Aug 24, 2009

Sondag 23 Augustus het ons geleentheid gehad om te hoor dat God nie daar is vir ons verbruik nie, maar dat ons daar is om Hom te dien. Wat was jou ervaring van die diens.

6 comments:

  1. Anonymous24/8/09 16:11

    Anonymous said...
    Dankie vir gisteroggend se erediens. Dit is mos nou wat kerk moet wees. AMEN

    24/8/09 12:50

    ReplyDelete
  2. Anonymous24/8/09 16:12

    Anonymous said...
    AMEN AMEN AMEN dankie AMEN

    24/8/09 12:55

    ReplyDelete
  3. Anonymous24/8/09 16:13

    Anonymous said...
    Kan ons nie meer dienste soos gister oggend kry nie asb. Wat was fout met die klank? Dankie vir die kinders se betrokkenheid dit beteken geweldig baie vir hulle. Die skyfies was baie profesioneel en tog was die diens so gemaklik. Dit was werklik besonder. Ek is trots om deel te wees van hierdie gemeente. - Leon

    24/8/09 14:45

    ReplyDelete
  4. Dankie vir al die positiewe terugvoer. By die Klassieke diens was Nina en haar sanger uitmuntend! Ek is nie 'n klassieke mense nie, maar wow dankie julle. Sicilie en haar groep was uitstekend by die informele diens. Met die klank wat nie gewerk het nie en die mikrofoon wat geweier het was Sicilie skitterend onder al die druk. Santie en die kiddies was kosbaar. Dit was so lekker om deel te wees van hierdie spanne. Ek kry Predikante jammer wat alleen aan 'n erediens moet werk.

    ReplyDelete
  5. Wat dink julle van die reekse? Ek persoonlik is baie opgewonde veral omdat die kinders en tieners ook deel is van dieselfde reekse. Dit skep die geleenthede dat gesinne saam kan gesels oor dieselfde onderwerpe al was hulle in verskillende dienste. Wat die dienste betref is dit lekke om deel uit te maak van 'n groter gemeente waar versikllende mense met verskillende behoeftes is. Dit skep net eenvoudig vir ons soveel meer diens geleentheid. Die belangrikste is nie wat is vir my die lekkerste nie, maar hoe kan ek dit vir ander lekkerder maak. Dit vat nie ons menslike behoeftes weg nie, dit bring dit net in lyn met God se behoeftes. Ons het egter 'n groot behoefte om te hoor wat julle dink. Ons praat baie oor kerkwees, om geleentheid te skep waar mense in die teenwoordigheid van God kan kom en God kan hoor, beleef en aanbid. Ons is egter so vasgevang in hoe ons dit altyd doen dat dit vir ons moeilik is om buite hierdie raamwerkie te dink. As jy stil word by God wat le God deur sy Gees op jou hart. Ons al liggaam van God moet saam God se wil soek sodat die wereld God se liede by ons kan sien. Onthou dieselfde GOD die Heilige Gees wat in ons werk, werk in jou en daarom is jou opinie vir ons net so belangrik. Groete In Christus

    ReplyDelete
  6. GOD en die Heilige Gees is 'n werklikheid in ons lewens. Die Dienste is uitstekend. Begin 'n persoonlike verhouding met GOD. Dit is ongelooflik lekker. In my lewe is elke dag nie maanskyn en rose nie maar GOD is my anker. Ons sê altyd ons kinders moet luister as ons praat. Luister as GOD direk of deur ander met ons praat. Ons kritiseer so maklik omdat ons nie wil luister of nie geluiter het nie.

    ReplyDelete