Sep 2, 2009

God se geduld

Hoekom is dit dat mense wat 'n nuwe "commitment" maak teenoor God, so dikwels baie ongeduldig is met mense wat, volgens hulle, vasgeval is in die ou paaie? Jy het besef op watter dwaalspoor jy was, en nou is jy so opgewonde oor die nuwe lewende verhouding met God. Dit is baie goed, maar nou raak jy openlik krities en ongeduldig met ander wat (nog) nie die ontdekking gemaak het nie. Was God nie juis met jou geduldig oor jare tot op die punt wat die lig vir jou opgegaan het nie?
Ek dink Lukas 13:1-9 sien hierdie inherente spanning goed raak. Aan die een kant die dringende oproep tot bekering, aan die ander kant die wonderlike geduld van God. Die vyeboom wat nie vrug dra nie, word nie uitgekap nie, maar kry nog 'n kans om met goeie kompos en behandeling vrug te dra. Kompos of mis ontbind eers en dan kan dit iets beteken vir die boom. Dalk moet ek in my ongeduld ook eers afgebreek word om iets te kan beteken vir die boom wat nie vrug dra nie?

6 comments:

  1. Danie ek het dieselfde in my lewe beleef. Ek het eers later my "commitment" teenoor God gemaak al was ek jare reeds in die kerk. Ek was kwaad vir die kerk - het gevoel dit was die kerk se skuld omdat hulle dit vir my moontlik gemaak het om in hierdie louheid te volhard. Na my "bekering" het dit lank gevat om hierdie gevoel van "verneuk" te verwerk. Ek moes besef dat God met my besig was en dat net ek die verantwoordelikheid daarvoor kon aanvaar. Ek voel steeds nou en dan onglukkie/ongeduldig teenoor veral leiers, maar dit dring my nou om op my kniee te staan vir hulle. Nie omdat ek hulle geloof betwyfel nie, maar dat hulle versterk sal word.

    ReplyDelete
  2. Bertus,
    Dit klink so bekend. Ek was in my derde jaar teologie toe ek tot bekering gekom het. Ek het toe opgeskop en uit die kerk gegaan omdat ek PRESIES so gevoel het. Met 'n ompad het God my teruggebring en geleer dit gaan nie net oor myself nie. Maar ek moet bely partymaal is geduld ook nie my sterkste eienskap nie. Dan herinner God my dat hoogmoed nie 'n gawe van die Gees is nie.

    Net wanneer ek dan mooi geestelik voel besef ek dat ek ander ook party maal ontstel want ek is deel van die sisteem. Dan word die teks van Mat 18 vir my moeilik wat waarsku dat ons niks moet doen wat die gerigste van God afvallig sal maak nie.

    Bertus ek wonder of hierdie saak nie veral le by die wat eers drooggemaak het en toe teruggkom het na God nie. Dat hulle(ONS)meer veroordelend is nie?

    Die een ding waaroor ek bly is, is dat daar mense soos jy is wat bereid is om op jou kniee te staan en te bid vir elkeen in leier posissie. Ek sal vir jou ook bid.

    ReplyDelete
  3. Dit is maklik vir die vlees om dinge in swart en wit te wil sien. Probleem is dat my wit en swart nie God se wit en swart reflekteer nie. Daarom is een van die beste plekke op my knieƫ. Laat ons almal maar net meer van die liefde van God op ons knieƫ by Hom gaan kry om vir almal om ons te gee. Juis die liefdelose maak dat ons so seer en kwaad voel. Stem saam met Paul se skrywe waar hy Brian McLaren se gebed voorhou...

    ReplyDelete
  4. Hartseer3/9/09 15:19

    ek sukkel baie met die kerk. miskien nog meer met ons gemeente. ek wil graag groei maar my elke dag se lewe en geestelike groei het begeleiding nodig. moenie net vir my se waar ek moet betrokke raak buite nie, se vir my wat nou - ek het tot bekering gekom en weet nie nou hoe om nader na God te kom nie. ek wil niemand veroordeel nie ek wil net hoort. moet ek na 'n kleiner gemeente gaan om raak gesien te word. ek voel soms dat vandat ek my "commitment" gemaak het ek te veel moeite geword het. my behoefte om te groei as 'n irritasie gesien word.

    ReplyDelete
  5. Ek was ook eens 'n vyeboom wat nie vrug gedra het nie, maar met God se geduld 'n tweede kans gekry het. Ek twyfel egter soms of ek regtig vrug dra en God moet maar gereeld snoei sodat die vrugte die gewenste kwaliteit het. Ek wil meer leer hoe om werklike God se vrugte te dra. Ek sukkel egter om by die kerklike groepe in te skakel - dit voel so "clickie" omdat ek 'n buitenshuis werkende, enkellopende vrou (45+) is. Is daar dalk ander wat ook so voel?

    ReplyDelete
  6. Anonymous10/9/09 18:05

    Ek is moeg vir kerk. Nie omdat ek dink ek is beter nie, maar omdat ek so graag nader aan God wil kom en die kerk HELP my nie!

    ReplyDelete