Nov 2, 2009

Hebreërs: Ons nuwe reeks

Ons begin Sondag 8 November met ons nuwe reeks uit Hebreërs. Lees solank die boek Hebreërs drie of vier keer deur. Die boodskap vir ons as kerk is vandag net so relevant. Om jou lus te maak hier is 'n uitreksel van Thomas Long

Thomas Long:

The Preacher is not preaching into a vacuum; he is addressing a real and urgent pastoral problem, one that seems astonishingly contemporary. His congregation is exhausted. They are tired – tired of serving the world, tired of worship, tired of Christian education, tired of being peculiar and whispered about in society, tired of the spiritual struggle, tired of trying to keep their prayer life going, tired even of Jesus. Their hands droop and their knees are weak (12:12), attendance is down at church (10:25), and they are losing confidence. The threat to this congregation is not that they are charging off in the wrong direction; they do not have enough energy to charge off anywhere. The threat here is that, worn down and worn out, they will drop their end of the rope and drift away. Tired of walking the walk, many of them are considering taking a walk, leaving the community and falling away from the faith.

We recognize the problem, of course, but the Preacher’s response may astound us. What is most striking about Hebrews is that the Preacher, faced with the pastoral problem of spiritual weariness, is bold enough, maybe brash enough, to think that christology and preaching are the answers. The Preacher does not appeal to group dynamics, conflict management techniques, reorganization of the mission structures, or snappy worship services. Rather, he preaches – preaches to the congregation in complex theological terms about the nature and meaning of Jesus Christ.

6 comments:

  1. Anonymous3/11/09 17:15

    Ek het Heb reeds een keer deur gelees baie dinge wat ek nie verstaan nie. Sien uit na die reeks

    ReplyDelete
  2. Anonymous3/11/09 23:17

    Ek het eintlik nogals besef dat Heb een van die boeke in die Nuwe Testament is wat ek nog die minste deurgelees het. Ek sukkel self ook om mooi te verstaan wat daar staan en hoe om dit te lees. Ek is egter baie opgewonde om saam met julle deur die boek te werk en regtig myself oop te stel vir wat daar staan.

    Hierdie stuk van Thomas Long het my baie aangegryp omdat ek verseker al op baie tye so gevoel het. Dit is regtig sleg om soms werklik moeg te voel en nie altyd te weet waar om die energie te kry nie. Ek sien uit om deur hierdie reeks net saam met ander te erken dat ek soms moeg is en te weet dat dit ook okay is. Meer nog, om te weet waar my Krag le.

    Laastens wil ek graag deel dat ons as kerkraad ook vanaand Heb 1 behandel het in ons vergadering en van die volgende dinge is raakgelees in die stuk:
    - God praat met ons op baie maniere en baie keer. Meer nog Hy praat met ons deur Jesus!
    - Hier is 'n bewuswording van Christus se grootheid! Sien vers 5 se "Hy hou alles dinge deur sy magswoord in stand".
    - Christus is verewig (vs 8), bly staan (vs 11), bly dieselfde (vs 12)
    - Lees ook Ef 1

    Dalk kan die ander byvoeg wat ek nou alles vergeet, maar ek het gedink ek wil sommer 'n paar gedagtes losmaak voor Sondag.

    Ons bespreek ook Maandagaande die volgende Sondag se teks by die aanddiens beplanningsvergadering. Sit asb vrae of kommentaar oor die teks op die blog. Dit sal lekker wees as ons saam hiermee "worstel". Ek het verseker baie vrae!! Dis duidelik Grieks vir my - lol

    Groete
    Linka Basson

    ReplyDelete
  3. Anonymous4/11/09 09:25

    Ons spring Sondag weg met die reeks, en ek wil Sondagoggend by die informele diens geleentheid gee vir getuienisse van mense wat die soort ding waarvan Thomas Long praat aan hulle lyf voel. Ons is stukkende mense en het Jesus baie nodig. As ons maak of alles in plek en maklik is by ons, ontmoedig ons ander gelowiges. As ons egter iets van ons gebrokenheid kan deel en iets van die desperaatheid waarmee ons soms maar aan die Here Jesus moet vasklou, help ons ander omdat hulle dan weet: ek is nie alleen nie. Ek sal bly wees as van julle die ander so kan bedien Sondagoggend.
    Breda

    ReplyDelete
  4. Ds Paul dankie vir Sondag se informele diens dit was wonderlik. Dit is so lekker om jou daar te sien. Ons omgeegroep het gister aand getuig dat God hulle regtig aangespreek het. Ons maak seker dat ons in die kerk is as jou naam op die afkondigings is.

    ReplyDelete
  5. Hebreers is 'n wonderlike boek - dit connect die Ou en Nuwe Testament. Eerskomende Sondag is Hebr 3 aan die orde. Die tema vir Sondagaand is: 'n Besef van wat ons mis . . . Sondag, 29 November, Hebr 4 aan die orde en die tema is: Jesus gee rus. Op daardie Sondag is dit ook nagmaal en ek kan aan geen beter teks vir nagmaal dink nie. Ek stoei nogal met Hebr 4 oor wat/wie ons "rus" van ons wegneem/steel? Jesus gee vir ons rus en tog leef ons met 'n onrustigheid. Dink so 'n bietjie saam met my hieroor.

    ReplyDelete
  6. Hallo Hannes

    Ek wonder of ons nie baie keer ons eie rus steel nie. Dit is soms asof ek self aan die jaag is al is daar tye van stilword. Asof ek te bang is om in rus in te gaan, want ek is bang vir wat ek dan dalk mag vind?? En in 'n wereld waar ek die heeltyd moet presteer en gee, weet ek nie regtig hoe om rus te ontvang nie.

    Net 'n gedagte...

    Groete
    Linka

    ReplyDelete