Jul 26, 2010

Kerke met tralies en besige Dominisse! – aanbeveel deur Solly

image Nick Stander...Die boemelaarEk hou nie van "Private Number" oproepe nie, en dit moes seker so geklink het toe ek antwoord. Die stem aan die ander Kant praat dus nie storietjies nie, maar kom dadelik tot die punt:
"Kan ek u asseblief kom sien?" "Seker ja, waaroor gaan dit?" "Ek sal maar verduidelik as ek u sien." "Wie praat nou?" "My naam is Nick Stander. Ek het u nommer gekry deur die stukkie wat u in Pretoria News geskryf het." "Nougoed, uhm, hierdie week is rof. Vrydag dalk? Sommer by Greenfields... Castle Walk?" Hy huiwer nie, en ons spreek die tyd af. Toe ek sy naam op my selfoon kalender intik, wonder ek of hy dalk versekering verkoop. As dit so is, gaan dit 'n baie kort gesprek wees. Dalk hou hy nie van dit wat ek geskryf het nie. Dan ook maar soos dit is...


Vrydag vra Rethea my oudergewoonte uit wie ek sien die dag. "Een of ander 'Nick Stander'. Weet nie wie dit is nie. Bel maar die polisie as ek nie van my laat hoor nie..." grap ek sarkasties. My gedagtes is by alles wat nog moet gebeur voor die jaar eindig, terwyl ek na die koffieplek ry. Ek klim haastig uit, en stap na die trappe. 'n Stem agter my laat my stop. "Dries Lombaard?" Ek draai om en is verbaas om die persoon voor my te sien. Netjies, maar eenvoudig aangetrek, met 'n plastieksak in sy hand. "Nick?" Ons groet mekaar, en ek stel voor dat ons koffie gaan kry binne. Ons gaan sit, en ek maak een of ander verwysing na die weer. Hy beaam dit. Ons bestel koffie - hy stem met 'n knik van die kop in om dieselfde as ek te kry nadat ek bestel het. "Eintlik wil ek net raad vra." begin hy dadelik. Hy vertel my van 'n sake konsep waar mens sjokolade en vorms koop by 'n fabriek in Johannesburg, en dan jou eie sjokolade vormpies maak wat jy verkoop. Daar is tans vorms vir sokkerballe, met die komende wereldbeker in gedagte. Hy wil dit graag doen. Maar daar is iets waarvan hy onseker is... en dis waarom hy my opgesoek het. Hy wil weet hoe hy kan weet of so iets sy 'roeping' is, en of dit bloot 'n begeerte is na sy eie doelwite... soos materialisme.
Ek sit aandagtig en luister (iets in hierdie man "intrigue" my), maar
ek voel asof ek nie die kloutjie by die oor kan bring nie.... "Nick, kan ek jou net 'n paar vrae vra. Ek is deurmekaar. Waarom, en hoe het jy by my uitgekom om spesifiek dit te vra? Ek meen, ek is mos nie 'n
besigheidsman nie. Vertel my net bietjie meer van jouself?"
Nick lyk vir 'n oomblik ongemaklik, maar kyk my dan reguit in die oë,
en antwoord: "Meneer, ek het die stukkie gelees wat u in Pretoria News geskryf het, die stukkie oor "Abilities and Responsibilities". ( Ek onthou die stukkie. Ek skryf een maal 'n week 'n kort stukkie wat dan as deel van 'n vriend se onderneming se advertensie geplaas word.)
Hy praat verder. "In daardie stukkie skryf u dat elke mens sekere
"abilities" het, maar dat dit ook beteken jy het "responsibilities". En
ander mense het daaardie selfde verantwoordelikheid om ander se vermoëns te erken." Ek knik instemmend terwyl ek terugdink aan die stukkie. Nick sluk aan sy koffie, en praat verder. "Ek het baie nagedink daaroor, en het begin wonder hoe ek sou weet wat dan my roeping werklik is, en hoe ek dit sou kon onderskei van die selfsugtige begeerte om byvoorbeeld net geld te maak."
"Het jy ander hieroor gevra... ek bedoel, jy het seker met ander mense ook gesels?" wou ek weet. "Ek het probeer, meneer, maar..." hy huiwer, kyk my in die oë. Dit voel vir my asof hy probeer peil of hy maar mag sê wat hy dink. Ek knik om hom gerus te stel. Hy gaan voort: "... meneer, die ding is, ken meneer kerke?" Sy vraag gooi my effe. "Ek dink so, Nick. Waarom?" "Meneer, kerke... of liewer, die meeste kerke, het tralies om. En ken meneer pastore en dominees?" Ek antwoord nie... wag dat hy self antwoord. "Pastore en dominees is baie besig, meneer. Hul het nie tyd vir gesels nie, veral nie as jy nie 'n lidmaat is daar by hulle plek nie." "Nou Nick, wat van jou pastoor of dominee Dan?" vra ek. "Nee meneer." Hy sluk weer sy koffie. "Meneer, kan ek maar eerlik wees?" "Asseblief Nick."
"Meneer, eintlik het ek 'n probleem gehad vir lank. Vir 18 jaar lank.
Ek was 'n alkoholis. En vir die laaste 8 jaar was ek op straat."
Skielik maak die prentjie van die man by die trappe, met die enkele
sak in sy hand, vir my sin... "Maar so maand of wat gelede het 'n ding met my gebeur. Op straat bedel ons mos maar. En ek het gebedel vir ietsie by iemand, daar by die Uniegeboue. Die man vra toe vir my of hy vir my kan bid. Christene doen dit, ons ken hulle al. Hulle wil vir jou bid eers, voor hul jou iets gee. So ons laat dit toe. Hulle bid ook almal min of meer dieselfde. Hul bid dat die Here jou siel sal red, en hulle bid dat ons van die drank verlos sal word.
Daar is al honderde kere vir my siel gebid. Ek het honderde kere sogenaamde 'oorgawes' gemaak. Bid net agter hul aan. Nooit  verstaan wat dit beteken nie, maar ek sorg net dat ek hartseer en ernstig lyk, en dan gaan hul baie opgewonde daar weg. Afgetick in hul boeke. Daar is ook al honderde kere gebid dat die drank my sal los, en ek die drank sal los. Sodra hul egter weg is, haal ons die bottels uit en drink verder..." Die kelnerin onderbreek ons vir nog koffie. Sy los ook spyskaarte op die tafel. "Wil jy iets eet, Nick?" vra ek. "Nee wat meneer, dis reg. Net koffie." Ek besef dat ek iets moet vra. "Nick, wanneer laas het jy geeet?" Hy kyk af. "So drie dae gelede, meneer." Ek is stil. My siel staan stil. My gedagtes ook.
"Kom ons eet iets", sê ek. Nick blaai versigtig deur die spyskaart.
"Ek gaan steak en chips eet. Vir jou ook?" Hy knik dadelik sy kop. "Ja baie dankie." Ons bestel, en ek vra hom om verder te vertel. "Die man bid toe vir my, maar hy bid nie soos die ander nie. Hy bid
verkeerd." "Verkeerd?" vra ek. "Ja, hy bid nie vir my siel nie. Ook nie vir my dronk lyf nie. Ek was half dronk, maar ek kon hoor hy bid anders. Hy bid dat die Here my moet genees van my depressie. Toe hy dit sê, toe kyk ek hom skeef. En toe hy klaar is, toe sê ek vir hom: "U het verkeerd gebid. Ek's nie depresief nie." Maar hy het net geglimlag en dit daar gelaat. Toe is hy daar weg. En ek het verder gaan drink." "Die volgende oggend het ek wakker geword, en nie dadelik lus gevoel vir drink nie. Maar dit gebeur soms. Eers later die oggend het ek agtergekom dat ek steeds nie lus het vir enige drank nie. Dit was vreemd. Maar ek het geweet dit sal verander as ek bewerig gaan begin raak, die middag se kant. Maar die middag, en die aand, het gekom, en die bewerigheid het nie gekom nie. Die ander het my vreemd aangekyk dat ek nie gedrink het nie. Ek het nie
geweet wat aangaan nie. Vir die eerste keer in 18 jaar het ek gaan slaap sonder dat ek die dag enige alkohol gedrink het..." "Die volgende oggend was die lus steeds weg. En vir die eerste keer in
jare was ek werklik nugter, en kon ek nugter dink. En ek het gedink, en gedink, en gedink. Oor myself, my verlede, my toekoms, oor God."
Die kos kom, en ek kan sien Nick is effe oorweldig deur die groot
T-Been in sy bord. Terwyl ons eet vertel, Nick verder: "Ek het besef dat die gebed die vorige dag werklik my genees het van alkoholisme. Ek wou nuut begin. Ek wou God dien. Ek het besef dat daar 'n
paar dinge is wat drasties sal moet verander in my lewe. Eerstens moes ek ophou bedel. En as mens nie bedel nie, lei jy honger." Hy eet heerlik tussendeur die gesels aan die steak, en ek besef net weer hoe maklik dit vir my was om dit te bestel, en hoe lanklaas ek werklik honger was. Ek het begin werk soek. Vaste werk. Werk met 'n toekoms. Maar dit bestaan skaars. Tussendeur was jy 'n kar, of sny jy iemand se gras. Maar werk is daar nie. Veral nie as mens Kleurling is nie... want ons is min hier in Pretoria, en die swartes vertrou jou nie, en die witmense ook nie. Dis toe dat ek na die Staatsbiblioteek toe is, om die koerante te begin deursoek vir werksgeleenthede... enige geleenthede. Daar het ek aan die
sjokolade-besigheid idee gekom. En daar het ek die stukkie gelees wat u geskryf het." "Nick, jy het begin om te verwys dat dit moeilik was om by kerke uit te kom?" vra ek. "Ja, meneer, ek kom nou juis by daardie deel van die verhaal. Nadat ek aan die sjokolade idee in die koerant gekom het, het ek dit begin navors. Ek het selfs Johannesburg toe geryloop en self met die vrou daar gaan gesels.
Sy het my als gewys en verduidelik. Maar ek het nie net koerant gelees in die Biblioteek nie. Ek het die Bybel gelees ook. En ek het baie vrae gehad. Baie. Soos die een oor my roeping... wat God met my sou wou maak, noudat Hy my genees het. Hoe hy my kon gebruik. Hoe ek 'n verskil kon maak aan ander, en my lewe op koers kon kry." Die kelnerin kom haal ons borde. Nick is nie klaar nie. Hy eet stadig. Ek kry 'n SMS. Dis Rethea. "Leef jy nog?" vra sy. Ek antwoord eenvoudig met 'n J simbool. "Die kerke het tralies om, meneer. Dis veral baie moeilik as mens regtig net wil raad vra. Hul gee kos, klere soms. Baie probeer help, maar so as 'outreach'. Hul wil nie gesels nie. Hul het nie tyd nie. Vir raad lyk dit my, moet jy afsprake maak, en lidmate kry nogals voorkeur. "So kom ek by een kerk daar in die stad, en ek lui die interkom by die hek. 'n Vrou antwoord. 'Kan ek asseblief met 'n pastoor of 'n counsellor praat?' vra ek haar. "'Soek jy kos?' vra sy my. "'Nee, ek vra vir 'n pastoor of 'n counsellor. Ek soek raad.' "'Soek jy berading?' "'Nee, mevrou, net raad.' "'Man, hier is niemand wat jou kan help daarmee nie!'
"Voordat ek dink wat ek sê, vra ek haar toe: 'Maar kan ek dan met
Jesus Christus praat, 'seblief?' "Vies antwoord sy: 'Man, moenie laf wees nie! Hy's nie hier nie.....' "Meneer, toe ek daar wegstap, toe besef ek, sy is reg. Hy is nie daar nie." Nick is klaar geëet. Ek is regtig aangeraak deur sy verhaal sover. Hy neem 'n slukkie van sy koeldrank. "Nick, hoekom het jy juis besluit om my te kontak, net na aanleiding van daardie kort beriggie?" Hy glimlag, en bly 'n rukkie stil.
"Saans, daar op straat, is daar 'n roetine. Ons kom bymekaar en deel
wat ons het om te eet, en wat ons drink. Hier by sewe uur raak dit stil, en draai iemand die radio harder. Dan luister ons almal nuus. En net na die nuus, luister ons na ons dominee. Stephan Joubert, van die 'ekerk', se hul altyd. Ons geniet die man se gesels oor God, want dis asof hy met ons praat. Baie keer bespreek ons dit na die tyd, so deur die gedrinkery deur, totdat die drank begin praat. Ons wonder ook oor die 'ekerk'. Toe sê iemand een aand dis nie 'n regtige kerk nie, dis 'n internet kerk." Ek is verstom, want nooit het ek gedink mense op straat luister intensioneel na die aand oordenking nie. Wys jou net my vooropgestelde idees...
"Nou, ek weet nie van hoe 'n internet kerk kan werk nie, maar toe ek
die stukkie lees, toe sien ek u naam daar staan, en en sien daar staan 'ekerk' by. En ek besef, dis ons dominee se internet kerk. En dit tref my! As dit 'n kerk sonder geboue is, is dit net dalk 'n kerk sonder tralies. En miskien het daardie ouens tyd vir luister. Dalk kan iemand daar vir my raad gee..."
:::::::::::::::::::::::::::::
Nick Stander is sederdien ons gesin se gas in ons huis. Intussen het
hy klere, 'n selfoon en 'n skootrekenaar gekry by verskeie mense aan wie ek sy storie vertel het. En ons by Ekerk het besluit om met hom 'n pad te stap om sy talente te help ontdek, en hom op te lei in iets waarmee hy werklik tot die lewe van produktiwiteit kan terugkeer. Ons sal sien waarheen dit lei... maar ons glo aan verhoudinge as die vertrekpunt vir enige hulp. Aan vriendskap. Nie aan "hit & run" uitreike nie. Die stories wat Nick saans aan tafel vertel, is ongelooflik. Anderdag sê ek vir Rethea dat die kinders meer by hom geleer het al, as wat enige Sondagskool klas ooit sou kon. En ek. Ek leer daagliks by die man. Ons het sommer vinnig werklik vriende geword. 'n Paar dae nadat hy by ons kom bly het, sê hy eendag vir my: "Dries, wat my lewe verander is nie die dinge wat
julle vir my doen of vir my gee nie. Ek waardeer dit ongelooflik baie. Maar wat my elke keer soos 'n tsoenami tref, is dat julle my van die eerste oomblik af in liefde ontvang het, en hoe jul my sonder rede vertrou het. Baie mens het my al probeer help, en ek was gewoonlik te dronk om iets met daardie hulp te maak. Maar niemand het my nog ooit vertrou nie. Julle neem my, 'n vreemdeling, van die straat af in jul huis. Dit maak nie sin nie." Toe verduidelik ek vir hom dit wat Stephan Joubert altyd na verwys as "veilige heiliges". En dat dit meestal 'n term is waaroor ons almal instemmend glimlag as hy dit noem. Maar dat dit nie werklik ons lewens prakties raak nie. Dit klink net mooi en oulik... en reg. Want ek het besef, ek en my gesin is ook 'n kerk agter tralies. En ek is ook te besig vir mense met stories en verhale. En dat hy my weer die geleentheid gegee het om die
evangelie te herontdek as die gevaarlike boodskap wat dit is. En dat die Here hom gebruik om ons gesin se lewe te verander...

Jul 20, 2010

What is happening in your story?

I have been reading “Million miles in a Thousand years” by Donald Miller and it got me thinking? In his book he tells the story how one of his earlier books was made into a movie. The book was about his life. When they started the movie script he was confronted with the question: “How many memorable stories did he have?” The type of story that people would sit and watch. If they have to make a movie about my or your life would it be a slow moving movie or would their be scenes where people would actually want to sit and watch. One of the perquisites is that it must be something worthwhile, funny, adventures or painful. A really good story has something of everything.

I have realised that really good stories seldom just happen, you have to dream, you have to go out there and make them happen. If you settle for an ordinary life you will be rewarded with a boring life. If you go for daring you would be ALIFE. What is the things holding us back? Spending to much time doing nothing, having no goals,  only taking on things that we know are in our reach. If I look back at my life it is filled with wonderful adventures. I did my special forces training, did my doctoral, lived and worked on the streets for 2 and a half years.  Got married and went through a painful divorce. Got married again and have a wonderful family. I am blessed in the ministry that I really enjoy. Got my provincial colours in rugby and pool. Did a epic tour through Africa with my three sons in the beginning of the year. Drove 3600km on bikes through South Africa. There are many things I did – what am I doing?

I dream about going to see the polar bears in the wild, about going into Africa with my camera and my family. Teaching pastors in Angola. But to live this extraordinary life I have to make some changes to what people see as normal. I have to get of my bud! Loose some weight, get fit and prioritise! This week I am going to sit with my family and dream about worthwhile stories. What is your dreams and what are you going to do about it.

For inspiration read the book by Donald Miller but choose your story otherwise you will end up wasting a good story.

Jul 8, 2010

Laat God jou verander . . . wil jy?

Onthou jy nog die animasie kleikaraktertjie, Morph, wat so uit die potloodhouer geklim het? Ek het my altyd verwonder aan die kleimannetjie wat deur “sy skepper”, Tony Hart, deur verskillende vorme aan ons bekendgestel is. Ek kon myself verwonder aan aan wat Tony Hart met die bolletjie klei kon regkry.

So staan ek ook in verwondering oor God – Hoe Hy mense verander. Dit bly vir my een van die grooste wonders om te sien hoe God mense nuut maak. God lap niks. God maak nie heel nie. God maak nuut! Die opstellers van die Dordtse Leerreëls, een van ons belydenisskrifte, se verwondering oor God se werk in mense hoor jy duidelik in hul formuleringe: “Hy dring . . . in tot die binneste dele van die mens met die kragtige werking van die wederbarende Gees; Hy open die hart wat gesluit is; Hy vermurwe wat hard is; Hy maak dat die wil wat dood was, lewe; wat boos was, goed word; wat nie wou nie, nou inderdaad wil; wat weerspannig was, gehoorsaam word”. Paulus verwoord dit so mooi in 2 Kor 5:17 - Elkeen wat aan Christus behoort, is ’n splinternuwe mens; ’n nuwe skepping in die kleine.

Op Sondag, 18 Julie, begin ons met ‘n nuwe reeks tydens al die eredienste: Laat God jou verander . . . wil jy? Ons gaan met die reeks die Bybelboek, Romeine, as ons basisteks gebruik. Die brief aan die mense in Rome laat ‘n mens in verwondering staan oor God wat mense verander, soveel so, dat mense op grond van Sy groot ontferming, hulself kom gee as lewende en heilige offers vir die Here Rom 12:1. God se hand wat na my uitgesteek word, doen iets aan my – ek wil diensbaar raak vir God. Anders gestel: Die genade van God is wel onverdiend, maar dit is nie gratis nie: Die oproep van Christus: Volg MY, eis gehoorsaamheid! Om maar net vergiffenis van sonde sondermeer te verkondig, is om God se gade goedkoop te maak. Nee God se genade maak ons nuut: Dit laat ons anders leef: dit beïnvloed ons denke; dit laat ons diensbaar wees in God se koninkryk met die gawes wa Hy aan elkeen van ons gegee het; dit laat ons met ander oë na mekaar en ander mense kyk; dit laat my word wat God sê dat ek is!

Die teks en temas vir dié tyd is:
18 Jul - ‘n Kragtige verandering - Rom 1:1-17
25 Jul - Waarom verander? - Rom 3:21-31
1 Aug - Vrug van verandering - Rom 5:1-11
8 Aug - Dood vir die sonde, maar lewend vir God - Rom 6:1-14
15 Aug - Mense met sonde - Rom 7:1-25
22 Aug - ‘n Ander lewe deur die Gees - Rom 8:1-7
29 Aug - Niks kan my skei van die liefde van Christus - Rom 8:31-39
5 Sept - Verander vir ander - Rom 10:5-17
12 Sept - Laat God julle verander - Rom 12:1-8)
19 Sept - God se liefde verander ons menswees - Rom 12:9-21
26 Sept - Maak die sirkel groter - Rom 14:1-23
3 Okt - Die evangelie is vir alle mense - Rom 15:1-13

Terwyl ons met die reeks oor verandering besig is, gaan die kerkgebou ook deur ‘n veranderingsproses sodat ons kinders beter bedien kan word; ons voor en na eredienste lekker kan saamkuier; en ‘n meer geskikte plek vir ons meditaiewe eredienste, klein begrafnisse en huweliksbevestigings kan hê.

Laat God ons verander . . . wil jy? Ek wil graag deur God verander word!

Jul 4, 2010

Jesus Manifesto: Leonard Sweet & Frank Viola

First published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/06/jesus-manifesto-leonard-sweet-frank.html

This is one of the best books I have read in my life. Not because of all the new insights but because of the central truth. This is much more than a book but an outpouring of love for Jesus.
The truth is, I agree with perhaps 90% of the book–especially the central thrust–that Jesus Christ is a living and active presence here and now–and that we, by extension, are called to manifest Jesus' presence into the world. This idea might seem like a "no duh" to many Christians. However, as the authors point out, "the reality and experience of an indwelling Lord has been almost lost to the Christian faith."
Jesus Manifesto serves as a helpful reminder that Jesus isn't some long-dead sage who showed us a new way to live. Nor is he a theologically abstract principle or idea. One needn't look too long to see that most of Christianity assumes a sort of deadness to Christianity–that it is a religion of principles laid out by someone who is no longer present. This has certainly been my own experience of Christianity, for the most part.
Rather, Jesus dwells in us and, therefore, the important question isn't "What would Jesus do?" but "What is Christ doing through me…through us? And how is He doing it?"

There are huge implications to such a shift in our thinking. If being the embodiment to Christ to the world is much more than simply living out good principles, then all bets are off. Our faith becomes a terrifyingly beautiful journey with Christ in the world.
Since Christ's abiding presence in his Church is central to our life together, Frank and Len set out to challenge those things that set themselves as the engine for our faith…like conservative morality, church growth, miracles, movement-building, social justice, evangelism, leadership principles, prosperity, spiritual warfare, systematic theology, etc.

Christians have made the gospel about so many things—things other than Christ. Religious concepts, ideas, doctrines, strategies, methods, techniques, programs, and formulas have all eclipsed the beauty, the glory, and the reality of the Lord Jesus Himself. On the whole, the Christian family today is starved for a real experience of the living Christ. We know a lot about our Lord, but we don't know Him very well. We know a lot about trying to be like Jesus, but very little about living by His indwelling life. "Jesus Manifesto" presents a fresh unveiling of Jesus as not only Savior and Lord, but as so much more. It is a prophetic call to restore the supremacy and sovereignty of Christ in a world—and a church—that has lost sight of Him. Read this book and see your Lord like you've never seen Him before.
ABOUT THE AUTHORS
LEONARD SWEET occupies the Chair of Evangelism at Drew University in NJ and weekly contributes to sermons.com and a podcast, "Napkin Scribbles." He is a Distinguished Visiting Professor at George Fox University and has authored numerous articles, sermons, and forty books.
Len's Website: www.LeonardSweet.com
Len's Twitter: http://twitter.com/lensweet
FRANK VIOLA is a best-selling author, international conference speaker, and church planter. His books include Reimagining Church,The Untold Story of the New Testament Church,Pagan Christianity (with George Barna), Finding Organic Church, and the best-selling From Eternity to Here.
Frank's Website: www.FrankViola.com
Frank's Blog: www.frankviola.wordpress.com

Church without an Edge!

By Paul Barnard as first published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/06/church-without-edge.html

Last night I couldn’t sleep. I sat up past the early morning hours I usually hit the sack. In my time with God I was extremely aware of the fact that we have become a ‘safe’ church. Safe not in a good sense, but in the sense that we are working on our structures every possible moment. We want to make sure we have everything under control! 
Al we talk about is structures, busy defining ourselves en redefining. The question is not what would Jesus do, rather the question is: What is Jesus doing? How much time would Jesus spend building Church structures, making sure everything is documented, clinical correct.

When I look around me I see Jesus reaching out with love to those who do not deserve it. The program driven church of the West evaluate success by the number of people involved in their programs or the overall experience of people in the congregation. We have highly successful churches according to ourselves, but alas there are so few people coming in from the outside making a decision to follow Christ. We look to leaders who are modelling Christ to us. A Christ sitting in meetings and programs, teaching the same people different fads over years and yet each time, proclaiming how wonderful it is.
For us to be Church with a Edge we need to be outside in the world and to model a Christ living grace and mercy. If we want to train people in the congregations to follow Christ we have to be living examples in the community we live in. This is not a program but a living example of a life of love. This can only be done if we are willing to bow our knees before the living God and realise that it is not our Church, but the body of the living God. We made the Church a wonderful organisation, neat, tidy and a place where we are always in control. With all our rules and dogma we are making it difficult for those on the inside and the truth is that those on the outside doesn’t even stand a chance. We could never be in control of the body of Christ, Christ alone is in control.
If we look at the early church we see a dynamic community, who prayed together, read the word of God together, ate together and then made a difference where they went. We want to make Church(congregation) much more than it need to be. We are so busy keeping people so occupied with al the ‘Church’ work, meetings and programs that the real Church does not have time to make a difference there where Jesus is at work in the world.
Church with an Edge is a Church who realise that they are nothing if they are not with Christ Jesus the Lord.
What would happen if all the leaders we have in the church commit themselves to be in the world every day making a small difference where there is a opportunity while proclaiming the gospel of Jesus Christ? We would see people coming to the Lord, needs being med and people in congregation inspired to go out and do the same. Who would miss all the meetings and programs when the world comes to Christ? We must lead people to Christ and give them a loving community where they are loved rather than a lot of programs, courses and dogma.
To be Church with an Edge I believe that we must realise that the power base we claim for ourselves are false. That the importance of our plans and programs are a illusion and that we must start to by a basic community of Christ again.
Lots of Love, few rules and Adoring Christ.

The more you judge the less you love.

By Paul Barnard as first published on http://paul-barnard.blogspot.com/2010/06/more-you-judge-less-you-love.html

In the church today we talk far to much about what is right and what is wrong and not nearly enough about love, grace and mercy. We must be careful of what we say about others, especially is we take the moral high ground. Christianity does not allow moral high ground it urges us to confess our sins! Don’t live the lie. When we hide our sins we tend to point to other people’s weak points and declare Sinners.
In Galatians 6 we read:

Brothers, if someone is caught in a sin, you who are spiritual should restore him gently. But watch yourself, or you also may be tempted. 2 Carry each other’s burdens, and in this way you will fulfill the law of Christ. 3 If anyone thinks he is something when he is nothing, he deceives himself. 4 Each one should test his own actions. Then he can take pride in himself, without comparing himself to somebody else, 5 for each one should carry his own load. 6 Anyone who receives instruction in the word must share all good things with his instructor. 7 Do not be deceived: God cannot be mocked. A man reaps what he sows. 8 The one who sows to please his sinful nature, from that nature will reap destruction; the one who sows to please the Spirit, from the Spirit will reap eternal life.

We are only there to help restore the fallen brother and then gently! The major part of the teaching urges us to look at our own lives. To test our own actions WITHOUT comparing it to others. Is does not depend on how others treat me. My actions are born out of my relationship with Jesus Christ and is not a mere reaction.
When I live a life where I am pointing fingers to others even if they were pointing fingers to me first then I am missing the point. I can not judge other people I can only look at my own life. To live a life where you judge others while you are taking the moral high ground is to mock Christ Jesus according to this scripture.  When we live the lie we try to smear the character of those who point to our sins. We try to get people on our side by telling stories behind their backs.
We need confess our sins, we need to confess our weakness and we need to embrace the other sinners. We need to bring grace to those who judge us and mercy to those who confess their sins. But most of all we need to rejoice in the forgiveness of Jesus Christ.