Jun 13, 2009

Daar is ‘n probleem met al die gepraat oor geestelike groei in die kerk: Ons roep mekaar op om te groei, maar ons weet nie mooi wat ’n mens moet doen sodat dit gebeur nie. Ons weet die Heilige Gees help ons om te groei, maar wat verwag Hy van ons? En wanneer ons dinge doen wat, na ons wete, mense help om geestelik te groei, weet ons nie mooi hoe om dit te doen op gesonde maniere nie. Daarom doen ons op die oomblik in die gemeente ’n kort reeks oor geestelike groei en dissiplines. Dit loop egter die gevaar om net nog woorde oor geestelike groei te wees wat op niks uitloop nie. Daarom plaas ons ’n lêer met inligting oor geestelike dissiplines op die webblad, met praktiese inligting van hoe dit werk en ’n aantal dissiplines, wat ons mettertyd gaan aanvul. Ons maak ook ’n blog oop om ons ervarings te bespreek, sodat ons by mekaar kan leer op die pad wat die Here op hierdie manier met ons begin loop. Aanvaar die uitdaging om jouself deur die dissiplines oop te maak vir die werk van die Heilige Gees en neem gerus deel aan die blog.
Breda Ludik