Oct 29, 2009

Suurstof maskers vir ouers

Het jy al ooit in die vliegtuig gesit en luister na die lugwaardin wat vir jou al die reels deergee voor opstyg? Dit is alles sulke voor die hand liggende dinge wat hulle vir jou sê, jy sien hoe knik koppe inskiklik en dan ewe skielik is dit asof die helfte van die koppe stywe nekke gekry het. Wat het sy nou kwyt geraak?



Kliek hier om die video te sien


In haar pragtige “matter of fact” stem het sy gesê: “In die geval van ’n noodgeval sal die suurstof masker vanself uitval. Met ’n skerp plug trek die masker na jou gesig en plaas dit oor jou neus en mond. Vir volwassenes maak eers seker dat jou masker veilig op is voordat jy probeer om jou kind of ander kinders te help”


Met ’n glimlag op my gesig en ’n stywe nek dink ek. “IS JY MAL!?” In ’n noodgeval gaan ek eerste sorg dat my kind suurstof het. En jy moet versigtig wees as jy naby my kind sit want ek sit sommer jou masker ook vir hom op!


Al die ander persone wat die stywe nek sindroom ontwikkel het is ook ouers. Vir ’n ouer kom dit redelik natuurlik dat jy jouself sal prysgee net solank een van jou kindertjies nie iets oorkom nie. Dit is juis hierdie natuurlike instink wat maak dat ons kinders gevaar loop om soms seer kry. In die geval van ’n vliegtuig noodgeval as die ouer nie dadelik hulle eie suurstofmasker opsit nie, kan hulle bewussyn verloor terwyl hulle probeer om hulle kinders te help. Dan kan die kind en ouer doodgaan. Indien die ouer eers hulle eie masker opsit sal hulle beheer kan neem van die situasie en hulle kinders kan help.


Dit gebeur baie keer dan dat ons so besig is om seker te maak dat ons kinders alles het wat hulle nodig het dat ons nie meer na onsself kyk nie. Ouers en veral enkel ouers wat opoffer en opoffer en opoffer totdat hulle geestelike en emosionele suurstof klaar is. Dat hulle naderhand ingee en nie meer hulp kan wees vir hulle kinders nie.


Talle male as ons betrokke raak by gesinne of dit nou enkel-ouer gesinne is of gesinne met twee ouers waar dit regtig sleg en moeilik gaan met die kinders, kom ons agter dit gaan net so sleg en moeilik met die ouers. Almal goeie mense, maar stukkende mense! Baie keer kan ons nie regtig met die kind ’n sinvolle pad begin stap voordat ons die ouer\ouers se situasie aanspreek nie. Ons moet die ouer\ouers eers help om hulle suurstofmasker op te sit voordat ons by die kind kan uitkom.


Heel dikwels gebeur dit op die heel eenvoudigste vlak eerste. Ouer\ouers wat eenvoudig emosioneel, geestelik en fisies uitgeput is. Veral enkel-ouers kry hier baie swaar omdat hulle ALLES moet doen en daar nie ek-tyd is nie kom hulle partymaal net op ’n plek waar hulle leeg is. Om nou in terapie met hulle weg te val terwyl die emosionele kapassiteit nie daar is nie, is nie net onproduktief nie, maar eenvoudig wreed.


Daarom is die belangrikste ding wat jy in so 'n situasie kan doen om te bid. Om liefde te gee en soms die groot geestelike ding te doen om te baby-sit op gereelde basis sodat hierdie ouers\s net kan volmaak.


Ons gaan ook by die Helderhoekie een keer 'n week 'n enkel-ouer asemskep hou. 'n Geleentheid waar enkel ouers saam kan ontspan, kuier en sommer net fliek terwyl hulle kinders kans kry om lekker te speel en te ontspan. Daar gaan ook 'n lekker saambraai en saam eet geleentheid wees.


Indien jy graag betrokke wil raak by hierdie tipe bediening skakel gerus vir Paul Barnard


Hoe kan ons ouers help wat sukkel, wat oorlaai is. Het jy enige voorstelle?

Oct 28, 2009

Bike-brekvis Nommer 2

Dankie vir die wat saam was op ons eerste bike-brekvis en al die kommentaar wat ek van julle terug ontvang het. Dit het vir my net so ongelooflik baie beteken. Vir die wat dit gemis het ek is jammer vir julle, maar daar is ‘n groot aanvraag vir die volgende bike-brekvis. Een van CMAsa (Christian Motorcycle assos) se leiers gaan heel moontlik ook saam met ons die geleentheid meemaak. Ons kyk om hierdie keer bietjie meer binneland toe te ry. Nader aan die tyd sal ons die bestemming bekend maak. Indien jy enige voorstelle het is jy welkom om my te laat weet. Laat weet ook indien jy weer saamgaan dit sal ons help om seker te maak dat ons genoeg plek bespreek. Jy is ook welkom om al jou vriende te nooi.

Ons gaan soos die vorige keer weer kyk om om te stop en die diens te hou en dan van daar die laaste skof te ry en iewers te eet.

Hierdie keer wil ons die schooters en kleiner fietse kans gee om dit eerste gedeelte tot en met die diens mee te maak. Hulle gaan dus reeds 7:30 by die kerk vetrek en ons dan kry by die venue waar die diens gaan wees. Ons gaan soos die vorige keer 08:00 by die kerk vetrek. Ek sien nogal uit na die rit want dit is die dag wat ek die groot VEERTIG word, 22 November.

Hoop om julle daar te sien

Groete

Paul

Oct 26, 2009

Hier is Sondag se dienste. Gee asb vir ons terugvoer.

Oct 19, 2009

Sondag het ons die 13 diens in die reeks oor Dissipelskap beleef. Hier is die link na die dienste. Gee asb vir ons kommentaar. Wat uit hierdie gedeeltes het jou getref. In watter mate beleef julle maskers in ons gemeenskap\gemeente by jouself? Wat kan ons doen om ons maskers af te haal?

Oct 18, 2009

Erediens gesprek 21 Oktober

Ons praat die laaste tyd baie oor die eredienste. Daar is ook baie kommentaar uit verskillende oorde. Ons weet egter dat daar altyd geleentheid vir groei is, en as dit nodig is om dinge heeltemal te verander. Dit is egter vir ons belangrik om op hierdie pad van geloofsonderskeiding saam met soveel gelowiges as moontlik te praat, bid en dink oor die pad van ons eredienste voorentoe. Indien jy 'n behoefte het om iets te deel met ons oor jou gedagtes van die eredienste is die eerste prys vir ons dat jy die geleentheid sal bywoon Woensdag 21 Oktober. Die tweede prys sal wees dat jy deel sal neem aan die gesprek op die blog gedurende die tyd 19:00- Die derde prys sal wees as jy solank jou gedagtes hier met ons deel dan kan ons dit saam vat na die bespreking.

Bid asb saam met ons vir hierdie saak.

Leiers as Reisgenote

Share


Die beste is seker dat ek hierdie bydrae met ‘n presoonlike verhaal begin. Ek was 16 jaar oud en het teen daardie tyd al vir ‘n geruime tyd ervaar dat ek geroep word vir die bediening. Daar was egter te veel twyfels en onsekerhede wat in my rondgeloop het om positief op die reoping te reageer. In daardie tyd het ons Leraar- ds Fanie Liebenberg- een Sondag oor ‘n teks gepreek en min of meer die volgende gesê: Gemeente ek preek vanoggend oor hierdie teks, maar ek is onseker of ek die teks verstaan, eintlik weet eke k verstaan die teks nie heeltemal nie, maar gaan tog probeer om te vertel wat die teks met my gedoen het.


Hoekom is daar nou weer so ‘n opkoms van ‘n behoefte aan predikante wat soos “ware dominees van ouds” dinge gaan regmaak? (kodetaal vir die kerk vol preek en almal getrou besoek sodat hulle weer meelewende lidmate sal word) In een gemeente het hulle baie moeite gedoen om ‘n profiel vir ‘n Leraar op te stel en toe hulle die beroep moes uitbring- die eerste beste Leraar gekies wat darem lyk asof hy ons gaan bedien soos ‘n dominee van ouds- heel teenstrydig met die profiel wat opgestel is. Jaco Hamman skryf is sy uitstekende boek: When the Steeples Cry leading congregations through loss and change, dat gemeentes wat in tye van groot verandering leef en daarom dikwels verliese ervaar, genieg is om te soek na ‘n “dominant other” met wie hulle in ‘n onderhandeling gaan om om die situasie op ‘n wonderbaarlike manier vir hulle te kom beredder.

Die dominante leier word dan getaak om die gemeente te red van hulle onsekerhede, ongemak en diep ervarings van verliese. Nodeloos om te sê, die dominante leier kan nie namens die gemeente die noodsaaklike rouproses deurloop nie en is daarom uiteindelik gedoem om te misluk. Indien hulle die rol van dominante leier aanvaar- en vir baie van ons is dit ‘n byna onmoontlike veroeking om te weerstaan- weerhou hulle reddingsaksie die gemeente eintlik daarvan om as gemeenskap deur die onseker, pynlike maar helende proses van verliesverwerking te gaan. Ja weerhou hulle die gemeente van 'n dieper en wonderlike pad wat hulle met die Here sou kon loop, as om net mar weer 'n "suksesvolle"gemeente te wees.


Hoeveel keer het ek dit nie al in my werk met gemeentes ervaar dat so ‘n nuwe dominee of leier aanvanklik baie nuwe energie losmaak, die gemeente hoop gee, om dan op ‘n onverklaarbare manier vas te loop in ‘n muur van negatiewe emosie en dikwels irrasionele gedrag. Dan kruisig ‘n gemeente dikwels ‘n Leraar wanneer hyof sy die dinge kom doen waarvoor hulle hom of har beroep het.


Die rede is natuurlik dat die dominante leier nie namens die gemeente deur die pyn van die rouproses kan gaan nie, maar die gemeente moet begelei om self deur die pyn van verlies en rou te werk en so genees te wqrd.

Daarom sê Jaco Hamman terreg moet ons eerder significant others wees. Reisgenote wat saam met die gemeente deur die verliese werk die woestyn van onsekerheid betree om in die woestyn saam ‘n nuwe verstaan van God, onsself, die kerk en die koninkryk te ontvang. Nie probleemoplossers, of orators wat met one-liners die waarheid in mense se kele afdruk terwyl hulle eintlik in diep emosies van rou gedompel is nie. Maar reisgenote wat saam met die gemeente na binne kan reis in die donker kamers van ons onsekerheid, Wat met deernis maar besilstheid nie toelaat dat die reis vervlak in een of ander bedienings pynstiller wat ons weer hoop moet gee nie, maar wat in afhankliheid van die Gees bly glo dat die gemeenskap van die gelowiges deur die Woord en Gees gelei kan word tot ‘n nuwe seflverstaan. Jaco gee ‘n interessante lysie van wat so ‘n reisgenoot leier doen:

‘n Reisgenoot leier in teenstelling met ‘n dominerende leier

  • Respekteer die emosies van die geloofsgemeenskap- eerder as om te fokus op wat hulle behoort te dink
  • Beskik oom nuuskierige kreatiwiteit- eerder as om ‘n ekspert kommunikator te wees
  • Leer van en met ander- eerder as om hulle te leer
  • Stap langs mense- eerder as voor hulle
  • Ontdek die gawe van heilige stilte- eerder as om die stilte vul met ‘n eindelose gekwetter van woorde
  • Getuig in respek van die stryd van ander- eerder as om net oor hulle eie ervarings te praat
  • Respekteer onsekerheid en wanorde- eerder as om oplossings te soek


As ek reg onthou het die gemeente nie veel van Fanie se preek gedink nie- hoe kan ‘n dominee dan onseker wees? Maar 35 jaar later is hier iemand wat vanaand skryf en nie die preek onthou nie, maar die leier wat ‘n reisgenoot was op die regte oomblik op die regte tyd en so my lewe onherroeplik verander het. Wat my laat dink dat dominerende leierskap meestal vir ons as leiers in die kerk ‘n versoeking is en nie ‘n roeping nie. Immers dit is hoe ek toenemend die man van Nasaret verstaan.

Op daardie oomblik het ek geweet- dit kan ek doen, so kan ek predikant wees, en het ek bewend maar oortuig my ouers ingelig van my besluit. Ek het vir lank hiervan vergeet totdat ek ontlangs met ‘n reeks gemeentes te doen gehad het wat op soek is na leraars wat alles weet en dinge weer kan regmaak. Ek het in my gesprekke met die leraars agterkom dat hulle ook maar eintlik net eerlik die evangelie wil bring en leef soos wat hulle te ken en beleef, maar nie toegelaat word om so saam met die gemeente op reis te wees nie- of so ervaar hulle dit altans.

Oct 11, 2009

Eredienste 2009-10-11 Dissipels bid met volharding

Ek het net weer opnuut besef hoe bevoorreg ek is om deel uit te kan maak van 'n gemeente waar mense vir mekaar lief is. Hier is die link na die verskillende dienste van Sondag. Gee asb vir ons terugvoer.

Ek wil ook van hierdie geleentheid gebruik maak om vir jou te bid.

"Here dankie dat ons die voorreg het om U te mag leer ken. Help ons dat ons iets sal begryp van U liefde vir ons. Hulp ons dat U passie en liefde ons bewus sal maak van mense wat stukkend en verlore is. Heilige Gees kom skep in ons die intense begeerte om U te ken"

Oct 9, 2009

Musiek

“If Bach continues to play that way, the organ will be ruined in 2 years or most of the congregation will be deaf” Employers of J.S. Bach


Some complaining members of the Arnstadt Council, Bach's employers, as quoted in Ian Croften and Donald Fraser, A Dictionary of Musical Quotations (New York: Schirmer Books, 1985), 11.

Ons gemeente is gelukkig dat ons 'n toegewyde span het wat ons begelei. Wat is jou behoeftes as dit kom by lofprysing en aanbidding? Watter liedere help jou om in God se teenwoordigheid te kom en wat verhinder jou. Hoe kan ons as gemeente groei in ons aanbidding?

Oct 6, 2009

Eredienste nou beskikbaar op die webwerf


Ons het ons eerste poging Sondag aand gehad om die dienste beskikbaar te stel op ons webwerf. Luister gerus daarna en deel jou idees daarvan. Kyk gerus ook na die familiebediening webwerf. http://www.hgf.co.za/preke/53-aanddienste/143-dissipelskap

Passie en God

Passie: ’n Jongmens bestaan uit Passie!

Passion – the state of loving something enough to suffer for it – is what puts the crucified Christ at the centre of our work with young people, and therefore is what makes our work ministry and not something else.

Een ding wat in die middel staan van die kerk sowel as die jongmense is passie. Die begeerte om iets so lief te hê dat jy bereid is om jou lewe daarvoor af te lê,maar ook dat iemand anders my so lief het. Die taak vir die kerk is om ’n manier te kry om die passie van Jesus Christus en die passie van die jongmense bymekaar uit te bring.

Passion is not about suffering, but about love worthy of suffering. The objection of Christian faith is not to suffer as Christ suffers, but to love as Christ loves…Christian faith lives from the suffering of a great passion, and is itself the passion for life which is prepared for suffering.

Jongmense verstaan passie en die lewe as ’n alles of niks beginsel! Passie het egter altyd sekere vereistes:

1. Passie het altyd ’n liggaam

2. Passie is absoluut noodsaaklik as dit kom by ons identiteit as kerk en mense.

3. Passie dui op ons menslike behoefte aan die bonatuurlike

4. ’n Kurrikulum vir passie in die jeugbediening kan gevind word in die Christen gemeenskap.

Passie het altyd ’n liggaam.

Passion is messy. It does not lend itself to spiritualising our relationship with God or with anybody else, for that matter. Passion is embodied love, and embodied love always responds viscerally, behaviourally, interpersonally.

Mense wat ’n passie vir ’n saak het herken gewoonlik dat daar ’n persoon is wat hierdie saak vir hulle personifiseer, hy/sy word dan ook dikwels die fokus van die saak . Letterlik word hulle die liggaam waarin die passie gedemonstreer word.

Die kerk is dan ook die liggaam wat God gebruik om Sy passie vir die wêreld ’n realiteit te maak. As ons met die jongmense werk moet ons nie vra “wat” nie maar “wie”. Dit gaan nie soseer wat ons met hulle doen nie, maar veel eerder wie Jesus Christus is. Of hulle Jesus Christus in jou lewe kan sien! Dit kan slegs plaasvind as ons wegdoen met program georiënteerde bedienings en beweeg na verhouding georiënteerde bedienings. Jeugbediening wat gekenmerk word deur passie kan beter beskryf word as geïnkarneerde bediening eerder as 'n verhouding bediening vir twee redes.

Almal kan in verhoudinge staan, maar slegs God kan geïnkarneer word. Die meeste van ons het iemand in ons lewens gehad wat “vleis en bene” aan God se liefde vir ons gesit het. Daarom kan ons mense onthou wat ’n indruk op ons lewens gemaak het, ons kan nie noodwendig onthou wat hulle gesê het nie. Dit is omdat God nie deur programme werk nie, maar deur mense. Een van die belangrikste dinge in adolessensie is ’n vriendskap met ’n volwassene wat iets in die jongmense se lewens sien wat hulle nie noodwendig sien nie. Die teenwoordigheid van ’n volwassene waarna ’n jongmens kan opkyk in sy tiener jare is die enkele mees belangrike faktor wat bepaal of hy ’n geloof van sy eie ontwikkel.

Die tweede rede waarom ons eerder nie praat van ’n verhouding bediening nie is dat die doel daarvan nie is om verhoudinge daar te stel nie. Dit is belangrik dat daar verhoudinge is, maar dit is nie hoekom die jeugbediening verhouding georiënteerd is nie. Die bediening is ’n verhouding georiënteerd as gevolg van die jongmense nie, maar as gevolg van wie God is. God is ’n verhouding, Vader, Seun en Heilige Gees. Dit beteken nie dat die leier die inkarnasie van God is nie, hy plaas slegs vleis en bene aan die belewenis van God. Ons is soos Johannes die doper, ons berei slegs die pad voor, maar ons besef duidelik dat Jesus Christus die Here is en nie ons nie.

Die gevolge van passie wat uitgeleef word deur ’n persoon of kerk is dat geloof ’n antwoord is op hierdie passie. Wanneer geloof passie vol is dan doen ons dinge wat ons nie gewoonlik sou doen nie. Passie voel soos lewe en dood vir ’n jongmens. Daarom is dit belangrik dat jongmense Jesus Christus se passie in die kerk beleef.

Passie is absoluut noodsaaklik as dit kom by ons identiteit as kerk en mense.

Elke jongmens het iemand nodig om lief te hê, dit is slegs in hierdie verhoudinge waar hulle identiteit kan bou. ’n Verhouding is ’n plek waar ek terugvoer kry oor wie ek is! Daarom is maats van die eie ouderdom so belangrik, deur hulle kan ek sien wie is ek. Agter elke verhouding staan passie. Die is nie net om te hoort nie, maar die behoefte aan liefde waarvoor ek alles sal gee.

Jongmense kan nie sonder spieëls klaar kom nie, want hulle het gedurig nodig om te sien wie hulle is. Nog belangriker is om te sien wie hulle maats dink hulle is en wie grootmense dink hulle is. Hulle aanvaar hierdie beeld ook baie maklik en maak dit nog meer deel van hulle lewens. As die kerk nie ’n rol speel in die jongmense se lewe nie gaan hulle, hulle identiteit vorm sonder om in ag te neem wie hulle in die oë van God is. Slegs in God se oë is dit moontlik om te sien wie ons werklik is.

In die ontwikkeling van die jongmense is daar veral twee dinge wat noodsaaklik is vir die vorming van hulle identiteit:

Betroubaarheid: Erik Erikson het gesê betroubaarheid is om absoluut eerlik te wees teenoor iets of iemand, die krag om te sterf vir iets. Om van jongmens tot volwassene oor te gaan volgens Erikson is dit noodsaaklik om iemand te ervaar wat eerlik is ten opsigte van die self. Voordat ’n jongmense

· betroubaar kan wees moes iemand eers daar vir hom/haar gewees het. Jy kan dit nie vir iemand leer nie, hulle moet dit aanvaar.

· Dit op sigself is nie genoeg vir jongmense nie, hulle het iets nodig wat bestaan waaraan hulle getrou kan wees. Betroubaarheid gaan dus hand aan hand met ideologie, want dit rig ons tot iets buite onsself. Dit vind hulle in gemeenskappe in wie se lewens daar betekenis is. Die feit dat betroubaarheid nie kan bestaan as iemand dit nie eers teenoor ons geopenbaar het nie word opgevang daarin dat Jesus Christus aan die kruis vir ons gesterf het dat Hy ons so lief het. Die gemeenskap van gelowiges bied die plek waar die ideologie uitgeleef word. Die jongmense is veronderstel om iets van hierdie passie in die geloofs gemeenskap te sien. I

Is ons kerk werklik ’n geloofsgemeenskap waar die jongmense dit kan ervaar?

PASSIE DUI OP ONS MENSLIKE BEHOEFTE AAN DIE BONATUURLIKE

Verandering noodsaak die bonatuurlike.

Unlike drives and instincts, passion points us toward a three-dimensional relationally that represents the core of human identity. We are not only defined in relationship to ourselves and to other people, but we are especially defined by our relationship with a god. Identity cannot exist except in relationship to the transcendent – which means that adolescents in search of identity are really in search of a god, an ideology worthy of their fidelity. We come to terms with our place in the lifecycle and our role in culture and cosmos by coming to grips with the gods in our lives.

So maklik kan ’n jongmens verby die ware God gaan omdat ons nie ons rol vertolk soos God dit van ons vra nie. Passie dryf ons na ’n verhouding wat meer is as bloot maar net ’n menslike verhouding. Jongmense probeer gode soos hulle skoene probeer, hulle laat die skoene agter wat te klein is. Instinktief volg hulle passie. Die vraag is dus nie “glo jy in God nie”, maar “in watter God glo jy?”. Wat is die maatstaf waarmee jongmense meet as dit by ’n god kom? “Did it move me?” Jongmense wil hierdie beweging ervaar, hulle wil iewers heen op pad wees en hoe vinniger hoe beter.

But equally important is being moved existentially: the ecstasy of celebration, the mysteries of orgasm, the deep awe of worship.

Jongmense word emosioneel beweeg deur musiek konserte maar nie deur die kerk nie, daarom is die musiek wêreld vir die jongmense baie belangriker as die kerk se wêreld. Hoeveel keer lees ons in die Bybel dat Jesus Christus passie gehad het vir die mense dat dit Hom emosioneel geraak het. Hoekom is dit afwesig in die kerk?

’n Kurrikulum vir passie in die jeugbediening kan gevind word in die Christen gemeenskap.

Passie in die liggaam van Christus asook in die liggame van jongmense is gegrond in liefde. Passie beïnvloed wat die liggaam doen uit liefde vir ander/Ander. Dit wat die kerk doen as liggaam van God, dui nie net op ons passie nie, maar liefde vir God. Hierdie dinge wat ons doen vorm ’n kurrikulum vir passie, dit is juis hier waar die jongmense die passie van God moet ervaar.

As ons deel word van ’n geloofs gemeenskap en saamdoen ervaar ons iets van hierdie passie en bring dit sin aan ons lewe. Daarom is dit belangrik dat jongmense meedoen, getuig, bid saam sing ens. Dan gebeur dit dat ons jongmense verhoed om aan van hierdie dinge mee te doen as gevolg van doktrine. Of ander het hierdie dinge wat ons doen soos sakramente waar ons juis die passie van God moet beleef, slegs ’n vorm geword wat nie meer regtig inhoud het nie.

’n Ander groot probleem is dat die jeugbediening nie werklik deel uitmaak van die kerk in geheel nie en dan nooit werklik hierdie passie as deel van die kerk ervaar nie.

By ghettoizing youth into age-segregated clubs, youth have been perceived as tangential to the mission of the church rather than as participants in it.

Jongmense kan slegs die vraag “Wie dink julle is EK” antwoord as hulle deel uitmaak van die geloofs gemeenskap, dit help nie dat hulle so betrokke is by ’n jeugbediening dat hulle nooit blootgestel word aan die geloofs gemeenskap nie. ’n Navorsing in Australië het gewys dat jongmense wat by die eredienste maar nie by die sondagskool betrokke is nie in meer gevalle deel van die kerk sal bly as die wat by die sondagskool was, maar nie by die kerk nie.

The church has the potential – and indeed, the mandate – to be a “community of passion” which invites youth into practices, which point to a passionate God. If Christianity is to be a passionate faith, then we have no choice but to take seriously the passions of adolescence which come to us raw and which point us to the one Passion by which human identity is transformed.

Youth ministry enhances the personal growth of individual teenagers, encourages healthy relationships within the church community, and facilitates their growth in faith.

Oct 1, 2009

“Bike-Brekvis”


Aan al die gelukkige Christene(Die met motorfietse), op Sondag 18 Oktober gaan ons 'n breakfastrun vanaf ons kerk hou. Ons gaan so 'n bietjie deur die mooi kaap ry. Ons vertrek 08:00 vanaf die parkeer area langs die kerk en gaan die pragtige pad langs die see af ry: Rooi Els, Pringlebaai, Bettiesbaai, Kleinmond tot in Hermanus. Ons gaan op pad na Hermanus by die Harold Porter Nationale Botaniese tuin stop vir ons erediens (dieselfde tema as wat by ons ander eredienste die oggend hanteer word). Ons gaan sommer gemaklik op die grasperke in die tuin sit en so saam ons diens hou in die natuur. Dan is op pad na Hermanus. By Hermanus gaan daar ook geleentheid wees vir saam kuier, eet en walvisse terg. Ons is reeds opgewonde oor die reaksie en die hoeveelheid navrae. As jy jou gesin wil deelmaak is hulle welkom om agter ons aan te ry met motors of ons te kry by die Botaniese tuine en dan weer in Hermanus. Vir die sonder motorfietse Hardley Davidson en ander huur motorfietse uit vir een dag. Kostes is jou eie petrolgeld, en sorg vir jou eie kos. As jy wil saamgaan kontak asb Paul Barnard by 0823749520 of e-pos hom by paul@nghelder.co.za.

Ons wil ‘n motorfietsbedienig groep vir ons gemeente op die been bring wat so 'n geleentheid ten minste een maal per kwartaal sal reël. Dit is ook die ideale manier om vriende saam te nooi wat jy nie noodwendig die vrymoedigheid het om saam na 'n gewone erediens te nooi nie.

.

Leierskap

Die afgelope tyd dink ek nogal baie oor leierskap. Daar is baie boeke en menings maar baie van hierdie teorie het die kerk meer seer gemaak as gehelp. Op ‘n stadium was dit ‘n groot ding dat die kerk soos ‘n besigheid bestuur moet word, dat predikate eintlik die CEO’s geword het van hulle gemeentes. Dit is egter begrippe wat vreemd was en is vir die Bybel. Ons sien dat wêreld wyd mense soek na kerkwees waar hulle tuishoort.

Een van hierdie bewegings staan bekend as die “Organic Church” Hierdie groep het heeltemal uit die kerk beweeg en vorm spontane groepe waar hulle kerk is vir mekaar. Ek dink daar is baie waarde in die dinge wat hulle sê, maar ook baie gevaar. Baie van hulle het juis seergekry in die kerk waar “excellence” en “brilliance” nagejaag is. Wat alles, goed – beter – beste moes gewees het. Mense wat moeg was en gesoek het na ‘n plek waar hulle hoort, vertroos, bemoedig en in die teenwoordigheid van God kon kom. In plaas daarvan moes hulle presteer om te hoort, moes hulle maskers opsit en vertel hoe goed dit gaan, moes hulle DOEN.

Die een leier skryf vir my dat hy nooit weer kans sien om deel uit te maak van georganiseerde kerk nie. Dat hy ‘n behoefte het aan aanbidding eerder as denominasie. Dat hy nie weer kans sien om “Spiritual Heroes” te volg nie. Dat hy Christus in eenvoud wil volg.

Baie van wat hy sê kan ek meer identifiseer. Dit bring my terug by leierskap. Ek dink dat jy die gevaar loop om binne en buite die georganiseerde kerk agter verkeerde leiers te kan aanloop. Mense loop vir ‘n rukkie agter fantastiese leiers aan, maar word moeg. Mense het ‘n behoefte aan mense wat omgee. Mense wat eg is – mense wat bereid is om op gelyke vlak te soek na antwoorde, om saam te aanbid. My uitgangspunt is: people will follow brilliant leaders, but they are drawn to broken people who simply live Christ. You can choose to have followers or real people close to you. Lord help me to live my brokenness.

Hebr. 10

19Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, 20en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. 21En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, 22laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ’n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. 23Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. 24Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.[1]

Hoe sien jy leierskap in die kerk? Hoe sien jy leierskap in ons kerk?