Sep 2, 2009

My Perspektief oor God wat ons TOETS - Paul Barnard

Ek wonder baie keer wat bedoel God as daar in die Bybel staan dat Hy ons toets. Ek is besig om 'n studie te maak van die verskillende Dissipels en dit wat ons van hulle kan leer in die Bybel. Ek is hierdie week by Fillipus en daar is dit toe weer! Die bietjie wat ons van Fillipus weet lyk dit of hy die logiese ou was - die detail persoon wat in elke situasie gekyk het wat gedoen moet word en hoe dit gedoen moet word. Daardie onmisbare persoon in elke span.

In Johannes 6 gebeur dit dat daar 'n massa mense vir Jesus volg. Dan staan daar: 5Toe Jesus rondkyk en sien dat ’n groot klomp mense na Hom toe aankom, sê Hy vir Filippus: “Waar kan ons brood gaan koop sodat die mense kan eet?”
6Dit het Hy net gesê om hom op die proef te stel, want Hy het self goed geweet wat Hy gaan doen.
7Filippus antwoord Hom toe: “Twee honderd mense se dagloon is nie eers genoeg om elkeen van hulle ’n stukkie brood te laat kry nie.”

In hierdie gedeelte lees ons Jesus stel hoem op die proef WANT HY HET SELF GOED GEWEET WAT HY GAAN DOEN. Wat is die nut om iemand op die proef te stel as jy weet wat gaan hy doen. Ek dink Jesus het geglimlag in sy hart toe Hy Fillipus op die proef gestel het. Hy het gesien hoe hierdie dissipel besorg oor die mense is en dat hy reeds bekommerd is oor almal wat moet eet. Daarom is Fillipus ook reeds reg met 'n antwoord. Hy het reeds uitgewerk hoeveel hy sou nodig het en dat dit onmoontlik is.

Wat is dus volgens my die doel van die proef/toets?
Jesus het hom op die proef gestel, nie omdat Jesus nodig gehad het om uit te vind wat in sy binneste aangaan nie. Hy het hom op die proef gestel(getoets) sodat Fillipus sou uitvind wat in sy eie binneste aangaan.
God stel ons nie op die proef om te kyk of ons slaag of misluk nie, maar om ons bewus te maak van ons eie onsekerheid, ongeloof, twyfel en leemtes.

DAN WAT.

Dan gee hy in elke geval die uitkoms! Dan omvou hy ons met liefde. Dit is nie 'n evaluerings proses nie, dit is God wat in Sy liefde ons help om onsself te leer ken en as ons sien wie ons is, kan ons in Sy arms in hardloop. Hy hardloop reeds na ons toe.

Ek hou egter nie altyd daarvan as God my op die proef stel nie want die ou wat ek vind stel my baie teleur, net om te besef dat God my liefhet.
Mat 5:3 3“Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is,
want aan hulle behoort
die koninkryk van die hemel.

8 comments:

  1. Anonymous2/9/09 18:31

    Dit is scary. Dit is hoendervleis. Dit is my lewe.

    ReplyDelete
  2. Danette Barnard2/9/09 21:13

    weer vandag besef dat ek my lewe moet herprioretiseer. In een dag kan jou lewe onherroeplik verander

    ReplyDelete
  3. Danette Barnard2/9/09 21:19

    hoe onderskei mens tussen wanneer God my op die proef stel en wanneer is dit die gebroke wereld waarin ons leef?
    Danette Barnard

    ReplyDelete
  4. Ek dink nie jy weet dit maklik terwyl jy in die situasie is nie. Ek verkies om dan liewers net te fokus op die feit dat God saam met my my lewenspad loop. Partykeer as ek terugkyk, gee die Here my insig om te verstaan wat met my gebeur het, of wat met my aan die gebeur is.

    ReplyDelete
  5. Anonymous20/9/09 18:20

    Baie dankie aan Paul en die ander wat deelneem dat julle my so help om vrede te kry oor die slegte goed wat al so baie in my lewe met my gebeur het. Paul en Danie julle help my om weg te kom van die idee dat God jou straf of dan ten minste dat hy 'n aandeel het in dit wat gebeur het. Uit my omstandighede en traumas het ek beslis geleer waar ek staan met my verhouding met God en met myself. Dries du Toit

    ReplyDelete
  6. Dries,

    Ek weet nie van Danie nie, maar ek besef dat omdat ek deel van 'n gemeente is, is ek in die bevoorregte situasie dat wanneer ek teen die spreekwoordelike muur vasloop daar altyd iemand is wat my help om weer te kan aangaan. Ek kry mense wat nie in 'n gemeente is nie baie jammer. Daar is ongelukkig nie perfekte gemeentes nie(nie hier op aarde nie) maar sukkelende medegelowige wat mekaar help om God te soek. Dankie ook vir jou wat bereid is om saam met ons hierdie pad te stap. Vanoggend is jou stukkie getuienis weer dit wat ek nodig het om 'n klomp moeilike situasies in die oog te kyk.God is goed vir ons dat Hy ons vir mekaar gee.
    Paul

    ReplyDelete
  7. Dankie Paul, My emosies hardloop met my weg daardie oomblikke waar God my bewus maak vna my eie onsekerheid en twyfel, en dan daarmee saam die opwinding by die besef hoeveel moeite Hy nog met my doen. Ek is bevoorreg en innig dankbaar om deel van hierdie gemeente te kan wees en ook om aan 'n oop gespreksgroep deel te kan neem.

    ReplyDelete