Oct 1, 2009

Leierskap

Die afgelope tyd dink ek nogal baie oor leierskap. Daar is baie boeke en menings maar baie van hierdie teorie het die kerk meer seer gemaak as gehelp. Op ‘n stadium was dit ‘n groot ding dat die kerk soos ‘n besigheid bestuur moet word, dat predikate eintlik die CEO’s geword het van hulle gemeentes. Dit is egter begrippe wat vreemd was en is vir die Bybel. Ons sien dat wêreld wyd mense soek na kerkwees waar hulle tuishoort.

Een van hierdie bewegings staan bekend as die “Organic Church” Hierdie groep het heeltemal uit die kerk beweeg en vorm spontane groepe waar hulle kerk is vir mekaar. Ek dink daar is baie waarde in die dinge wat hulle sê, maar ook baie gevaar. Baie van hulle het juis seergekry in die kerk waar “excellence” en “brilliance” nagejaag is. Wat alles, goed – beter – beste moes gewees het. Mense wat moeg was en gesoek het na ‘n plek waar hulle hoort, vertroos, bemoedig en in die teenwoordigheid van God kon kom. In plaas daarvan moes hulle presteer om te hoort, moes hulle maskers opsit en vertel hoe goed dit gaan, moes hulle DOEN.

Die een leier skryf vir my dat hy nooit weer kans sien om deel uit te maak van georganiseerde kerk nie. Dat hy ‘n behoefte het aan aanbidding eerder as denominasie. Dat hy nie weer kans sien om “Spiritual Heroes” te volg nie. Dat hy Christus in eenvoud wil volg.

Baie van wat hy sê kan ek meer identifiseer. Dit bring my terug by leierskap. Ek dink dat jy die gevaar loop om binne en buite die georganiseerde kerk agter verkeerde leiers te kan aanloop. Mense loop vir ‘n rukkie agter fantastiese leiers aan, maar word moeg. Mense het ‘n behoefte aan mense wat omgee. Mense wat eg is – mense wat bereid is om op gelyke vlak te soek na antwoorde, om saam te aanbid. My uitgangspunt is: people will follow brilliant leaders, but they are drawn to broken people who simply live Christ. You can choose to have followers or real people close to you. Lord help me to live my brokenness.

Hebr. 10

19Broers, ons het dus nou deur die bloed van Jesus vrye toegang tot die heiligdom, 20en dit op ’n weg wat nuut is en na die lewe lei. Hierdie weg het Hy vir ons gebaan deur die voorhangsel heen, dit is deur sy liggaam. 21En terwyl ons Hom ook as groot priester oor die huis van God het, 22laat ons tot God nader met ’n opregte hart en met volle geloofsekerheid. Ons harte is immers gereinig van ’n skuldige gewete, en ons liggame is gewas met skoon water. 23Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het. 24Laat ons ook na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. 25Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.[1]

Hoe sien jy leierskap in die kerk? Hoe sien jy leierskap in ons kerk?

13 comments:

  1. Paul ek dink dat een saak wat nie altyd genoeg verreken word in ons nadenke oor leierskap nie, is: Lierskap gaan nie oor dinge wat leierskap moet doen nie, maar oor wie hulle as mense voor God en tussen ander is. Om die rede is nie altyd gemaklik met die woord leierskap nie,maar om eerder te praat van begeleiding of en begeleier. Leierskap gaan vir my primer oor die verstaan en stuur van prosesse binne 'n geloofsgemeenskap. Dit is nie 'n gegewe posisie wat van my of jou 'n leier maak nie, maar die begeleiding van mense binne 'n bepaalde gemeenskap met wie hy/sy in 'n verhouding staan. Daarom is daar great gestelike leiers wat deur hulle verstaan en begeleiding van prosesse ongelooflike invloed uitoefen sonder dat hy/sy ooit in 'n leierskapposisie staan - ek kan aan baie voorbeeld dink. Mag die Here gee dat dit ook van jou en my waar is - dat ons op grond van ons verhouding met God en met ander mense 'n bepaalde invloed uitoefen - 'n invloed wat nie eers in woorde omskryf kan word nie.

    ReplyDelete
  2. Anonymous4/10/09 23:46

    Paul Ek dink dat ons predikante juis nie "CEO's" van die kerk moet wees nie maar eerder "Herders" wat verseker dat die visie van ons gemeente uitgeleef word. Los al die vergaderings en dag tot dag bestuur van die kerk vir die wat 'n passie daarvoor het. Deur "CEO's' te wees word ons leraars doodeenvoudig oorlaai met take wat hul "oog van die bal" hou. Ek dink ook onwillekeurig aan Christus wat herhaaldelik gese het dat Hy nie gekom het vir die vir die gereddes en die bemagdigtes nie maar juis vir die armes en verstotenes.
    Ek dink 'n goeie leier is een wat ons sal aanmoedig om ons maskers te laat sak, om soos jy noem, op gelyke voet en sonder voorbehoud te dien en te aanbid. (Philip Yancey illustreer dit baie goed in sy boek "what's so amazing about grace' met die samekoms van 'n groep AA's. Van gesiene mense tot boemelaars wat op gelyke voet mekaar se seer kan deel en mekaar kan aanmoedig). Is dit nie hoe ons veronderstel is om as 7 dag christene te leef nie?

    ReplyDelete
  3. Anonymous5/10/09 20:11

    Paul, wat is 'n leier? Iemand wat die gesindheid, filosofie (= betekenis gee) en gees van enige groep mense kan bepaal? Rom 12:8 onderskei leierseienskappe as 'n gawe. Alhoewel ons leierseienskappe kan verwerf, is dit nie elkeen beskore om ander met woord en daad "uit te nooi" om saam te stap en te dien nie. Persone wat in die georganiseerde kerk leiding neem het nie noodwendig hierdie gawe nie. Persone wat dit regkry om alle mense onvoorwaardelik te aanvaar is yl gesaai. Is dit nie slegs Jesus wat dit reg gekry het nie? Fil.1:9-11 word 'n daaglikse gebed! Indien die kerk/gemeente se leierskorps 'n eksklusiewe groep(groepies)word, waarvan die gesindheid/optrede ander vervreem, sal mense uitwyk. Indien 'n leier se kommunikasie- en leierskapstyl getuig:"ek weet beter";"ek aanvaar jou nie", verloor die leier sy invoed. Verseker het ons leiers nodig wat nie tussen God en sy gemeente staan nie en verseker nie weer staat en kerk verwar nie. Heb. 10: 24 "Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar - oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot 'n meer kragdadige beoefening van liefde en goeie dade".

    ReplyDelete
  4. Anonymous, Man ek sal jou graag wil ontmoet. Ek dink jy slaan die spyker op die kop. Hoe help ons mekaar om dit te word. Help my asb.

    ReplyDelete
  5. Paul,

    Ons mis ons predikante. Ek weet julle is baie besig. Ek dink nie dat ek vir Hannes, Breda, of Dannie Molner al iewers gesien het behalwe by die kerk nie. Dit klink ook vir my uit die dienste dat as ons predikante nie by die kerk is nie, hulle iewers in ander gemeenskappe werk. Dit is mooi. Maar hoe kan hulle ons begelei as hulle ons nie ken nie. Nie dinge doen wat ons doen nie. Ek dink dat die kerkleiers die meeste van die tyd uit die predikante en die groot rykes van die gemeenskap bestaan. Bring hulle weer bietjie saam na die skoolsport en aktiwiteite. Doen dinge om ons te leer KEN. Danie OKennedy dankie dat jy altyd tyd het vir ons. Ek dink jy en jou gesin(vrou) is wonderlike leiers. Paul dankie dat jy een van ons is, dit is altyd vir my 'n lekker om jou dop te hou met jou drie seuns. Die manier hoe jy hulle terg en met hulle speel. Die beeld wat jy van ouerskap stel is vir my meer werd as die boeke wat ek gelees het. Dankie dat jy een van ons is.

    Ek dink ons het wonderlike predikante. dit is miskien ons as gemeente wat julle daar eenkant ver gesit het.

    ReplyDelete
  6. Anonymous8/10/09 11:37

    Dankie dat julle die openheid het om hierdie tipe gesprekke te voer. Nog nooit van te vore het ek hierdie tipe openheid in die kerk beleef nie.

    ReplyDelete
  7. Dankie julle ons hoor wat julle se. Ons wil graag nader kom aan julle. Kom kuier saam met ons by die Helderhoekie by die braai geleenthede. Help ons om nader te kom. As dit nodig is nooi ons selfs uit na spesifieke gleenthede.

    ReplyDelete
  8. Ds Paul dankie vir Sondag. Ek kyk op na jou. Ek beleef God is vir jou belangrik en dat jy eg is. Ek wil graag iemand soos jy volg.

    ReplyDelete
  9. Leierskap in die kerk is die mense wat ek wil volg, nie omdat hulle so dinamiese leiers is nie. Omdat hulle lewens getuig van liefde vir God. Omdat ek hulle sien bid, hoor praat oor wie God in hulle lewens is. Ds as ons julle nie sien nie, kan ons julle nie volg nie. Daar is verskillende maniere, daag by aktiwiteite in ONS EIE gemeenskap ook op. Gebruik die hulpmiddels tot julle beskikking. Die blog en die webwerf is 'n beginpunt. Wat van Facebook en Twitter?

    ReplyDelete
  10. Chrisjan my Facebook kan jy kry by http://www.facebook.com/Paultjie Twitter is ek PaulBarnard01 (Ek moet bieg dat my twitter nog heeltemal te min tweet)

    ReplyDelete
  11. Leierskap in die kerk het geskyf van mense wat jy vertrou na goed gekwalifiseerde mense. Vertroue bou jy net deur kotak. Indien daar nie genoeg kontak is tussen julle as leiers(veral Ds) met ons as julle gemeente en ook die gemeenskap nie. Kan julle nie leiers wees nie. Dan is julle bloot bestuurders! Ek is drie jaar in die gemeente en ek weet die gemeente is groot. Maar ek het julle nog bitter min gesien. In elke geval nie buite die kerk nie. As ek reg verstaan moet ons 7 dag Christene wees. Ons moet ons christenskap uitleef in die wereld. Julle wat dit moet modeleer sien ons nie in die wereld nie. In elke geval nie in ons lewenswerelde nie. As ek hierdie kommentaar deurlees is dit vir my duidelik dat dit nie net ek is wat so voel nie. Ek dink julle is goeie mense en wens ek het dit geweet. Ek volg moeilik mense wat ek nie ken nie.
    Ek is beindruk daardeer dat al 5 ons Ds slim Dr's is. Maar die leier wat ek gaan volg is die een wat saam met my die pad stap.
    Ek wil nie kritiseer nie. Ek het in 'n kort tydjie lief geword vir ons kerk. Ek dink egter dat ons min gemeenskap van gelowiges is.

    ReplyDelete
  12. In order to influence subordinates to attain common goals or objectives, leaders need power.
    According to French and Raven, leaders can use any of the following powers. In practice the leader will usually use a combination of power.

    (1) Legitimate Power is the power that leaders possess over subordinates because the subordinates believe that the agent has the right to lead
    (2) Reward Power
    (3) Coercive Power The use of Coercive Power has a negative influence on trust and is seldom, if ever, used by “servant” leaders.
    (4) Expert Power is the power that a leader possesses due to their knowledge.
    (5) Referent Power is the power that a leader possesses over a subordinate because they admire and identify with the leader and want to get the leader’s approval.
    (6) Information Power is based on the leader’s possession or access to valuable information.
    (7) Connection power is based on the leader’s connection with important people within or outside the organisation.
    (8) Political Power is based on a leader’s ability to maintain power
    (9) Inspirational power is based on the leader’s ability to inspire workers to embrace the vision and to motivate them to do their best.
    (10) Transformational power is based on the leader’s ability to transform the culture of the organisation through the strength of courage and integrity.

    Servant leadership is based on the assumption that leaders must empower their followers by being completely honest and open. Greenfield coined the term and presented it as an extension of transformational leadership theory. A servant leadership theory is built on the assumption that one wants to serve. The desire to serve leads to a conscious choice to aspire for leadership. A servant leader makes it her priority to make sure that subordinates needs are being served. In contrast with transformational leadership that focuses on organisational objectives, service leadership focuses on the follower and regards organisational objectives as secondary. The idea is that the leader will inspire the followers to become leaders themselves. Therefore the leader needs to treat each subordinate with respect and the subordinates must nurture, defend and empower their leaders.
    A leader who uses service leadership will most likely never use coercive power. Any form of punishment will be a contradiction of service leadership. Rewards will most likely not be used as a form of power, but purely as a form of remuneration. Although the leader in their capacity as manager might possess legitimate power, a servant leader would not base their power and influence on it. Legitimate, coercive and referent power is essential to Instrumental Compliance. This type of power and compliance leads to a situation where followers do the minimum to avoid punishment and to get rewards.
    Servant Leaders aim for Internalisation - A situation whereby subordinates comply because compliance is intrinsically desirable and in line with the subordinate’s values, beliefs and self-image or even self-identification.
    The servant leader uses referent power which causes the subordinate to comply because they admire the leader. Servant leaders will also use expert power. One can presume that a leader without knowledge will not easily reach a situation where internalisation or personal identification can take place with a subordinate. A leader with considerable political, inspirational and transformational power will also find this much easier.

    ReplyDelete
  13. Ek wonder al hoe meer oor ons gemeente se leierskap. Kan julle nie dalk iewers vir ons vertel hoe hulle lyk en wie hulle is nie. Is daar iewers 'n Lys van die Kerraadslede beskikbaar? Hoe kan ons, ons behoeftes by hulle uitkry sonder dat dit deur die Predikante gesensor word?

    ReplyDelete