Sep 24, 2009

Fokus vir 2010

Nadat ons met geloofsonderskeiding nagedink het oor dit waarop ons moet fokus in 2010 het ons as kerkraad en bestuurspan tot die oortuiging gekom dat daar twee dinge is waarop ons wil fokus:

1. Ons leef met ‘n passie vir God - Ons doen dit deur erns te maak met dissipelskap en dissipelmaking. Om met ’n passie vir God te leef, beteken ook vir ons die bevordering van geestelike dissiplines; die verbreding van ons kennis in Wie en wat ons glo; en die vestiging van ‘n aanbiddingskultuur

2. Ons leef met ’n hart vir mense - Ons doen dit deur moeite te maak met ons tieners om saam met hulle die gemeente as hawe (’n tuiste) te beleef. Om met ’n hart vir mense te leef beteken ook vir ons die bevordering van gesonde, liefdevolle verhoudinge binne families, die gemeente, by die werkplek en gemeenskap; om doelbewus oor grense te beweeg (emosioneel, kultureel, ekonomies, kerk, generasie, geografies, geloof, ras, asook grense van vooroordeling en agterdog); die vestiging van ’n versorgingskultuur binne die gemeente; om die evangelie met vrymoedigheid met mense wat die Here oor ons pad stuur, te deel.

Gesels 'n bietjie saam met ons oor die fokusse vir 2010.

3 comments:

  1. shame, "so what" Hoe lank het dit julle gevat om hiermee op te kom. Die kerk se grootste probleem is dat hulle daarvan hou om ure in vergaderings te sit en dan op te kom met hierdie GROOT waarhede! Wees net kerk. Hoeveel verhoudings kon julle bou terwyl julle gesit het en besluit het dat verhoudings gebou moet word.

    ReplyDelete
  2. Hannes ek is geneig om met Charl saam te stem. Ek dink egter hy is bietjie hard. Die kerk wat haarself so besig gehou het om alles op papier te sit se tyd dink ek is verby. Ons behoefte is nie meer dat iemand moet formuleer wie ons moet wees nie. Net eenvoudig dat ons dit moet beleef. As hierdie goed nie vanself kom nie, is daar iets groot fout met ons geloof.

    ReplyDelete
  3. Omgeegroepleiers14/10/09 00:01

    OMGEELEIERS SE GESPREK OOR FOKUSSE (22 SEPT 2009)

    Hiermee gee ek terugvoer van dit wat by die omgeeleiersbyeenkoms op 22 Sept bespreek is. Die omgeeleiers het nie die kerkraad en bestuurspan se fokusse vooraf gesien nie. Dit is eers ná die tyd aan hulle uitgedeel. Hulle het bloot op die volgende gereageer:
    Daar is talle bedieninge en aksies in ons gemeente. Ons reken dat die meeste van hierdie bedieninge belangrik is en nie in 2010 gelos kan word nie. Maar ons besef dat ons volgende jaar meer energie, tyd en geld op sekere bedieninge sal moet spandeer (dws spesifieke fokusse). Wat dink jy moet dit in 2010 wees?

    FOKUSSE WAT DEUR DIE MEERDERHEID BEKLEMTOON IS
    • Fokus op ‘n passie vir God, veral gebed en persoonlike verhouding met Jesus Christus.
    • Fokus op omgeebediening/versorging/verhoudinge
    • Fokus op Jeug / Jeugaksie (ook ouerbetrokkenheid)

    ANDER SAKE WAT OOK IN VERSKILLENDE VOOGDEGROEPE BESPREEK IS
    • Persoonlike verhouding met Jesus Christus
    • Dankbaarheidslewe van gelowiges / dissipels
    • Aanddienste meer lewendig
    • Gesinne – gesinsmateriaal
    • Betrokkenheid by breë gemeenskap
    • Betrokkenheid by mense wat swaarkry in gemeenskap
    • Heiligmaking
    • Gaping tussen gemeenteleiers (predikante) en gemeente
    • Fokus op jong werkendes
    • Kry asb klanksisteem reg

    ReplyDelete