Sep 7, 2009

Nuwe onderwerp

As jy oor enige ander onderwerp wil gesels of kommentaar wil lewer, doen dit gerus hier.

1 comment:

  1. As die kantory die dag sing, sit ek met al daardie sangers tussen my en die gemeente. Dit gebeur nie maklik dat ek die gemeente van daar onder bo sulke sterk stemme uit hoor nie. Daarvoor moet een van die uiters bekende wysies gesing word - die ou gunstelinge: O goedheid Gods, Op berge in in dale, Middelpunt, Hoe lieflik is u woning, ens. en een of twee nuweres (dws wat nie in die Gesangboek was nie): Ek sien 'n nuwe hemel kom, Genade onbeskryflik groot, miskien nog. Is dit 'n doelbewuste besluit dat daar minstens een staatmaker per diens gesing word? Hoe dit ook al sy, dis baie lekker om die gemeente daar van bo af te hoor!

    ReplyDelete