Nov 26, 2009

Wat het ons geleer het die afgelope paar jaar

Ons as kerk het die afgelope paar jaar die volgende dinge agtergekom wat besig is om te gebeur.

1. Ons verstaan van kerk het geskyf van wie is die kerk na wie is God. Dit gaan nie oor ons as kerk nie, maar oor wat God besig om te doen.

2. Van idees oor God na die pad wat ons saam met God loop.

3. Ons besef dat ons as kerk beweeg het van ‘n plek van mag na ‘n plek van broosheid.

4. Ons het wegbeweeg na ‘n soeke van God in die buitegewonde na ‘n God wat ‘n werklikheid is in die alledaagse.

5. Ons het wegbeweeg van ‘n plek van waar ons alles weet na ‘n plek waar ons bely dat ons God volg, bereid om alles te verander wat ons dink is seker is.

Ons besef dat ons as gelowiges nie net individualisties kan funksioneer nie, maar dat ons deel is van die liggaam van Christus. Die liggaam dan nie net noodwendig die NG Kerk nie, maar die hele kerk van God oor kerkgrense heen.

Nov 7, 2009

Kerkwees?

Louis het die volgende boodskap, video en artikel vir ons aangestuur. Ek dink dit is baie relevant en sal graag julle opinie hieroor wil hoor.

Onderstaande het my laat begin dink oor waaroor gaan kerk werklik. Luister gerus na die liedjie van Blackie Swart, kerkstraat. Hier is 'n groot uitdaging vir ons en ek glo dat dit julle as leeraars verseker ver buite julle 'comfort zones' gaan vat. Maar wat gaan ons doen en waar gaan ons begin en hoe gaan ons dit doen? Hierdie is 'n aanklag teen ons as kerk wat nie gaan verdwyn nie en ons behoort spoedig daaraan aandag te gee.

Ek bid vir julle as geestelike leiers en vra dat Vader julle sal seën en julle grondgebied sal uitbrei en julle sal weerhou van die aanslae van die bose.

Seënwense

Louis Smit

Raak Geluister op Youtube

Right-click here to download pictures. To help protect your privacy, Outlook prevented automatic download of this picture from the Internet.
video pic
YouTube - Blackie Swart - Kerkstraat (kliek op foto om te luister)

Raak Gelees in Beeld

Bron: Beeld - ‘Wat sou Jesus gedoen het?’ - 2009-09-29 23:09

Die onderstaande artikel van Ds. Strydom, direkteur van ECHO Jeugontwikkeling, 'n organisasie wat uitreik na jongmense in nood in die Mootgebied, is in Beeld gepubliseer. Hy is ook deeltyds betrokke by die NG gemeente Villieria.

Wêreldwyd is kerke groot eiendomsbesitters. Dis ook in Suid-Afrika die geval. Ds. Jaco Strydom meen kerke moet hul goed verkoop en aan die armes gee.
Biskop Paul Verryn van die Metodistekerk het nou die dag by ’n konferensie oor teologie in Johannesburg gesê dat die kerk in Suid-Afrika waarskynlik net soveel eiendom soos die staat besit en bygevoeg: “And we all know what Jesus would have done with that!”
Die laaste tyd het ek aan ’n hele paar kerk-ooms gevra waarom dit nodig is dat gemeentes sulke groot bedrae geld in beleggings moet hê. Hul antwoord was dat dit sekuriteit is vir die moontlike maer jare wat voorlê; ’n belegging in die toekoms van die kerk.
Dit is dalk nie ’n slegte sakebeginsel nie, maar dit is baie swak teologie.
’n Belegging in die voortbestaan van die kerk moet onderskei word van ’n belegging in die voortbestaan van kerkstrukture en kerkgeboue.
As ons Paulus met ’n tydmasjien kon in-beam en aan hom sê dat daardie gebou met die toring ’n kerk is, sou hy ons eenvoudig nie glo nie.
Kerk sonder geboue
Die vroeë kerk het goed gewerk sonder baie van die strukture, geboue en geldelike sekuriteit waaraan ons vandag so vasklou. Hul grootste bates was juis hul mobiliteit en waagmoed.
Ons groot probleem vandag is dat ons te swaar reis en te veilig probeer speel. Te veel bagasie maak ’n mens lomp en stadig. Materiële sekuriteit kan ’n mens dalk baie veilig laat voel, maar dit span dikwels ook jou grense.
In Europa is daar vandag heelwat voorbeelde van “kerke” sonder mense (nie omdat die geld opgeraak het nie...).
Die geboue en strukture is al wat nog staan. As die mense weg is, moet die kerk mos eintlik ook ophou bestaan? Want die kerk ís mense.
Daar is niks fout met ’n kerk wat ryk is nie, maar wel met een wat ryk bly. Wanneer die kerk met geld, eiendomme en ander gawes geseën word en selfsugtig daarmee werk, is daar fout.
Baie gemeentes het miljoene
Jy lees dalk nou hier en verstaan glad nie waarom ek so tekere gaan nie. Min mense weet dit, maar baie gemeentes het behalwe vir ’n klomp
eiendomme letterlik miljoene rande in die een of ander belegging (ek het onlangs weer gehoor van drie gemeentes met beleggings van tussen R2 miljoen en R6 miljoen elk).
Ek is seker dat baie finansiële voorsitters se bloed kook omdat dit hier uitgelap word – min dinge is heiliger in die kerk as geld.
Gaan vra ’n bietjie aan jou dominee hoe groot is jul gemeente se finansiële beleggings en hou sy reaksie dop (natuurlik is daar ook vandag baie gemeentes wat geldelik swaar trek - wat dit nog erger maak dat sekere gemeentes met miljoene rande in ekstra geld sit en hulself net verder verryk).
Voorstelle vir ryk gemeentes
Hier is ’n paar praktiese voorstelle vir ryk gemeentes:

  • Verkoop jou goed en gee die geld aan die armes. Dalk kan gemeentes en sinodes lidmate wys hoe!
  • As dit te veel gevra is, belê dan eerder jou gemeente se geld in eiendomme. Rig dit in as laekoste-behuisingsprojekte (of gratis behuisingsprojekte?) eerder as om dit in die bank of geldmark te sit waar dit niks te doen het met die kerk se kernsaak nie. Let wel, die idee is nie om geld te maak uit mense in nood nie.
  • Neem ’n besluit om meer as 50% van die gemeente se inkomste buite die gemeente te bestee.
  • Kry die armste mense in die gemeente om in die finansiële kommissie te dien.
  • Vat die eiendomskommissie op ’n uitreik. Laat hulle byvoorbeeld een aand saam met die straatkinders buite of in ’n skuiling vir haweloses slaap.
  • Gee aan elke gemeentelid ’n afskrif van al die gemeente se finansiële state (en beleggings!) - en skryf boaan: “Ek was honger en julle het my iets gegee om te eet, dors en julle het my iets gegee om te drink, ’n vreemdeling en julle het my gehuisves.”
  • Moedig gemeentelede aan om hul geld sommer regstreeks aan die armes te gee – en nie via die kerkstrukture nie.

Bring hoop
Die bring van hoop is die kerk se kernsaak.
’n Mens kan baie diep teologies daaroor raak, maar die vraag is nie soseer hoe ons daaroor praat nie, maar eerder wat ons doen met wat ons het.
Die verhaal word vertel van ’n man wat ’n masjien ontwerp het wat teen ’n ongelooflike spoed ghries kon vervaardig.
“Waar is al die ghries?” vra ’n joernalis by die bekendstelling van die nuwe masjien. Die ingenieur antwoord rooi in die gesig dat die masjien, weens al die wrywing en hoë temperatuur waarteen hy moet werk, al die ghries wat hy kan vervaardig self weer nodig het om net aan die gang te bly.
Dit is ook die storie van baie kerke vandag. Die kerk se geboue, administrasie, strukture en vergaderings gebruik dikwels so geweldig baie energie, geld en mannekrag dat daar maar min oorbly vir die uiteindelike doel waarvoor dit alles aanvanklik veronderstel was om te gaan - en dan word dit wat wel oorbly in die bank gebêre?!
Daar word die laaste tyd baie gepraat oor die morele verval in ons land, gewoonlik met verwysing na ’n toename in seksuele losbandigheid,
alkoholmisbruik en bedrog.
Sondes van kerkmense
Vir my is een van die grootste morele krisisse van ons tyd nie soseer die sondes van die tradisionele “sondaars” nie, maar die sondes van kerkmense. As jy gemaklik kerk hou met ’n paar miljoen rand veilig in die bank (en ’n boodskap van liefde verkondig!) terwyl daar grootskaalse werkloosheid en armoede oral om jou is, is dit ’n saak van reuse-immoraliteit.
Vandag word ons vir die eerste keer werklik gekonfronteer met die besef dat te veel rykdom ’n groter bedreiging inhou vir onder meer die ekologie as te veel armoede.
’n Klomp groen wetenskaplikes het somme gemaak en besef dat dit nie in die eerste plek die verskriklike armoede en ekonomiese verval is wat die welsyn van die wêreld bedreig nie, maar eerder die moontlikheid van grootskaalse ekonomiese vooruitgang. Ontwikkeling in veral lande soos Indië en China dreig om op ’n ekologiese ramp af te stuur.
Miskien is dit ook tyd om ’n bietjie eerlik in die spieël te kyk na die effek van rykdom op die kerk.
Dalk is een van die grootste uitdagings van die kerk vandag nie net om uit te reik na die armes nie, maar om arm te wees saam met die armes. Miskien is die koste te groot?
’n Kerk wat veiligheid vir haar voortbestaan in finansiële beleggings vind, is ’n ongelowige kerk.
’n Kerk wat miljoene rande belê en elke dag verby mense in nood ry, is ’n liefdelose kerk.
“Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie - hoe kan die liefde van God in hom wees?” (1 Johannes 3:17).
’n Beter belegging in die voortbestaan van die kerk is ’n belegging van hoop in die lewens van mense in nood.
(Ds. Strydom is direkteur van ECHO Jeugontwikkeling, 'n organisasie wat uitreik na jongmense in nood in die Mootgebied. Hy is ook deeltyds betrokke by die NG gemeente Villieria.)
Bron: Beeld - ‘Wat sou Jesus gedoen het?’ - 2009-09-29 23:09

Dankie Louis dat jy hierdie artikel op ons tafel sit.

Nov 2, 2009

Hebreërs: Ons nuwe reeks

Ons begin Sondag 8 November met ons nuwe reeks uit Hebreërs. Lees solank die boek Hebreërs drie of vier keer deur. Die boodskap vir ons as kerk is vandag net so relevant. Om jou lus te maak hier is 'n uitreksel van Thomas Long

Thomas Long:

The Preacher is not preaching into a vacuum; he is addressing a real and urgent pastoral problem, one that seems astonishingly contemporary. His congregation is exhausted. They are tired – tired of serving the world, tired of worship, tired of Christian education, tired of being peculiar and whispered about in society, tired of the spiritual struggle, tired of trying to keep their prayer life going, tired even of Jesus. Their hands droop and their knees are weak (12:12), attendance is down at church (10:25), and they are losing confidence. The threat to this congregation is not that they are charging off in the wrong direction; they do not have enough energy to charge off anywhere. The threat here is that, worn down and worn out, they will drop their end of the rope and drift away. Tired of walking the walk, many of them are considering taking a walk, leaving the community and falling away from the faith.

We recognize the problem, of course, but the Preacher’s response may astound us. What is most striking about Hebrews is that the Preacher, faced with the pastoral problem of spiritual weariness, is bold enough, maybe brash enough, to think that christology and preaching are the answers. The Preacher does not appeal to group dynamics, conflict management techniques, reorganization of the mission structures, or snappy worship services. Rather, he preaches – preaches to the congregation in complex theological terms about the nature and meaning of Jesus Christ.