Het jy al ooit in die vliegtuig gesit en luister na die lugwaardin wat vir jou al die reels deergee voor opstyg? Dit is alles sulke voor die hand liggende dinge wat hulle vir jou sê, jy sien hoe knik koppe inskiklik en dan ewe skielik is dit asof die helfte van die koppe stywe nekke gekry het. Wat het sy nou kwyt geraak?
Kliek hier om die video te sien
In haar pragtige “matter of fact” stem het sy gesê: “In die geval van ’n noodgeval sal die suurstof masker vanself uitval. Met ’n skerp plug trek die masker na jou gesig en plaas dit oor jou neus en mond. Vir volwassenes maak eers seker dat jou masker veilig op is voordat jy probeer om jou kind of ander kinders te help”
Met ’n glimlag op my gesig en ’n stywe nek dink ek. “IS JY MAL!?” In ’n noodgeval gaan ek eerste sorg dat my kind suurstof het. En jy moet versigtig wees as jy naby my kind sit want ek sit sommer jou masker ook vir hom op!
Al die ander persone wat die stywe nek sindroom ontwikkel het is ook ouers. Vir ’n ouer kom dit redelik natuurlik dat jy jouself sal prysgee net solank een van jou kindertjies nie iets oorkom nie. Dit is juis hierdie natuurlike instink wat maak dat ons kinders gevaar loop om soms seer kry. In die geval van ’n vliegtuig noodgeval as die ouer nie dadelik hulle eie suurstofmasker opsit nie, kan hulle bewussyn verloor terwyl hulle probeer om hulle kinders te help. Dan kan die kind en ouer doodgaan. Indien die ouer eers hulle eie masker opsit sal hulle beheer kan neem van die situasie en hulle kinders kan help.
Dit gebeur baie keer dan dat ons so besig is om seker te maak dat ons kinders alles het wat hulle nodig het dat ons nie meer na onsself kyk nie. Ouers en veral enkel ouers wat opoffer en opoffer en opoffer totdat hulle geestelike en emosionele suurstof klaar is. Dat hulle naderhand ingee en nie meer hulp kan wees vir hulle kinders nie.
Talle male as ons betrokke raak by gesinne of dit nou enkel-ouer gesinne is of gesinne met twee ouers waar dit regtig sleg en moeilik gaan met die kinders, kom ons agter dit gaan net so sleg en moeilik met die ouers. Almal goeie mense, maar stukkende mense! Baie keer kan ons nie regtig met die kind ’n sinvolle pad begin stap voordat ons die ouer\ouers se situasie aanspreek nie. Ons moet die ouer\ouers eers help om hulle suurstofmasker op te sit voordat ons by die kind kan uitkom.
Heel dikwels gebeur dit op die heel eenvoudigste vlak eerste. Ouer\ouers wat eenvoudig emosioneel, geestelik en fisies uitgeput is. Veral enkel-ouers kry hier baie swaar omdat hulle ALLES moet doen en daar nie ek-tyd is nie kom hulle partymaal net op ’n plek waar hulle leeg is. Om nou in terapie met hulle weg te val terwyl die emosionele kapassiteit nie daar is nie, is nie net onproduktief nie, maar eenvoudig wreed.
Daarom is die belangrikste ding wat jy in so 'n situasie kan doen om te bid. Om liefde te gee en soms die groot geestelike ding te doen om te baby-sit op gereelde basis sodat hierdie ouers\s net kan volmaak.
Ons gaan ook by die Helderhoekie een keer 'n week 'n enkel-ouer asemskep hou. 'n Geleentheid waar enkel ouers saam kan ontspan, kuier en sommer net fliek terwyl hulle kinders kans kry om lekker te speel en te ontspan. Daar gaan ook 'n lekker saambraai en saam eet geleentheid wees.
Indien jy graag betrokke wil raak by hierdie tipe bediening skakel gerus vir Paul Barnard
Hoe kan ons ouers help wat sukkel, wat oorlaai is. Het jy enige voorstelle?
As enkel ma beleef ek Helderberg gemeente as 'n gemeente wat ruimte maak vir my en my behoeftes. Vir 'n geruime tyd het dit met my baie moeilik gegaan totdat die skool vir Ds Paul gevra het om betrokke te raak by my kind. Op hierdie stadium het hy baie aggresief gereageer en wou nie sy samewerking gee nie. Ek was eers ontsteld dat ek gedruk word om toe te laat dat 'n vreede ds met my kind werk.
ReplyDeleteDit het dan ook gebeur dat ek 'n afspraak met hom gemaak het en hy het ons genooi na 'n ete by hulle huis. Die aand is ons ontvang en die lekkerste kos is aan ons voor gesit. Ons kinders het onmiddelk begin speel en kort voor lank het ek besef dat ek besig is om heeltemal te ontspan. Ek was nie beoordeel of veroordeel nie.
Na 'n lang gesprek het ek besef dat ek soos in die artikel hierbo leeg is. Dat ek niks meer gehad het om te gee nie. Ds Paul het my vertel van Johan en Lisa wat bereid is om 1 keer 'n week my kind by die skool op te laai saam met hulle kinders. My kind te help met huiswerk, kos te gee en te sorg dat hy deur die bad spring. Dit alles terwyl ek die aand moet uitgaan en net iewers in 'n fliek of 'n koffiewinkel gaan sit en ontspan. Dit het die wereld se verskil aan my lewe en die verhouding met my kind gemaak.
Ds Paul het ook my gehelp om duidelike grense vir my kind daar te stel en om my roetine reg te kry. Vir die eerste keer in drie jaar voel dit vir my of ek oorleef. Dit gaan nie nie goed nie, maar ek oorleef.
Dit gaan baie beter met my kind by die skool en Lisa ondersteun my baie, veral as dit kom by dinge soos sport en skool aktiwiteite waar ander kinders se ouers kan gaan kyk maar ek nooit kan gaan nie. Lisa kyk vir hom en dit beteken vir hom baie.
Ek het terapie verwag, mense wat vir my se wat ek moet doen. In hierdie gemeente het ek mense ontdek wat my liefhet. Ek is ook bewus van ander enkel ma's wat op dieselfde manier gehelp word en wat dit vir hulle beteken.
Dankie dat julle my nie ook weggegooi het nie.
Ek het dieselfde belewenis gehad. My dogter het al hoe meer onttrek en naderhand geen maatjies meer gehad nie. Ek het met Ds Paul gaan praat en dit was maar net die finale strooi wat die kameel se rug gebreek het. Ek kon nie meer nie. As enkel ouer moet ek alles doen wat daar gedoen word in 'n gesin met twee ouers. Finansieel gaan dit nie goed met ons nie en oorleef ons maand vir maand.
ReplyDeleteMy kind kan nie aan sport deelneem nie want in my etenstyd moet ek ry om haar te gaan haal. Dan vat ek haar woonstel toe waar sy alleen moet wees totdat ek 18:45 van die werk af kom. Sy doen dan op haar eie huiswerk, maar meeste van die tyd sit sy in haar kamer met 'n boek of voor die TV.
As ek in die aande by die huis kom moet ek huis skoonmaak, was, stryk kosmaak en tyd aan my kind spandeer. Dit beteken dat ons nooit kans kry om iets lekkers te doen nie. Ook beteken dit dat ek so moeg word dat as ek uiteindelik alles gedoen het wat gedoen moet word dat ek doodmoeg is en net wil slaap.
My verhouding met my dogter het vinnig agter uit gegaan en ek het besef dinge loop verkeerd maar ek het net nie die energie gehad om 'n verskil te maak nie.
Ds Paul het my in kontak gebring met die Coetsee's. Hulle het dogters van hulle eie wat in my kind se skool is. Hulle was bereid om uit te help een keer 'n week sodat ek ook net kan rus. Vir die eerste maand het ek die aand gebruik om huis toe te gaan en te gaan slaap. Na 'n maand het ek vir die eerste keer gaan fliek. Nou word hierdie fliek aand een keer 'n week vir my die geleentheid waar ek kan ontspan en volmaak.
My kind neem nou ook deel aan sport want sy het 'n saamry geleentheid huis toe na oeffening of wedstryde. Hierdie gesin doen vir my meer as die res van my familie saam.
Baie lank het ek nie gebid of Bybel gelees nie. Ek het gevoel God het my gedrop, dat ek my sonde van egskeiding gemaak het dat ek nie meer goed genoeg is vir hom nie.
Hierdie gemeente, Ds Paul en die Coetsee's het egter my weer gehelp om te hoop. Ek lees weer Bybel en bid. Dit gaan baie beter met my kind en met my. God het nie van ons vergeet nie.
Ons is een van die gelukkige gesinne wat by 'n enkel ouer kon betrokke raak. Dit het alles begin eendag toe ons langs die rugby veld staan ek kyk na ons kinders. Ons het almal die kinders aangemoedig en raad gegee. Ds Paul het die spannetjie afgerig en het vir my gevra om 1 spesifieke klein seuntjie aan te moedig. Hy het vir my gese dat dit 'n kind is wat uit 'n enkel-ouer gesin kom en dat sy ma nie die sport kon bywoon nie.
ReplyDeleteEk het vir hom aangemoedig en geprys as hy aan die bal vat. Ek kon onmiddelik sien hoe hierdie kind blom. Vir die volgende twee wedstryde het ek dieselfde gedoen. Ek het beleef dat die klein bietjie aandag wat ek kon gee 'n groot verskil maak. Ek en Ds Paul het gepraat en ek het hom vertel hoeveel dit vir my beteken om op hierdie eenvoudige wyse 'n verskil te maak in iemand anders se lewe. Hy het my vertel hoe hy en ander gesinne betrokke geraak het by enkel-ouer gesinne. Ek en my vrou het daaroor gesels en ons kinders was baie opgewonde toe ons aan hulle verduidelik wat ons wou doen.
Ds Paul het ons gehelp om kontak te maak met die Ma van die seuntjie. Na 'n redelike ongemaklike gesprek het sy dankbaar toestemming gegee dat ons hierdie pad saam met haar kan stap. Ons was almal onseker oor presies hoe dit gaan werk en wat ons moet doen. EK het die verwagting gehad dat Ds Paul vir ons 'n program gaan gee of 'n klomp reels. Dit was egter nie die geval nie. Ek kan nog sy woorde onthou "Ons stap 'n pad saam met mense, ons werk nie met 'n produk nie" Hy het vir ons gese dat ons self die pad moet onttek. Dat ons moet luister na mekaar en moet kyk hoe ons mekaar kan akkomodeer. Hy het baie klem daarop gele dat ons 'n unieke gesin met unieke omstandighede is wat met 'n unieke enkel-ouer gesin gaan saam stap. Dat dit 'n geloofreis is, wat in afhanklikheid van die Heilige Gees gestap moet word.
Nou 5 maande later is ons nog steeds besig met hierdie geloofsreis en het ons as gesin soveel gegroei. Dit het alles begin gebeur toe ons bewus word van hoe sukkel party mense om kop bo water te hou. Ons het in die begin gedink dat ons hierdie mense gaan help maar as ek terug kyk besef ek hoe het hulle ons gehelp. Ons het intussen gekies vir 'n eenvoudiger lewe. Vir 'n lewe waar ons meer tyd saam spandeer. Ons as gesin het bewus geword dat God ons roep om in mense se lewens betrokke te raak.
Ons probeer geleenthede skep waar ons gesin saam kan deel het in die ondersteuning van hierdie enkel-ouer gesin. My kinders verstaan ook iets van die voorreg om betrokke te wees.
Ek besef dat as dit afgehang het van 'n program sou ons nooit hierdie pad kon stap nie. Ons leer elke dag iets nuuts van die voorreg wat ons het en die manier hoe ons betrokke is. Christenskap is nie meer vir my iets daar ver nie, dit maak vir my sin. My kinders sal nou vir my by die skool en die dorp al die kinders uitwys wat uit enkel-ouer gesinne kom. Ek is geskok want ek het eenvoudig net nooit besef hoe baie daar is nie. Hulle wys egter hierdie kinders uit omdat hulle 'n ingesteldheid ontwikkel het teenoor die behoeftes van hierdie kinders.
Ek het ook in hierdie tyd baie respek ontwikkel vir enkel-ouers. Die meeste enkel-ouers is finansieel onder druk. Emosioneel en baie keer ook geestelik moeg. Tog gaan hulle aan en doen alles wat twee ouers sukkel om te doen. Ek dink ons is baie bevoorreg om in 'n gemeente te wees waar ons hierdie tipe aanmoediging en geleenthede kry.
As jy 'n enkel-ouers is vra hulp daar is mense wat wil help. As jy voel dat jy nie werklik 'n verskil maak nie en 'n plek soek waar jy 'n verskil kan maak in mense se lewens gaan bied jou aan.
Kinders van my eie. En dit gaan rof soos met enige ander gesin, maar wow hoe maklik gaan ek deur die lewe met 'n plankbril. Dankie dat jul die skille van my oe afgehaal en met trane kon vul.
ReplyDelete