Sep 3, 2009

Families "survical unit" opsoek na verhoudings

“When a couple has an argument nowadays, they may think it’s about money or power or sex or how to raise the kids or whatever. What they’re really saying to each other, though without realizing it, is this: “You are not enough people!” A husband, a wife and some kids is not a family. It’s a terribly vulnerable survival unit.” A man without a country, p.48 Kurt Vonnegut

Hy gaan verder en sê dat ons vandag ons uitgebreide families verloor, ons ouers en groot ouers in versorgins oorde plaas. Die res van ons families so min sien dat ons mekaar nie regtig meer ken nie. In hierdie konteks sê hy het ons arm geword. Bietje verder maak hy die volgende stelling: “It used to be that when a man and a woman got married, the bride got a lot more people to talk about everything. The groom got a lot more pals to tell dumb jokes to.”

Daar is 'n groeiende behoefte na verhoudings. Egte verhoudings waar ek veilig is en waar ek kan asemhaal. Maar ons is so besig dat ons nie tyd het vir dit waarna ons soek nie. Om Gelowige te wees vandag is die NOODSAAKLIK dat ons tyd maak om te kuier by ons groter familie (ook ons kerkfamilie) sodat ons, ons "sanity" kan behou. As jy enkelouer is, is dit nog soveel meer belangrik!

Ons is arm aan verhoudings, regte mens verhoudings. As ons in die kerk ernstig is oor evangelisasie sal ons moet besef dat ons preke, dade van barmhartigheid en uitreik bevesit of vernietig word deur ons sigbare verhoudings. Johannes 13:34-35
34Ek gee julle ’n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. 35As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is.”

4 comments:

  1. Anonymous3/9/09 23:57

    Dis ongelukkig waar dat alhoewel mense vandag fisies gemakliker leef weens al die middelle en uitvindsels tot ons beskikking, dit dit kom teen 'n prys. Die prys neem baie keer die vorm van tyd aan, 'n skaars bron vir meeste. En in hierdie tyd van haas en "instant" word familie en vriende gereduseer tot nommers op 'n selfoon of kontakte tot in die 10de geslag op "Facebook". En alhoewel jou lysie vol kan wees van name en nommers, beteken dit nie dat jy noodwendig eers een persoon het aan wie jy jou hart kan oopmaak nie. Ek is geseen met sterk familie en vriende bande. Tyd het egter sy tol ook hier geeis en is hierdie groep met verloop van tyd afgewerk (geslyp?) tot 'n klein, tog staatmaker groepie. En glo my ek hou styf vas aan hulle...want daar kom tog tye wat genoeg tyd nie die leemte kan vul nie.

    ReplyDelete
  2. Anonymous4/9/09 17:11

    Ek stem sooo saam ons gesinne is die toonbeeld van ons verhouding met Christus dis die spieel wat die ware verhouding reflekteer. Ongelukkig dink ons, myself inkluis dat hulle sal altyd verstaan maar om waarlik lief te he beteken 'n 24/7 toewyding en sterf van die eie ek.

    Ai 'n daagligse aflegging wat net moontlik is deur die krag van die Heilige Gees

    ReplyDelete
  3. Anonymous7/9/09 19:24

    Om vriende en familie bande in stand te hou is vir my - enkel ma met drie kinders - baie moeilik . Ek het op die oomblik net nie die tyd of krag om te gaan kuier nie . Ek het gelukkig n klein familie kring wat my ondersteun en liefde gee. Om nuwe vriende te maak is egter n ander saak !

    ReplyDelete
  4. Ek haal my hoed vir elkel ouers af. Om alles te doen en dan net nog tyd te kry om asem te haal is baie gevra. Hoe kan ons as Kerk as deel van jou familie dit vir enkelouers makliker maak. Hoe kan ons jou beter ondersteun?

    ReplyDelete