gaan dus hand aan hand met ideologie, want dit rig ons tot iets buite onsself. Dit vind hulle in gemeenskappe in wie se lewens daar betekenis is. Die feit dat betroubaarheid nie kan bestaan as iemand dit nie eers teenoor ons geopenbaar het nie word opgevang daarin dat Jesus Christus aan die kruis vir ons gesterf het dat Hy ons so lief het. Die gemeenskap van gelowiges bied die plek waar die ideologie uitgeleef word. Die jongmense is veronderstel om iets van hierdie passie in die geloofs gemeenskap te sien. I
Is ons kerk werklik ’n geloofsgemeenskap waar die jongmense dit kan ervaar?
PASSIE DUI OP ONS MENSLIKE BEHOEFTE AAN DIE BONATUURLIKE
Verandering noodsaak die bonatuurlike.
Unlike drives and instincts, passion points us toward a three-dimensional relationally that represents the core of human identity. We are not only defined in relationship to ourselves and to other people, but we are especially defined by our relationship with a god. Identity cannot exist except in relationship to the transcendent – which means that adolescents in search of identity are really in search of a god, an ideology worthy of their fidelity. We come to terms with our place in the lifecycle and our role in culture and cosmos by coming to grips with the gods in our lives.
So maklik kan ’n jongmens verby die ware God gaan omdat ons nie ons rol vertolk soos God dit van ons vra nie. Passie dryf ons na ’n verhouding wat meer is as bloot maar net ’n menslike verhouding. Jongmense probeer gode soos hulle skoene probeer, hulle laat die skoene agter wat te klein is. Instinktief volg hulle passie. Die vraag is dus nie “glo jy in God nie”, maar “in watter God glo jy?”. Wat is die maatstaf waarmee jongmense meet as dit by ’n god kom? “Did it move me?” Jongmense wil hierdie beweging ervaar, hulle wil iewers heen op pad wees en hoe vinniger hoe beter.
But equally important is being moved existentially: the ecstasy of celebration, the mysteries of orgasm, the deep awe of worship.
Jongmense word emosioneel beweeg deur musiek konserte maar nie deur die kerk nie, daarom is die musiek wêreld vir die jongmense baie belangriker as die kerk se wêreld. Hoeveel keer lees ons in die Bybel dat Jesus Christus passie gehad het vir die mense dat dit Hom emosioneel geraak het. Hoekom is dit afwesig in die kerk?
’n Kurrikulum vir passie in die jeugbediening kan gevind word in die Christen gemeenskap.
Passie in die liggaam van Christus asook in die liggame van jongmense is gegrond in liefde. Passie beïnvloed wat die liggaam doen uit liefde vir ander/Ander. Dit wat die kerk doen as liggaam van God, dui nie net op ons passie nie, maar liefde vir God. Hierdie dinge wat ons doen vorm ’n kurrikulum vir passie, dit is juis hier waar die jongmense die passie van God moet ervaar.
As ons deel word van ’n geloofs gemeenskap en saamdoen ervaar ons iets van hierdie passie en bring dit sin aan ons lewe. Daarom is dit belangrik dat jongmense meedoen, getuig, bid saam sing ens. Dan gebeur dit dat ons jongmense verhoed om aan van hierdie dinge mee te doen as gevolg van doktrine. Of ander het hierdie dinge wat ons doen soos sakramente waar ons juis die passie van God moet beleef, slegs ’n vorm geword wat nie meer regtig inhoud het nie.
’n Ander groot probleem is dat die jeugbediening nie werklik deel uitmaak van die kerk in geheel nie en dan nooit werklik hierdie passie as deel van die kerk ervaar nie.
By ghettoizing youth into age-segregated clubs, youth have been perceived as tangential to the mission of the church rather than as participants in it.
Jongmense kan slegs die vraag “Wie dink julle is EK” antwoord as hulle deel uitmaak van die geloofs gemeenskap, dit help nie dat hulle so betrokke is by ’n jeugbediening dat hulle nooit blootgestel word aan die geloofs gemeenskap nie. ’n Navorsing in Australië het gewys dat jongmense wat by die eredienste maar nie by die sondagskool betrokke is nie in meer gevalle deel van die kerk sal bly as die wat by die sondagskool was, maar nie by die kerk nie.
The church has the potential – and indeed, the mandate – to be a “community of passion” which invites youth into practices, which point to a passionate God. If Christianity is to be a passionate faith, then we have no choice but to take seriously the passions of adolescence which come to us raw and which point us to the one Passion by which human identity is transformed.
Youth ministry enhances the personal growth of individual teenagers, encourages healthy relationships within the church community, and facilitates their growth in faith.
thanks paul, ek stem saam met meeste van wat jy sê. dis net bietjie laat op die oomblik, so verskoon maar. ek dink net dis waar vir almal en nie net vir jongmense nie. ouer mense verloor die passie omdat hulle dit op verkeerde plekke soek , oral behalwe by jesus. danie het nogal mooi afgesluit sondag. baie dinge kan ons passievol maak vir korter of langer tye, maar niks behalwe 'n verhouding met christus kan ons passievol hou vir altyd nie. god het dit so bepaal.
ReplyDeleteek stem net nie saam met die stelling dat, iemand die vraag oor "wie sê jy is ek" net kan antwoord binne 'n geloofsgemeenskap nie. ek dink ek verstaan wat jy bedoel, en ek stem saam oor die noodsaaklikheid van integrasie van jongmense met die liggaam van chritus. ek's 100% saam met jou daar. my probleem met die stelling is, dat 'n ou dan die oplossing by die kerk(liggaam) begin soek, alhoewel dit noodsaaklik is om iets daaraan( die integrasie van jongmense) te doen,maar die oplossing lê nie by die kerk(geloofs gemeenskap) nie.
God se way is dat hy skep deur sy woord. faith comes by hearing and hearing by the message of christ. how can anybody call on him of whom they have never heard. how can they hear if nobody proclaim him. how can they proclaim him if they are not sent, en as daar iemand in ons gemeente is wat weet dat hulle gestuur is om dit te doen dan is dit at least al die dominee's. the gospel is the power of god that gives life to every single one who believes. and it is only the gospel and nothing else. daar is nie enige ander way nie. god het dit so bepaal en hy sê dit oor en oor in sy woord.
danie was sondag op die punt om te sê: jesus is die oplossing.
ek weet 'n passie vir god is belangrik, 'n hart vir mense is belangrik, integrasie van die jongmense by en in die kerk is nb! hierdie goed is results of uitvloeisels van die gospel. ek glo net jy sal nooit iets verander as dit ons fokus is nie. dis vir my bietjie soos 'n rugbyspan wat gatvol is omdat hulle min driee druk en by die oefening, oefen hulle net die heeltyd hoe om oor die doellyn te duik. dan kan hulle nie verstaan hoekom hulle nooit kans kry om in 'n wedstryd 'n drie te druk nie. hulle is dan so goed met driee druk.
as god lief is vir ons en ons nie los nie sal ons gefrustreerd bly in die kerk tot jesus, die chritus, wat gekruisig was en opgestaan het ons fokus word. die vraag is net: HOEKOM IS HY EN WAT HY GEDOEN HET NIE ONS FOKUS VIR 2010 NIE?
die antwoord is eenvoudig. die jesus van die bybel is nie jou grootste probleem nie, en hy is nie jou enigste oplossing vir die probleem nie. dit is waar vir hannes, vir danie (watter danie ookal) vir my, my kinders, ander mense se kinders, ander mense se oupa's, jonk/ oud, swart/ wit, arm/ ryk, siek/ gesond, maak nie saak wie of waar of watter omstandighede nie.
ek bid regtig dat ons eendag almal saam met pauls kan sê: i only proclaim christ and him crucified. dat ons as 'n gemeente daarmee behep sal wees, dat dit ons sal oorweldig en die ander dinge nie noodwendig geignoreer sal word nie, maar dat dit loshande tweede sal kom. daarom doen ek 'n beroep op elke predikant in ons gemeente, elke kerkraadslid en elke lidmaat om ons te bekeer van ons idols, na christus te draai en hom te soek met alles tot ons beskikking.
dankie vir die geleentheid.
Govert,
ReplyDeleteEk het ook die Fokus gedeelte gelees en die goed maak nie vir my sin nie. Hoekom stel kerke enigsins 'n fokus op. Dit is tog so ooglopend wat ons fokus is. Ons hoef dit mos nie te bepaal nie. Wat die passie betref dink ek dat dit die een ding is wat ek in my lewe mis en in ons kerk mis. (Daar is plekke waar ek dit beleef - oa was die aanddiens so 'n plek). Jesus Christus staan in my lewe op nommer een maar ek mis daardie opgewondenheid oor Hom. Miskien moet ons gemeente meer bid.
Govert Gerhard
ReplyDeleteEk bid saam met julle dat ons as gemeente hierdie passie vir Christus elke dag sal beleef. Govert kyk bietjie na die link na Sondag aand se diens. EK het juis dit wat jy in jou laaste paragraaf se Sondag aand in die diens net so gese :)
Paul terwyl jy vandag gepreek het, het ek gesien hoe passie lyk.
ReplyDelete