Sep 14, 2009

Breakfastrun - Erediens - Helderberg Gemeente

“Bike-Brekvis”

Aan al die gelukkige Christene(Die met motorfietse), op Sondag 18 Oktober gaan ons 'n breakfastrun vanaf ons kerk hou. Ons gaan so 'n bietjie deur die mooi kaap ry. Ons vertrek 08:00 vanaf die parkeer area langs die kerk en gaan die pragtige pad langs die see af ry: Rooi Els, Pringlebaai, Bettiesbaai, Kleinmond tot in Hermanus. Ons gaan op pad na Hermanus by die Harold Porter Nationale Botaniese tuin stop vir ons erediens (dieselfde tema as wat by ons ander eredienste die oggend hanteer word). Ons gaan sommer gemaklik op die grasperke in die tuin sit en so saam ons diens hou in die natuur. Dan is op pad na Hermanus. By Hermanus gaan daar ook geleentheid wees vir saam kuier, eet en walvisse terg. Ons is reeds opgewonde oor die reaksie en die hoeveelheid navrae. As jy jou gesin wil deelmaak is hulle welkom om agter ons aan te ry met motors of ons te kry by die Botaniese tuine en dan weer in Hermanus. Vir die sonder motorfietse Hardley Davidson en ander huur motorfietse uit vir een dag. Kostes is jou eie petrolgeld, en sorg vir jou eie kos. As jy wil saamgaan kontak asb Paul Barnard by 0823749520 of e-pos hom by paul@nghelder.co.za.

Ons wil ‘n motorfietsbedienig groep vir ons gemeente op die been bring wat so 'n geleentheid ten minste een maal per kwartaal sal reël. Dit is ook die ideale manier om vriende saam te nooi wat jy nie noodwendig die vrymoedigheid het om saam na 'n gewone erediens te nooi nie.

.

10 comments:

  1. Anonymous14/9/09 13:48

    Yippee! Watter roete gaan ons ry. Klink na wonderlike idee om paar van my pelle betrokke te kry wat anders nooit sou kerk toe kom nie!

    ReplyDelete
  2. Jy is reg oor die mense wat gelukkig is. Waar is my motorfiets :-(

    Geniet dit!

    ReplyDelete
  3. Anonymous16/9/09 12:13

    Dit klink na 'n wenner!

    ReplyDelete
  4. Ons is al 'n lekker groep wat gaan ry indien daar iemand is wat 'n spesifieke roete wil voorstel ek is oop.

    ReplyDelete
  5. Anonymous3/10/09 17:51

    Ek is 'n baie gelukkige Christen! Het nie 'n bike nodig om 'n gelukkige Christen te wees nie! Ek het net God nodig en Jesus se vrymaking! Dominee, dalk moet jy mooi gaan lees wat jy hier skryf!

    ReplyDelete
  6. Liewe broer of suster Anonymous, Jy is 100% reg my geluk kom net van Christus af. Einltik moet dit lees: Aan al die Christene met humorsin :)(Die met motorfietse)

    Die lewe is kort, Christus gee dit vir ons in oorvloed kom ons geniet dit.

    ReplyDelete
  7. Gelukkige Christen met Humorsin4/10/09 18:01

    Ai dit lyk vir my iemand is jaloers omdat hulle nie 'n motorfiets het nie. Vra net miskien sal die Dominee jou 'n lift gee.

    ReplyDelete
  8. Anonymous5/10/09 21:28

    Nee wat brother, niks jaloers nie, nie behoefte om saam die DS op 'n bike te ry nie, God gee vir ons baie meer in die lewe!

    ReplyDelete
  9. Oom miskien moet ons 'n 'fiets met 'n "sidecar" kry. Ek wil ook nie saam met die doom op sy bonie ry nie - die ding raas te veel. Maar dit sal vreeslik lekker wees om kerk in God se tuin te hou. En Paul kon jy nie maar 'n prentjie van 'n Vespa plaas nie. Volgende keer nooi tog die "scooter" brigade ook saam asb.

    ReplyDelete
  10. Sollie julle manne vat my laag, maar so leer mens jou vriende/kennise ken. As julle nie saam met my op my fiets wil ry nie, kan julle my nooi vir 'n braai.

    Vespas, scooters en poegies is soos 'n "cone" sonder roomys.

    ReplyDelete