Oct 28, 2009

Bike-brekvis Nommer 2

Dankie vir die wat saam was op ons eerste bike-brekvis en al die kommentaar wat ek van julle terug ontvang het. Dit het vir my net so ongelooflik baie beteken. Vir die wat dit gemis het ek is jammer vir julle, maar daar is ‘n groot aanvraag vir die volgende bike-brekvis. Een van CMAsa (Christian Motorcycle assos) se leiers gaan heel moontlik ook saam met ons die geleentheid meemaak. Ons kyk om hierdie keer bietjie meer binneland toe te ry. Nader aan die tyd sal ons die bestemming bekend maak. Indien jy enige voorstelle het is jy welkom om my te laat weet. Laat weet ook indien jy weer saamgaan dit sal ons help om seker te maak dat ons genoeg plek bespreek. Jy is ook welkom om al jou vriende te nooi.

Ons gaan soos die vorige keer weer kyk om om te stop en die diens te hou en dan van daar die laaste skof te ry en iewers te eet.

Hierdie keer wil ons die schooters en kleiner fietse kans gee om dit eerste gedeelte tot en met die diens mee te maak. Hulle gaan dus reeds 7:30 by die kerk vetrek en ons dan kry by die venue waar die diens gaan wees. Ons gaan soos die vorige keer 08:00 by die kerk vetrek. Ek sien nogal uit na die rit want dit is die dag wat ek die groot VEERTIG word, 22 November.

Hoop om julle daar te sien

Groete

Paul

5 comments:

  1. Dit klink lekker. Sien uit daarna.

    ReplyDelete
  2. Kerk, Lekker Kerk

    ReplyDelete
  3. Dankie vir hierdie wonderlike inisiatief!

    ReplyDelete
  4. Ek self is al opgewonde en uit die reaksie wat ek tot dusver gekry het lyk dit of ons 'n groot groep gaan wees.

    ReplyDelete
  5. Paul het jy al 'n "sidecar" opgespoor. Ek wil ook saam of gaan dit gebruik word om al die koek saam te karwei?

    ReplyDelete