Sep 8, 2009

Paul wonder oor 1 Johannes 1:5

1 Johannes 1:5 begin met die volgende woorde

5Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: ...

Hoe sal jy hierdie sinnetjie voltooi? As jy nou vir iemand moet vertel wat jy BY God gehoor het, wat al dit wees?

Sal dit wees met iets wat jy iewers gelees het, of iewers gehoor het. Sal dit dalk wees uiit die belydenis skrifte? Is God vir jou so 'n werklikheid dat jy dit eerlik sou kon voltooi?


Hier is soos Johannes dit voltooi: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie.

God is lig, ...magtig, skerp, maar meestal onsigbaar. Jy sien God as Hy van iemand of iets af reflekteer. Selfs wanneer lig reflekteer is daar so 'n groot spektrum van die lig wat eenvoudig net nie vir 'n mens so ook sigbaar is nie. Partymaal is dit so helder dat dit ons verblind.


Vandag is daar dalk iemand wat hierdie vraag beantwoord deur te sê dat die enigte keer toe hulle vir God gesien en gehoor het, was toe Hy van jou lewe af gereflekteer het. Hoeveel mense sit in die donker rondom jou.

No comments:

Post a Comment