Aug 19, 2009

Beplanning 2010

Dit is weer dié tyd van die jaar - ons kyk evaluerend terug en begin beplan vir 2010. Ons fokus tans (2009) op: Die begeleiding van die gemeente/lidmate
  • Om met 'n passie vir God te leef
  • Tot groter heling en versoening in verhoudings
  • Tot gasvryheid/openheid
  • Om te luister
  • Om hul roeping te ontdek of beter te vestaan en by dienslewering betrokke te raak.

Om te beplan vir 2010 wonder ek oor die volgende:

  • Help ons mekaar om 7-dag Christene te wees met dié fokusse?
  • Wat reken jy is tans die grootste uitdagings waarvoor die Here Helderberg Gemeente plaas?
  • Waarop dink jy moet Helderberg Gemeente fokus in 2010?

Dankie dat jy saam met my hieroor nadink, wonder en bid sodat ons as gemeente op dié dinge sal fokus wat ons sal help om te wees waartoe God ons roep/stuur.

5 comments:

  1. Ek vermoed dat daar om verskeie redes 'n diepe soeke na God by mense is - om nader aan God te leef; om meer van God te "sien" en te ervaar; om meer van God te weet; om meer simbole en rituele te hê, ens. Dit is wonderlik dat dit so is en dit is 'n wonderlike geleentheid vir ons as gemeente. Ek is nie altyd so seker dat ons mekaar in Helderberg daarmee help nie. Ongelukkig is dit ook waar dat sulke tye juis ook 'n teelaarde vir verbuigde godsdiensverskynsels is. Godsdienstige fanatisme met al sy gevare word ook in sulke tye gebore. Ek vermoed dat die volgende fokusse in 'n tyd soos hierdie belangrik is: Om weer opnuut die teenwoordigheid en genade van God te ontdek; Geloofsekerheid; Wie ek as kind van God is (my identiteit); Om die Woord van die Here deel te maak van my leefwêreld; Om 'n dissipel van die Here te wees en ander te begelei om as dissipels van die Here te leef. Ek oordeel dat ons in Helderberg Gemeente weer opnuut sal moet dink oor hoe ons mekaar versorg en toerus om as 7-dag Christene te leef.

    ReplyDelete
  2. Anonymous24/8/09 20:09

    Ja, "opnuut dink oor versorging" ....?
    Dr Hannes noem dan by nuwe lidmaat byeenkoms (Meimaand) jy moenie hier 'n ds soek om jou te pamperlang nie. Lidmate moet mekaar verorg.
    Gedog die ds sal my in hierdie tye kan bemoedig?
    Nou verstaan ek nie?

    ReplyDelete
  3. Baie sterkte met die beplanning. Die dinge wat hier genoem word is goed. Julle het baie gebed en wysheid nodig.

    Ek dink ek verstaan wat met die beplanning in die oog is. Ongelukkig ervaar ek dat dit nog nie naby is nie. Ons bou al hoër veiligheidsheinings om ons huise. Ons kom al minder met ons mede gelowiges om 'n gebedstafel saam.

    Die dissipelskap reeks help met bogenoemde, maar mense se harte is reeds harder...

    Bid saam met julle.

    ReplyDelete
  4. Iets wat my baie gehelp het is om by 'n omgee groep aantesluit. Ons behandel aspekte waaroor ons vrae het. Kry 'n spreker van tyd tot tyd in en bemoedig ook so mekaar. Sondae kry ek ook nog padkos vir die week, maar instede om iemand vir koffie te nooi, nooi hom of haar om ook saam met jou te bid. Hoeveel tyd spandeer jy met jou beste vriend of vriendin en hoeveel tyd spandeer jy met GOD as jy met HOM praat. GOD wil soos jy 'n verhouding met jou hê. Hierdie is uitdagings wat ek ook nie elke dag regkry nie, maar hoe meer ek daarop fokus hoe makliker raak dit. Probeer dit anders sal jy nooit regtig weet nie. As jy met die ds wil praat bel hom. Daar is 'n paar by ons gemeente. Ek het dit al gedoen en gaan met 'n positiewe gemoed. Mense het nie altyd al die raad nie maar GOD het.

    ReplyDelete
  5. Hannes Theron3/9/09 10:58

    Helderberg Gemeente
    Fokus(se) vir 2010

    Fokus 1 – verhouding met God
    Leef met ‘n groter passie vir God
    Leef voor die aangesig van God
    Oper om God te ontmoet
    Leef vanuit ‘n verwondering oor God
    God is/staan sentraal in ons lewe en denke
    Aanbidding as openbare getuienis
    ’n Gem,eenskap van lof en aanbidding
    Ons identifiseer met Christus en fokus op die koninkryk van God
    Luister na God en is gehoorsaam aan Hom
    Die aanbidding van God wat lewend, eg en omvattend is
    Die Here is die spil van ons lewe
    ’n Diep verbondenheid met God

    Fokus 2 – verhoudings en gasvryheid
    Geborgenheid in verhoudings en mense, veral met ons tieners.
    Egte verhoudings, veral met ons tieners
    Christelike gasvryheid/openheid
    ’n Liefde onder mekaar en ’n liefde vir alle mense
    Ons gee werklik om vir mekaar
    Saam met ander oppad met God
    Ons het mekaar, veral ons tieners, baie nodig
    Ons het mekaar nodig
    Ons is deel van ’n groter geheel
    Mens deur ander mense
    Ons is mense, nie ’n plek nie
    ’n Gemeenskap wat besorg is oor mekaar
    Ons bied aan mekaar en ander ’n tuiste
    Almal, ook ons tieners, is vir ons belangrik
    Verhoudings tel alles
    Ons bid saam en vir mekaar


    Fokus 3 – geestelike groei
    Geestelike groei
    Geloof as ’n manier van lewe
    Geloof in praktyk
    ’n Geloof wat lewe
    Bybelse vorming en dissipelskap
    Ons lewe

    Fokus 4 - Tieners
    Ons tieners is vir ons kosbaar
    Ons beleef God saam met ons tieners
    Ons het ons tieners nodig
    Ons koester ons tieners
    Die tieners is saam met ons kerk van die Here Jesus Christus

    ReplyDelete