Aug 31, 2009

Ontspanning Pool, Tafeltennis en Darts

Ons is so besig met ernstige dinge dat ons party maal vergeet om te ontspan. Mekaar te leer ken en te ontspan. Daarom het ons begin met 'n interne kompetisie. POOL! Om deel te word kos R20. Dit sluit jou eie naam plaatjie in en die kans om die nommer 1 speler in die Kerk te wees. Die reels is as volg:
  1. Jy kan enige van die 5 spelers bo jou daag en indien jy eerste 5 wedstryde wen kan jy plek met hulle ruil. (Jy kan verniet in die Helderhoekie kom speel)
  2. Ons speel die nuwe reels
  3. Jy moet dit geniet.
As jy kiners het is jy welkom om hulle saam te bring daar is baie om te doen.

Die ranglys is tans:
  1. Paul "the Bible reader" Barnard
  2. Tom du Plessis
  3. Rynold Liebenberg
  4. Renier van Schalkwyk

Kontak Paul Barnard (0823749520) vir verdere inligting. Onthou om in pool teen 'n Ds te verloor is amper so sleg as om teen 'n Non in Darts te verloor.

Aug 27, 2009

Why People leave the Church

My vriend GUILLAUME SMIT HET HIERDIE ARTIKEL OP SY BLOG GESIT. eK DINK DIT IS SO WAAR. iS DIT BY ONS OOK SO.


David Hayward (The Naked Pastor) jotted down these observations after speaking to church leavers during his recent vacation. It's consistent with the findings of Alan Jamieson, in his book A Churchless Faith. Both David's remarks and Alan's book are worth thinking about.


On my vacation I met with many people who have left the church. They are people I know and love. So from the start I want to say that these are generalizations. I do realize others might have more positive things to say. But what I hear from the people I talk with is pretty consistent. This is not my opinion. I’m not making judgments. This is just what I hear:

  1. When they’ve been gone from church for a while and return they are all shocked by the strange lingo that people talk. It is a coded and getto-ized language that no one else understands but insiders.
  2. When they go back more than once, suddenly there is a huge feeling of expectation that weighs down on them. They know that if they commit at all, they are going to have to meet certain expectations.
  3. Although few admit it, shame is an important and powerful tool used to keep sins, weaknesses, struggles and differences concealed.
  4. One quickly learns that although indulgences ended officially many years ago, money is still an effective means to earn rank, privilege and allowances within a community.
  5. One discovers almost immediately what the belief system to be embraced is. Critical and inquisitive thinking is generally not welcomed.
  6. Although it is rarely ever explicit, competition and the disdain for other religions and even other churches percolates through the attitudes, language and actions of the community.
  7. Orientation, condition and status (examples: divorced, single mom, living together, gay, addict, etc.) are the equivalent of brands that are accepted or not.
  8. If you come and go, in the end no one really seems to notice or care.
  9. You are expected to grow only if it enables conformity.
  10. Even though, if you keep going, you feel you are being knitted into the community, there is a strange feeling that there is something conditional about your acceptance and membership.
  11. http://bit.ly/gSxXB

Aug 24, 2009

Sondag 23 Augustus het ons geleentheid gehad om te hoor dat God nie daar is vir ons verbruik nie, maar dat ons daar is om Hom te dien. Wat was jou ervaring van die diens.

Aug 19, 2009

Beplanning 2010

Dit is weer dié tyd van die jaar - ons kyk evaluerend terug en begin beplan vir 2010. Ons fokus tans (2009) op: Die begeleiding van die gemeente/lidmate
  • Om met 'n passie vir God te leef
  • Tot groter heling en versoening in verhoudings
  • Tot gasvryheid/openheid
  • Om te luister
  • Om hul roeping te ontdek of beter te vestaan en by dienslewering betrokke te raak.

Om te beplan vir 2010 wonder ek oor die volgende:

  • Help ons mekaar om 7-dag Christene te wees met dié fokusse?
  • Wat reken jy is tans die grootste uitdagings waarvoor die Here Helderberg Gemeente plaas?
  • Waarop dink jy moet Helderberg Gemeente fokus in 2010?

Dankie dat jy saam met my hieroor nadink, wonder en bid sodat ons as gemeente op dié dinge sal fokus wat ons sal help om te wees waartoe God ons roep/stuur.

Nuwe onderwerp

Reageer hier as jy enige nuwe onderwerp op die tafel wil plaas

Aug 18, 2009

Jeugbediening

Kan ons bietjie gesels oor die jeugbediening in ons gemeente? Word daar enigiets beplan as 'n evangelisasie kamp of uitreik na ons eie kinders wat nie betrokke is by die dienste wat juis vir hulle aangebied word nie. Dit is skokkend om te sien dat daar slegs 10 of 20 kinders in die tienerdienste sit. Ons eie kinders wil nie meer hierdie dienste bywoon nie. Nico Taljaard
16/8/09 18:09

Aug 10, 2009

Helderberg Leesverslag

Dit is baie interessant om te sien hoe lidmate Helderberg beleef. Gaan kyk gerus by die Helderberg Leesverslag hoe 20 lidmate 'n paar vrae oor die gemeente beantwoord. http://www.nghelder.co.za/LeesVerslag.htm Een ding is seker, ons is 'n verskeidenheid van mense, met 'n verskeidenheid van menings en behoeftes. Die verslag laat my met 'n positiewe gevoel. Ek is opgewonde oor die pad wat die Here met ons as gemeente loop. Hoe voel jy?

Aug 6, 2009

Gesels saam oor Sondag se eredienste

Eerskomende Sondag word die Woordbediening by al ons eredienste deur vroue hanteer. Ek dink dit is nogal iets om na uit te sien.

Franse ete


Kyk net sulke Boere-Franse Pieterses. En dit alles in ons eie Maalruimte.

Franse aand groot sukses

Die Franse aand, wat gisteraand deur Rose Petals aangebied is, was ‘n reuse sukses.  Die aand is aangebied om fondse in te samel vir die Dienssentrum.  Die dames van Rose Petals het deur dekor, musiek en kos die gaste weggevoer na ‘n romantiese eetplek in Parys.  André Buys, was nie die “mossie van Parys” nie, maar die “haan van Helderberg” en het saam met sy vrou Elmarie, ons vermaak met ‘n keur van Franse liedere.

Die hoogtepunt was egter die gaste wat Frans probeer lyk het, en baie lekker saam kon kuier.

Na die sukses van die Italiaanse aand, en nou ook die Franse aand, lyk dit of hier ‘n nuwe tradisie aan die groei is.  Dalk moet André solank begin skaaf aan ‘n paar Griekse, of Duitse, of Russiese liedere.