Jun 13, 2009

Daar is ‘n probleem met al die gepraat oor geestelike groei in die kerk: Ons roep mekaar op om te groei, maar ons weet nie mooi wat ’n mens moet doen sodat dit gebeur nie. Ons weet die Heilige Gees help ons om te groei, maar wat verwag Hy van ons? En wanneer ons dinge doen wat, na ons wete, mense help om geestelik te groei, weet ons nie mooi hoe om dit te doen op gesonde maniere nie. Daarom doen ons op die oomblik in die gemeente ’n kort reeks oor geestelike groei en dissiplines. Dit loop egter die gevaar om net nog woorde oor geestelike groei te wees wat op niks uitloop nie. Daarom plaas ons ’n lêer met inligting oor geestelike dissiplines op die webblad, met praktiese inligting van hoe dit werk en ’n aantal dissiplines, wat ons mettertyd gaan aanvul. Ons maak ook ’n blog oop om ons ervarings te bespreek, sodat ons by mekaar kan leer op die pad wat die Here op hierdie manier met ons begin loop. Aanvaar die uitdaging om jouself deur die dissiplines oop te maak vir die werk van die Heilige Gees en neem gerus deel aan die blog.
Breda Ludik

5 comments:

  1. Anonymous21/6/09 11:29

    Hierdie reeks oor geestelike groei was besonders en baie nodig. Drie Sondae was te kort om reg daaraan te laat geskied. Jammer dat tyd jou vanoggend gevang het Breda, om aan al die gelyste dissiplines aandag te gee soos oa opskorting nl die weerhouding van opinies wat ek self met groot vrug begin beoefen het en ek vir die eerste keer werklik begin hoor het wat ander mense se. Dit sal wonderlik wees as ons in selgroepe/omgee/gebedsgroepe van hierdie praktyke begin oefen en toepas. Miskien is hulp in hierdie verband nodig en kan ons dink aan 'n werkswinkel oor bv skrifmeditasie/ Lectio Devina aangesien daar so baie lidmate is wat die meditatiewe dienste bywoon en groot verryking soos ekself daaruit kan put.Ons kan selfs daaraan dink om afgesien van jouself ook iemand soos Willem Nicol te betrek.
    Henri van Loggerenberg.

    ReplyDelete
  2. govert pauw6/7/09 10:39

    dagse julle, het nie baie gedink hieroor nie. net bietjie kom inloer, dink dis 'n great idee. weet nie of so baie mense dit sal gebruik nie, maar wat maak dit saak. dit sit ons aan die dink en praat. dankie daarvoor.
    sing ons nie baie sondae "its all about you, jesus" nie? ons probleem le in die verskil tussen wat ons se ons glo en wat ons werklik glo. wat ons doen wys wat ons glo. laat ek probeer verduidelik.
    kom ons gebruik rassisme as 'n voorbeeld. ek dink ons sal saamstem, dat wanneer ek rassisties optree, ek op daardie staduim vergeet wie jesus is en wat hy vir my gedoen het. daar is nie 'n manier wat ek lelik met iemand anders kan wees, as ek bewus is van wie jesus is en wat hy vir my gedoen het nie, as ek dit glo en verstaan nie.
    ons, ek in elk geval, sal se dit is wat ek glo.
    die vraag is nou: hoe tree jy op wanneer jy iemand sien wat rassisties is of optree of as jy dit self doen? ek weet nie van jou nie, maar ek en in die die kerk van die kansel af, spreek ons die probleem aan. ek se vir myself : hou op daarmee/ dis nie so erg nie/ gee net oor aan god hy sal dit uitsort. die laaste ding wat ons doen is om vir onsself die gospel te vertel, want ons glo nie die gospel/ christus is die oplossing nie.
    as jy nie geestelik groei nie is dit nie omdat jy nie genoeg bid of vas of wat ookal doen nie. jou probleem is jy bid niegenoeg omdat jy nie verstaan wie jesus is nie. jy maak nie tyd vir bybelstudie omdat jy nie weet wie god is nie, enige sonde se probleem is omdat jy nie vir god as god erken nie en die oplossing vir die probleem is jesus self en niks of niemand anders nie. a lack of passion vir jesus is nie die probleem nie, dis die simptoom van die probleem.
    die probleem is dat jy nie vir jesus ken nie.
    die oplossing: die gospel maw jesus self.
    groete govert

    ReplyDelete
  3. Jy is reg Govert.
    Geestelike groei begin by 'n verhouding, nie by truuks nie. En die verhouding kan net werk as ek twee goed verstaan: Wie God is en wie ek is.
    As ek dit reg verstaan, word ek opgewonde oor Jesus en begin ek droom oor 'n nog beter verhouding met hierdie God.
    Ongelukkig, selfs al verstaan ons wie God is, kry ons dit tog reg (hoe onverklaarbaar dit ookal is) om hierdie verhouding af te skeep. Dit is dan wanneer dissipline my help om van my kant af seker te maak ek doen moeite met die verhouding.

    Groetnis
    Danie

    ReplyDelete
  4. ek stem saam dan, solank ons die here trust en nie die dissipline nie. dit is hoekom paulus se 'werk jou heil uit met vrees en bewing omdat god in ons werk om te wil en te werk'.

    cheers dan, lekker om van jou te hoor.

    ReplyDelete
  5. Anonymous22/7/09 12:38

    Breda:
    Ek dink jy slaan die spyker op die kop, Govert. Die probleem met die manier waarop mense baiekeer dissiplines toepas is dat hulle die dissiplines vertrou as onfeilbare tegnieke in plaas daarvan dat hulle besef dat dit net God is wat 'n mens kan verander. Dissiplines maak net spasie oop sodat ek met God gekonfronteer kan word op verskillende maniere. Maar 'n mens kan hulle as 'n doel op sigself doen. Soos die Fariseers wat allerhande goed doen om 'n reputasie op te bou en om goed te voel oor hulself. Daar is allerhande verkeerde motiewe vir die doen van dissiplines. Jy kan selfs jou Bybel goed leer ken en baie ure in gebed spandeer. Maar as jy nie in die proses oopmaak vir God nie, gaan jy nie groei nie. Ek dink dit was Juan-Carlos Ortiz wat gese het, dan sit jy net gewig aan.

    Goed gaan!

    ReplyDelete