17 OKTOBER 2009
POSTED IN BLOG - PADLANGS MET GEMEENTES
Die beste is seker dat ek hierdie bydrae met ‘n presoonlike verhaal begin. Ek was 16 jaar oud en het teen daardie tyd al vir ‘n geruime tyd ervaar dat ek geroep word vir die bediening. Daar was egter te veel twyfels en onsekerhede wat in my rondgeloop het om positief op die reoping te reageer. In daardie tyd het ons Leraar- ds Fanie Liebenberg- een Sondag oor ‘n teks gepreek en min of meer die volgende gesê: Gemeente ek preek vanoggend oor hierdie teks, maar ek is onseker of ek die teks verstaan, eintlik weet eke k verstaan die teks nie heeltemal nie, maar gaan tog probeer om te vertel wat die teks met my gedoen het.
Hoekom is daar nou weer so ‘n opkoms van ‘n behoefte aan predikante wat soos “ware dominees van ouds” dinge gaan regmaak? (kodetaal vir die kerk vol preek en almal getrou besoek sodat hulle weer meelewende lidmate sal word) In een gemeente het hulle baie moeite gedoen om ‘n profiel vir ‘n Leraar op te stel en toe hulle die beroep moes uitbring- die eerste beste Leraar gekies wat darem lyk asof hy ons gaan bedien soos ‘n dominee van ouds- heel teenstrydig met die profiel wat opgestel is. Jaco Hamman skryf is sy uitstekende boek: When the Steeples Cry leading congregations through loss and change, dat gemeentes wat in tye van groot verandering leef en daarom dikwels verliese ervaar, genieg is om te soek na ‘n “dominant other” met wie hulle in ‘n onderhandeling gaan om om die situasie op ‘n wonderbaarlike manier vir hulle te kom beredder.
Die dominante leier word dan getaak om die gemeente te red van hulle onsekerhede, ongemak en diep ervarings van verliese. Nodeloos om te sê, die dominante leier kan nie namens die gemeente die noodsaaklike rouproses deurloop nie en is daarom uiteindelik gedoem om te misluk. Indien hulle die rol van dominante leier aanvaar- en vir baie van ons is dit ‘n byna onmoontlike veroeking om te weerstaan- weerhou hulle reddingsaksie die gemeente eintlik daarvan om as gemeenskap deur die onseker, pynlike maar helende proses van verliesverwerking te gaan. Ja weerhou hulle die gemeente van 'n dieper en wonderlike pad wat hulle met die Here sou kon loop, as om net mar weer 'n "suksesvolle"gemeente te wees.
Hoeveel keer het ek dit nie al in my werk met gemeentes ervaar dat so ‘n nuwe dominee of leier aanvanklik baie nuwe energie losmaak, die gemeente hoop gee, om dan op ‘n onverklaarbare manier vas te loop in ‘n muur van negatiewe emosie en dikwels irrasionele gedrag. Dan kruisig ‘n gemeente dikwels ‘n Leraar wanneer hyof sy die dinge kom doen waarvoor hulle hom of har beroep het.
Die rede is natuurlik dat die dominante leier nie namens die gemeente deur die pyn van die rouproses kan gaan nie, maar die gemeente moet begelei om self deur die pyn van verlies en rou te werk en so genees te wqrd.
Daarom sê Jaco Hamman terreg moet ons eerder significant others wees. Reisgenote wat saam met die gemeente deur die verliese werk die woestyn van onsekerheid betree om in die woestyn saam ‘n nuwe verstaan van God, onsself, die kerk en die koninkryk te ontvang. Nie probleemoplossers, of orators wat met one-liners die waarheid in mense se kele afdruk terwyl hulle eintlik in diep emosies van rou gedompel is nie. Maar reisgenote wat saam met die gemeente na binne kan reis in die donker kamers van ons onsekerheid, Wat met deernis maar besilstheid nie toelaat dat die reis vervlak in een of ander bedienings pynstiller wat ons weer hoop moet gee nie, maar wat in afhankliheid van die Gees bly glo dat die gemeenskap van die gelowiges deur die Woord en Gees gelei kan word tot ‘n nuwe seflverstaan. Jaco gee ‘n interessante lysie van wat so ‘n reisgenoot leier doen:
‘n Reisgenoot leier in teenstelling met ‘n dominerende leier
- Respekteer die emosies van die geloofsgemeenskap- eerder as om te fokus op wat hulle behoort te dink
- Beskik oom nuuskierige kreatiwiteit- eerder as om ‘n ekspert kommunikator te wees
- Leer van en met ander- eerder as om hulle te leer
- Stap langs mense- eerder as voor hulle
- Ontdek die gawe van heilige stilte- eerder as om die stilte vul met ‘n eindelose gekwetter van woorde
- Getuig in respek van die stryd van ander- eerder as om net oor hulle eie ervarings te praat
- Respekteer onsekerheid en wanorde- eerder as om oplossings te soek
As ek reg onthou het die gemeente nie veel van Fanie se preek gedink nie- hoe kan ‘n dominee dan onseker wees? Maar 35 jaar later is hier iemand wat vanaand skryf en nie die preek onthou nie, maar die leier wat ‘n reisgenoot was op die regte oomblik op die regte tyd en so my lewe onherroeplik verander het. Wat my laat dink dat dominerende leierskap meestal vir ons as leiers in die kerk ‘n versoeking is en nie ‘n roeping nie. Immers dit is hoe ek toenemend die man van Nasaret verstaan.
Op daardie oomblik het ek geweet- dit kan ek doen, so kan ek predikant wees, en het ek bewend maar oortuig my ouers ingelig van my besluit. Ek het vir lank hiervan vergeet totdat ek ontlangs met ‘n reeks gemeentes te doen gehad het wat op soek is na leraars wat alles weet en dinge weer kan regmaak. Ek het in my gesprekke met die leraars agterkom dat hulle ook maar eintlik net eerlik die evangelie wil bring en leef soos wat hulle te ken en beleef, maar nie toegelaat word om so saam met die gemeente op reis te wees nie- of so ervaar hulle dit altans.
Ek sien hierdie artikel se punt in. Daar is egter ook die ander kant van Jesus, wat ek en ander mense in my geloofskring mis. Die kant van Jesus wat vir die leiers van die kerk gesê het: "Julle wit gepleisterde grafte...". Soos ek dit verstaan, is dit die Jesus wat ons Skepper se wil duidelik ken en uitdra. En dit is die deel wat ek mis. Wat is reg vandag uit God se oogpunt? Is dit nie in die kerk waar ons bymekaar moet kom, stil word en bid, luister na ons Vader se antwoord, en die antwoord dan aan al ons medegelowiges wat wag daarvoor uitgee nie?
ReplyDeleteWaarom is baie van ons dan onseker of ons regtig mag lotto kaartjies koop, of op Sondag (met God se "toestemming") die maand se inkopies mag gaan doen, en so aan. Of, waarom gee baie van ons op om regtig die Here se stem in ons lewens te hoor?
Daar is nie maklik 'n enkele perspektief of waarheid om "predikant" te wees nie. Waarom meeste predikante die roeping met vrees en bewing aanvaar, is dat hulle eintlik weet dat hulle vir baie mense die "kontakpunt" met God is. Reg of verkeerd, dit is die werklikheid. Van die ou testamens se tyd af al.