Aug 6, 2009

Franse aand groot sukses

Die Franse aand, wat gisteraand deur Rose Petals aangebied is, was ‘n reuse sukses.  Die aand is aangebied om fondse in te samel vir die Dienssentrum.  Die dames van Rose Petals het deur dekor, musiek en kos die gaste weggevoer na ‘n romantiese eetplek in Parys.  André Buys, was nie die “mossie van Parys” nie, maar die “haan van Helderberg” en het saam met sy vrou Elmarie, ons vermaak met ‘n keur van Franse liedere.

Die hoogtepunt was egter die gaste wat Frans probeer lyk het, en baie lekker saam kon kuier.

Na die sukses van die Italiaanse aand, en nou ook die Franse aand, lyk dit of hier ‘n nuwe tradisie aan die groei is.  Dalk moet André solank begin skaaf aan ‘n paar Griekse, of Duitse, of Russiese liedere. 

 

 

1 comment:

  1. Ek is so bly oor hierdie aande en is baie spyt ek kon nie die laaste een bywoon nie. Baie geluk aan Rose Petals!!!!

    ReplyDelete