Aug 18, 2009

Jeugbediening

Kan ons bietjie gesels oor die jeugbediening in ons gemeente? Word daar enigiets beplan as 'n evangelisasie kamp of uitreik na ons eie kinders wat nie betrokke is by die dienste wat juis vir hulle aangebied word nie. Dit is skokkend om te sien dat daar slegs 10 of 20 kinders in die tienerdienste sit. Ons eie kinders wil nie meer hierdie dienste bywoon nie. Nico Taljaard
16/8/09 18:09

3 comments:

  1. Hallo Nico

    Ek wil graag begin deur te se dat daar veel meer as 10 of 20 tieners in die diens sit. Miskien het jy net op 'n langnaweek gekom. Op langnaweke waar daar 'n diens maar geen jeugaksie is nie, is daar traditioneel min tieners wat bywoon.

    Ek is tans in die proses waar ek saam met tieners, jeugaksie leiers en ouers sit en krities kyk na ons tienerdienste en jeugaksie. Daar is alreeds baie terugvoer gegee, en ek implimenteer soveel as wat ek kan, nou al.

    Op die oomblik kyk ek na 'n geleentheid vir 'n kamp en ondersoek ek ook wat ons met die "koffiekroeg" geleentheid moet maak om dit meer aantreklik te maak.

    Enige voorstelle en idees is welkom, ek luister graag. Beter nog, raak betrokke! My email address is renier at nghelder dot co dot za

    ReplyDelete
  2. Ek is nie seker wat om te doen nie maar daar is defnitief 'n afname in die kinders. Baie kinders word afgeknou deur bloot omdat hulle nie almal in dieselfde skool is nie veral onder die jonger klomp, laerskool. Ek weet van kinders en ouers wat elders dienste bywoon omdat kinders afgeknou word. Dit is iets wat hulle by hul onderskeie skole leer om so optetree teenoor ander leerlinge van skole. Gesonder meededinging in sport is goed maar ons hoef nie ander uit die samelewing uit te skuif daaroor nie. Dit is iets wat defnitief aan ons jeug geleer moet word om ongeag wat hulle by die skool leer te doen wat JESUS sou gedoen het. Almal is dieselfde al leef ons in verskillende afdelings in die samelewing.

    ReplyDelete
  3. Wat gebeur met 'n klas as die onderwyser nie die Sondag daar is nie? Ek is regtig bekommerd as my kind bel net na die diens en sĂȘ ons moet hom kom haal, want sy meneer is nie daar nie. Dit het seker al so 2 keer gebeur, en ek kan verstaan dat daar soms iets is wat maak dat 'n onderwyser nie daar kan wees nie. Word die kinders in so 'n geval saam met 'n ander gr 7-klas geskuif, of is die klasse dan oorvol? Verder wil ek vra: is dit sinvol vir 'n onderwyser wat in Matriek is om vir gr 7 seuns klas te gee? Sal hy die dissipline kan handhaaf en hulle sinvol kan lei in hulle geestelike begeleiding of is die probleem dat daar te min kategete is? Hierdie saak pla my al lankal, dankie vir die geleentheid om dit te opper. Groete Hester

    ReplyDelete