Sep 1, 2009

Die Bybelse weg

“For the biblical way is not so much to present us with a moral code and tell us ‘Live up to this;’ Nor is it to set out a system of doctrine and say, ‘Think like this and you will live well.’ The biblical way is to tell a story and invite us in, ‘Live into this. This is what it looks like to be human; this is what is involved in entering and maturing as human beings.’ We do violence to the biblical text when we ‘use’ it for what we can get out of it or what we think will provide color and spice to our otherwise bland lives. That results in a kind of ‘boutique spirituality’ – God as decoration, God as enhancement… In the reading, we submit our lives to what we read, we find that we are not being led to see God in our stories but to see our stories in God’s. God is the larger context and plot in which our stories find themselves”

-Eugene Peterson (Introduction to I Samuel in the Message)

5 comments:

  1. Anonymous1/9/09 18:34

    WOW leer my om die Bybel so te lees!

    ReplyDelete
  2. Anonymous2/9/09 09:03

    Dit maak sin. Ds Paul dit was presies wat ek beleef het gedurende die preek 23 Augustus dankie. Daar was net nog te veel tyd spandeer aan videos en bemarking. Louise

    ReplyDelete
  3. Louise,
    Baie dankie. Hierdie gedeelte van Eugene Peterson spreek my ook regtig aan. Hy is 'n outeur wat jy met vreugde kan lees. As jy in van sy goed belangstel ek het omtrent al sy boeke jy is welkom om by my te leen. Ons gaan binnekort begin met erediens werkswinkel(s) wat ons op verskeie maniere gaan doen. Hannes Theron sal dit seker binne kort aankondig en dit is regtig ons behoefte om te hoor wat julle belewenis en verwagtinge is. Kyk asb uit daarvoor en raak betrokke. Groete
    Paul

    ReplyDelete
  4. Ek wil graag nader na God. My man wil nie meer kerk toe gaan nie, hy beleef dit as tydmors. Se die kerk is so besig om homself te verkoop dat dit nie die mense raak sien nie. Ek weet hy glo maar hy skop geweldig daarteen as mense vir hom se wat hy moet doen of as hy beleef dat mense hom probeer oorreed om soos hulle te dink. Veral as hy dink hy word gemanipuleer. Dit voel soms of die ouer ds se dat net hulle verstaan reg is. Dit ontstel my ook soms. Ek weet egter dat ek by die kerk moet bly. Hierdie stuk maak dat ek met alles in my wil uitroep help my om so my lewe in God te sien en hou op om vir my te se wat ek moet doen of wat ek nie moet doen nie. SP

    ReplyDelete
  5. SP, Ek wil raai jou man en ek is min of meer die selfde ouderdom tussen 35-45. Ons generasie is die die Xsers. Ons is bekend daarvoor dat ons teen sisteme rebeleer. Dat ons, ons nie laat voorrskryf nie. Ek dink nie dit is een Ds se motief om ooit voorskriftelike te wees nie en manipuleer sal ons nooit doelbewus doen nie. Dit gebeur egter party maal dat as 'n mens baie ernstig oor 'n saak dink en voel dat jy baie sterk oorkom. Ek dink nie een van ons is ooit heeltemal gemaklik met kerk nie. As ons sou wees dan sou dit beteken het dat ons die perfekte kerk gekry het en dit bestaan nie op hierdie aarde nie.

    Dit is egter belagrik om moed te hou en te vra wat kan ek doen om kerk 'n beter ervaring vir ander te maak. Een van die eerste dinge is om te praat - soos jy nou doen. Dit help ons om sensitief te wees en te groei. Die ander is om jou te kom aanbied en te help.

    Om nie te vra waar pas God in my storie nie, maar waar pas ek in God se storie.

    ReplyDelete