Aug 31, 2009

Ontspanning Pool, Tafeltennis en Darts

Ons is so besig met ernstige dinge dat ons party maal vergeet om te ontspan. Mekaar te leer ken en te ontspan. Daarom het ons begin met 'n interne kompetisie. POOL! Om deel te word kos R20. Dit sluit jou eie naam plaatjie in en die kans om die nommer 1 speler in die Kerk te wees. Die reels is as volg:
  1. Jy kan enige van die 5 spelers bo jou daag en indien jy eerste 5 wedstryde wen kan jy plek met hulle ruil. (Jy kan verniet in die Helderhoekie kom speel)
  2. Ons speel die nuwe reels
  3. Jy moet dit geniet.
As jy kiners het is jy welkom om hulle saam te bring daar is baie om te doen.

Die ranglys is tans:
  1. Paul "the Bible reader" Barnard
  2. Tom du Plessis
  3. Rynold Liebenberg
  4. Renier van Schalkwyk

Kontak Paul Barnard (0823749520) vir verdere inligting. Onthou om in pool teen 'n Ds te verloor is amper so sleg as om teen 'n Non in Darts te verloor.

1 comment:

  1. Laat die gemmente maar weet ons het 'n "ringer" in ons midde. Paul was jy nie een of ander kampioen of provinsiale speler nie? O ja en 'n ds. mag nie lieg nie

    ReplyDelete