Oct 1, 2009

“Bike-Brekvis”


Aan al die gelukkige Christene(Die met motorfietse), op Sondag 18 Oktober gaan ons 'n breakfastrun vanaf ons kerk hou. Ons gaan so 'n bietjie deur die mooi kaap ry. Ons vertrek 08:00 vanaf die parkeer area langs die kerk en gaan die pragtige pad langs die see af ry: Rooi Els, Pringlebaai, Bettiesbaai, Kleinmond tot in Hermanus. Ons gaan op pad na Hermanus by die Harold Porter Nationale Botaniese tuin stop vir ons erediens (dieselfde tema as wat by ons ander eredienste die oggend hanteer word). Ons gaan sommer gemaklik op die grasperke in die tuin sit en so saam ons diens hou in die natuur. Dan is op pad na Hermanus. By Hermanus gaan daar ook geleentheid wees vir saam kuier, eet en walvisse terg. Ons is reeds opgewonde oor die reaksie en die hoeveelheid navrae. As jy jou gesin wil deelmaak is hulle welkom om agter ons aan te ry met motors of ons te kry by die Botaniese tuine en dan weer in Hermanus. Vir die sonder motorfietse Hardley Davidson en ander huur motorfietse uit vir een dag. Kostes is jou eie petrolgeld, en sorg vir jou eie kos. As jy wil saamgaan kontak asb Paul Barnard by 0823749520 of e-pos hom by paul@nghelder.co.za.

Ons wil ‘n motorfietsbedienig groep vir ons gemeente op die been bring wat so 'n geleentheid ten minste een maal per kwartaal sal reël. Dit is ook die ideale manier om vriende saam te nooi wat jy nie noodwendig die vrymoedigheid het om saam na 'n gewone erediens te nooi nie.

.

10 comments:

  1. Anonymous5/10/09 16:45

    Die informele oggenddiens op 4 OKT was geestelik verrykend en brood vir my siel.Wat bygedra het tot n geestelike belewenis was die kantory se sagter aanslag met sang en lirieke.Die boodskap het my tot introspeksie gedryf en my tekortkominge en swakhede vir my gewys.Ek is nader aan God en het weereens sy liefde beleef.Baie dankie.

    ReplyDelete
  2. Gesels met Courtenay in Hoofweg 235, Strand of
    http://www.ironhorse.org.za/pages/rentah.html. Hy's die goedkoopste van al die fietshuurplekke waarvan ek weet, en hy's 'n baie redelike ou. As jy nie by hom regkom nie, moet jy mooi praat met my vrou; dalk gee sy haar plek agter my af.

    ReplyDelete
  3. Hey, Paul
    Dankie vir die uitnodiging, wonder of 'n 20 jaar oue Vespa geld om my as "gelukkig" te laat kwalifiseer....of het ek liewers voorbidding nodig?

    ReplyDelete
  4. Johan,

    Ten minste kan jy glimlag maar ek sal die voorbidders mobiliseer. Gaan jy saam ry? Of gaan iemand jou stoot.

    ReplyDelete
  5. Paul
    Wyl ek hier sit en lag tussen die roomys sonder 'n "cone" en Johan wat deur die agterbidders gestoot word tot by Herold se Tuin wonder ek, of ons nie die Land Rover manne moet uitnooi na 'n Diens en ontbyt bo-op Helderberg nie. Die Toyota manne is ook uitgenooi maar hoe hulle bo gaan kom........ Oops.

    ReplyDelete
  6. Kyk, ek het toe maar besluit om liewers te aanbid in die normale manier....want ek dink nie motorfietse (al is hulle hoe klein) is gemaak om gestoot te word nie, veral nie teen hoë spoed om Rooi Els nie! Julle "gelukkige" mense moet dit maar terdeë geniet....

    Oor die hele Land Rover en Toyota saak sal ek nie veel sê nie, maar ek is wel baie bly die Land Rover ingenieurs het 'n "hart vir mense" deurdat hulle verhitters in die agterruit gesit – help om jou hande warm te hou as jy hom moet rond stoot… :-)

    ReplyDelete
  7. Sollie dit is reg jy kan net vir my se wanneer ons dit reel. Nice projek.

    ReplyDelete
  8. So, almal wat deelgeneem het, hoe was die "Bike-brekvis"?

    ReplyDelete
  9. Dankie vir gister dit was awsome! Ek het gister twee van my vriende saamgevat wat jare laas in die kerk was. Hulle kan nie wag vir die volgende geleentheid nie. Die ry soentoe was so bietjie stadiger as wat ek dit gewoonlik doen, maar die diens op die gras in die tuin was 'n adrenalien rush! Ek is in vir die volgende een!

    ReplyDelete
  10. ek moet ook se dat die bikebrekvis 'n wenner was. Die hoogtepunt van alles was die preek in die natuur. Ek besef na Sondag die een ding wat ek mis in die kerk is die stilte. Die tyd wat jy vir ons gegee het om net rustig met God te gaan praat. Ek wil so kerk.

    ReplyDelete