Oct 19, 2009

Sondag het ons die 13 diens in die reeks oor Dissipelskap beleef. Hier is die link na die dienste. Gee asb vir ons kommentaar. Wat uit hierdie gedeeltes het jou getref. In watter mate beleef julle maskers in ons gemeenskap\gemeente by jouself? Wat kan ons doen om ons maskers af te haal?

7 comments:

  1. Baie dankie. Het God werklik beleef

    ReplyDelete
  2. Ek weet nie wat die moeilikste is....om te erken dat ek n masker dra....of om die masker wat ek dra af te haal nie......of om die hulpelose gevoel te he dat ek nie meer kan byhou nie.......Ek glo nog altyd, om in te gee is om oor te gee en dis n teken van n verloorder, iemand wat in die toekoms makliker sal tou opgooi.

    Ek dog ek kon baie op my eie hanteer (ja, ek glo nog altyd dat God my die krag gegee het daarvoor), maar hierdie jaar lyk dit of ek getoets word.....is dit dalk dat God my wil laat besef daar sal n punt sal kom waar ek tog sal moet ingee en my situasie aan Hom moet oorlaat.

    Op elke front van my lewe gaan dit rof......werk, huis, finansies, gesondheid....een geluk is ek het nog my kinders naby my en my vriende ondersteun uitstekend.....min weet hulle dat ek geensins weet waarheen volgende nie.....Hulle is verbaas dat ek so goed cope......ek ook....

    Sondag se aand diens was awesome en verseker gehelp dat ek by die Here moet aanklop vir hulp.......

    ReplyDelete
  3. Ek het ook Sondag met die oliekol op die kop by die diens uitgestap. Maandag oggend toe ek gesigwas het ek mooi gewas want ek wou seker maak ek was nie die kol af nie. Vir lank in my lewe, nee my hele lewe lank voel ek 'n failure. In my ouerhuis is dit vir my gese, in my huwelik het ek dit beleef. In my werk doen ek goed, maar ek het nooit die hoogtes bereik wat ander gedink het ek is veronderstel om te doen nie. In my geloof het ek nog net gefaal.

    Sondag aand toe ek my maskertjie voor die kruis afhaal het daar 'n soveel emosies losgekom. Daardie oliekol was 'n simbool van iets so groot dat ek bang was dat as ek dit afwas ek net weer terug sal val in hierdie lewenstyl van nie goed genoeg nie. Ek het heeldag daaraan geloop en vat.

    Vanoggend in die stort het ek besef daar gaan my kol. Tee tyd het ek gou oor die straat gehardloop en vir my 'n botteltjie olyfolie gaan koop. In die mansbadkamer het ek veilig in my hokkie gaan sit en vir die Here gese dat al beteken dit dat ek vir die res van my lewe elke dag 'n oliekol op my kop moet sit sodat ek kan ONTHOU dan sal ek dit doen want ek is vry. Miskien sal ek dit regkry om een van die dae die oliekol op te sit daar waar ander by is. Maar vir nou klein treetjies.

    Dankie vir die aanddiens. My ontmoeting met God is vir my 'n wonderlike bevrydende belewenis. Om te besef dat Jesus Christus vir my lief is vir wie ek is. Dankie

    ReplyDelete
  4. Sondag aand was vir my ook weer opnuut 'n geleentheid om my masker af te haal. Gedurende die tienerdiens het ons dit ook gedoen. Uit die bloute terwyl ek vir die tieners se dat God lief is vir hulle vir wie hulle is, draai daar toe 'n graad 9 om en kyk my in die oe. Hy se toe vir my "God is ook vir oom lief vir wie oom is"

    Die ervaring van God se genade was vir my persoonlik 'n groot belewenis. Daar word ek in die kerk bedien. Ons is so gewoond om te fokus op God en die gemeente dat ons partymaal uitmis op die seën wat God vir Sy gemeente gee. Ons staan soveel maal in die tussenganger possisie. Hierdie tiener met sy opregtheid en sy gehoorsaamheid aan God het my bedien.

    As ek julle kommentaar lees wil ek iewers in 'n hoekie gaan sit van dankbaarheid. Ek beleef dat God intens met ons besig is. Nie besig is om vir ons 'n klomp mooi goedjies te leer nie, maar om ons lewens aan te raak. Die diep dinge daar ver binne wat ons vir solank probeer beskerm.

    Ek is dankbaar dat ons hier iets van ons harte met mekaar kan deel. Onthou egter as ek in die bybelse tyd geleef het en die verhaal sou gewees het van Jakob en Paul eerder as van Jakob en Esau. Dan sou julle gelees het dat Paul sy eerstegebore reg verkoop het vir 'n koppie lekker koffie(nie sop nie, dit se mos al klaar iets van Esua se karakter, ag nee man).

    So as jy lus het ek het altyd tyd vir 'n kuier op voorwaarde dat daar 'n koppie koffie of twee is. 0823749520 paul@nghelder.co.za

    ReplyDelete
  5. Julle besef natuurlik dat daar altyd mense gaan wees wat hierdie tipe anonieme forum gaan misbruik om seer te maak en dinge te se wat sommer persoonlike wasgoed is.

    ReplyDelete
  6. Haai nooit nie in ons gemeente nie!

    Ek dink dit is maar altyd waar. Daar is gewoonlik iemand wat daarvan hou om op 'n anonieme manier pakslae uit te deel. Op so forum waar dit makliker is om anoniem te post as om jou inligting te plaas is dit dikwels nie mense se bedoeling om op so 'n wyse te praat nie, maar sommer slegte bloggers gewoonte. Tog as jy jou naam wil bysit is jy welkom. Maar dit is defnitief nie noodsaaklik nie. Ons gaan aan jou opinie net soveel gewig gee of daar 'n naam by is en of dit anoniem is. As ons pakslae kry sal ons dit vat. Ons moet dan met Geestelike onderskeiding daarna kyk (so ook met lof) en dan moet ons die "God" vrae vra: Nie wat mense noodwenig wil nie, maar wat is vir God belangrik. Ek sien nogal uit na die gesprek en hoop dat daar soveel mense as moontlik deelneem aan al die gesprekke. Veral ook die Eredediens gesprek Woensdag 21 Oktober 19:00

    ReplyDelete
  7. Groei is nie gemaklik nie. Ek beleef ook hoe God met my werk maar dis nogal moeilik. Baie deure gaan toe. Ek weet daar is 'n doel mee maar ek wens ek kon God vra om vinniger met die antwoorde te kom van hoekom???? Die dienste is so wonderlik maar dit voel so rou as mens daar sit. En ja, glad nie maklik om daai masker af te haal as jy altyd gedink het jy het nie eintlik een nie. Baie dankie dat ons kerk regtig 'n hawe is!!!

    ReplyDelete